Tientalle skole in Noord-Kaap sluit weens virus

(Argieffoto)

Die departement van onderwys in die Noord-Kaap het die afgelope week 264 bevestigde gevalle van Covid-19 in dié provinsie se skole opgemerk.

Altesaam 180 leerders, 62 onderwysers en 22 steunpersoneel het die afgelope week positief getoets vir Covid-19.

Skole in die Noord-Kaap beleef die afgelope drie weke ’n konstante toename in Covid-19-gevalle.

Luidens ’n verklaring deur die departement moes 79 skole in die Noord-Kaap reeds sedert 1 Mei tydelik sluit sodat die skoolgeboue ontsmet kon word en geïdentifiseerde leerders en onderwysers kon isoleer.

Altesaam 61 van dié skole kon reeds weer leerders terugverwelkom, hoewel 18 in dié stadium nog gesluit is weens die koronavirus.

Die departement sê dié statistieke is ’n duidelike aanduiding vir alle skoolgemeenskappe om waaksaam te wees en te alle tye aan die Covid-19-regulasies te voldoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Samuel ·

Dit is byna vreesaanjaend om te sien hoe die corona virus versprei onder leerders. My vraag is, hoe ernstig is onderwysers, ouers en leerders oor nie farmaseutiese maatreëls? Is dit nie in die meeste gevalle bloot lippediens nie?

MakersMark ·

Regte stappe – jonger mense is meer mobiel en kom net baie ander in aanraking en kan die virus versprei sonder om self simptome te wys.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.