Noord-Kaapse premier in hof oor haatspraak

Sylvia Lucas. Foto: GCIS

Sylvia Lucas. Foto: GCIS

Die Noord-Kaapse premier, Sylvia Lucas, sal volgende week in die gelykheidshof in Upington verskyn op aanklag van haatspraak.

Lucas word daarvan beskuldig dat sy in 2010 tydens ʼn begrotingsrede in haar bekendstellingstoespraak vir John Block, die provinsiale voorsitter van die ANC in die Noord-Kaap, gesê het: “Hotnots is net goed vir klere en kos.” Die toespraak is oor vyf gemeenskapsradiostasies uitgesaai.

Stanley Peterson, ʼn lid van die Nasionale Khoi- en San-mense, het aan News24 gesê die saak gaan oor die waardigheid van sy mense. “[Lucas] moet op alle mediaplatforms onvoorwaardelik om verskoning vra en berou toon,” het hy gesê.

Peterson, ʼn voormalige lid van die ANC, het Lucas voor die Menseregtekommissie gedaag. Albei partye het tydens ʼn bemiddelingsproses voor advokaat Lawrence Mushawne verskyn en Lucas is aangeraai om verskoning te vra, wat sy nooit gedoen het nie.

“Dit het my met geen ander keuse gelaat as om die hof te nader nie, want niemand is verhewe bo die reg nie,” het Peterson gesê. Hy het gesê Lucas is gewillig om hom om verskoning te vra, maar hy glo haar verskoning moet aan die hele Khoi- en San-gemeenskap gerig word.

“Jy kan nie in vandag se tye sulke woorde gebruik nie, veral nie as jy die premier is nie. Sy behoort ʼn voorbeeld te stel.”

News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Tammy ·

Ons verwag dat ons ministers deur die bank opgevoede mense moet wees, en onberispelik optree. Slegs dan kan en sal hulle respekteer word. As hulle optrede en uitsprake so vrot is, moenie respek en verdraagsaamheid van die publiek verwag nie. In hierdie geval is dit n skande. Sies man gedra jou en respekteer die mense om jou.

jakes ·

Dit nie die Mnr Block wat teregstaan op menigte klagtes in howe? 1 van die “untouchables”.

scalla ·

Nou wat is fout daarmee, dit is hoe hulle praat en verstaan, inag genome die politieke geskiedenis van die ene block

ladybug ·

Wonder wat sou gebeur het as sy iets teen die blankes gesê het … seker niks!

colven ·

ja nee die vet vetter…
Laat sy leer om respek geleer word.

Lindie Lourens ·

Nou begin hulle al om 2010 se koeie uit die sloot te grawe. Ai tog! Het ons mense dan niks beters te doen nie?

Swanna ·

Ja, vrae dit. Ons trek al in 2015 en nou word dit geopper, of het die saak solank geneem om op die lappe te kom.

stanley ·

Lindie en swanie ek is die klaer, dit wys jo net hoe ons die minderheidsgroepe behandel word.Daar is 2stelle wette. Die wit lektor was afgedank deur US oor n rassistieste uitlating teenoor n swart student, net n paar dae gelede en kyk hier, 2010 se ou koeie sloer nog. In die land word die verlede en Apartheid gou gebruik wanneer dit ander pas in die regering.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.