Noord-Kaap-raadslid in Noordwes doodgeskiet

Argieffoto

Argieffoto

Tueloetsi Thipo (40), raadslid vir die Joe Morolong- plaaslike munisipaliteit in die Noord-Kaap, is op die N14 tussen Vryburg en Kuruman doodgeskiet.

“ʼn Verbyganger het Woensdag die liggaam opgemerk en die Reivilo-polisie ontbied,” het kapt. Paul Ramaloko, woordvoerder van die polisie, in ʼn verklaring gesê.

Hy het ʼn enkele skietwond in sy nek opgedoen.

Thipo is Maandag laas gesien toe hy vir sy broer gesê het hy wil brandstof in sy motor gaan gooi. “Sy familie het op dieselfde dag wat sy liggaam gevind is, ʼn vermistepersone-saak by die Bothithong-polisie in Noord-Kaap aanhangig gemaak.”

“Dit lyk soos georganiseerde misdadigers wat geen waarde vir iemand anders se lewe het nie,” het genl.maj. Jacob Tsumane, waarnemende provinsiale polisiekommissaris van Noordwes, gesê. “My span sal onverpoosd werk om die skuldiges aan te keer.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Elsie ·

Hier is teveel onopgeloste sake in hierdie land waaraan daar “onververpoosd” gewerk word.

CHRISTA ·

Dit lyk vir my ook meer na ‘n “rent to kill” geval. Hy het dalk iemand in die Raad se hok “ge-rattle”!! Lewens het GEEN waarde meer in Suid-Afrika nie. Daar word meer waarde aan Zuma se vee geheg as aan ons landburgers s’n!! Hulle word veiliger gehou as ons!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.