Noord-Kaap-man het sy vrou vermoor

Argieffoto

Argieffoto

‘n Man is Woensdag in die Noord-Kaapse hooggeregshof tot 14 jaar tronkstraf gevonnis vir die moord op sy vrou.

“Rankadi Emmanuel Tsilo (43) is skuldig bevind aan die moord op sy vrou, Nthabiseng Anna Tsilo (37),” het lt. Sergio Kock, woordvoerder van die polisie, gesê.

Die egpaar het op 8 Maart in hul plakkershuis begin baklei en Tsilo het sy vrou aangerand en haar met ‘n skerp voorwerp vermoor.

Bure wat die bakleiery gehoor het, het die vrou se ma ontbied, omdat die huis se deur gesluit was. “Toe die man se skoonma ingaan, het haar dogter op die vloer gelê. Sy is erg aangerand en haar gesig het gebloei.”

Die vrou het in die hospitaal aan haar beserings beswyk.

“Die nadoodse ondersoek het beslis dat die vrou aan erge kopbeserings oorlede is,” het Kock bygevoeg.

Tsilo het homself die volgende dag aan die polisie oorgegee.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.