Noord-Korea se missieltoets toon VSA is binne bereik

Die Noord-Koreaanse diktator, Kim Jong-un, tydens ʼn militêre optog in Pyongyang, Noord-Korea (15 April 2017). Foto: AP Photo/Wong Maye-E, File

Noord-Korea het gesê hy het ʼn kragtige nuwe interkontinentale ballistiese missiel (ICBM) suksesvol getoets wat die hele binneland van die VSA kan bereik.

Woensdag se missieltoets was die eerste sedert September en kom ʼn week nadat pres. Donald Trump Noord-Korea weer op ʼn lys geplaas het van lande wat terrorisme sou ondersteun. Dit stel die VSA in staat om verdere sanksies op dié land toe te pas.

Noord-Korea het al talle ballistiese missieltoetse onder sy leier, Kim Jong Un, uitgevoer in opstand teen dié sanksies. Die grootste hiervan was die sesde toets in September.

Volgens Noord-Korea het dié kragtige nuwe missiel ʼn hoogte van 4 475 km bereik, meer as tien keer die hoogte van die internasionale ruimtestasie, en ʼn afstand van 950 km afgelê tydens ʼn tog van 53 minute.

Hwasong-15, die nuwe missiel wat na die planeet Mars vernoem is, is volgens Noord-Korea ʼn meer gevorderde weergawe van die Hwasong-14 ICMB wat twee keer in Julie getoets is.

In ʼn verklaring wat deur ʼn televisieaanbieder voorgelees is beskryf Noord-Korea homself as ʼn verantwoordelike kernmag en dat sy strategiese wapens ontwikkel is om homself teen “Amerikaanse imperialiste, kernkrag-afpersing en kernbedreigings” te beskerm.

Amerikaanse, Japanse en Suid-Koreaanse beamptes het almal saamgestem dat die missiel wat in Japan se ekonomiese sone geland het waarskynlik ʼn ICMB was. Die Pentagon het gesê dié missiel het nie dreigemente ingehou vir die VSA of sy bondgenote nie.

Jim Mattis, Amerikaanse minister van verdediging, het aan verslaggewers gesê dié missiel het groter hoogtes as enige ander missiel bereik. Hy het dit beskryf as poging om missiele te bou wat “basies enige plek ter wêreld” kan bereik.

Trump het glo per telefoon met Shinzo Abe, die Japanse premier, en Moon Jae-In, die Suid-Koreaanse president, gesels en weer hul vasbeslotenheid om die Noord-Koreaanse bedreiging te beveg, bevestig. “Dit is ʼn situasie wat ons sal hanteer,” het Trump gesê.

Rex Tillerson, Amerikaanse minister van buitelandse sake, het gesê buiten sankies moet die internasionale gemeenskap ekstra maatreëls instel om maritieme veiligheid op te skerp.

Minute nadat Noord-Korea die missiel afgevuur het, het die Suid-Koreaanse weermag ook ʼn missieltoets uitgevoer. Volgens Jae-In het hulle die afvuur verwag en daarvoor voorberei. “Die situasie kan handuit ruk as Noord-Korea sy ICBM-tegnologie vervolmaak,” het Jae-In gesê. “Noord-Korea moet nie die situasie verkeerd opsom en Suid-Korea met ʼn kernwapen dreig nie, wat ʼn moontlike voorkomende aanval deur die VSA kan ontlok.”

Dié toets kom minder as drie maande voordat Suid-Korea die Olimpiese Winterspele by ʼn oord, slegs 80 km van die swaar versterkte grens met Noord-Korea, aanbied.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Willem ·

Ek like vir Kim, hys die enigste ou met yster ghoene wat teen die VSA sal op staan en nie hulle aa op vreet nie.

Cherokee ·

Omdat jy nie winterstewels het nie en bang is vir die koue.

fred ·

Verstaan nie lekker nie… hy het 4 475km hoog gegaan, maar slegs 950km vêr ???

Niel ·

ek dink die toets was eintlik ook so dat die misiel steeds binne sy landsgrense moet land sodat die geheime van die missiel se werkinge geheim kan bly.

as ek vinnig kyk op google earth sien ek die grense is van noord na suid-suid-wes min of meer 550km, en van noord-oos na Suid-wes is dit so 680km in deursnee. So dis hoekom hulle dus in die lug skiet ipv teen ‘n laer hoek, en nie die bom oor enige internasionale grense… Hoop dit maak sin?

Niel ·

mmm gelang van waar die lanseer basis is… ek sien op google earth Japan is gemiddeld 800-1100km ver van Noord-Korea…

Kim se speletjies ·

Wanneer jy ʼn Inter-kontinentale ballistiese TOETS Missiel afvuur, probeer jy die vermoëns van die missiel bepaal; m.a.w. reik afstand, akkuraatheid (payload capability) e.d.m.

4475km hoog beteken dat jy ʼn missiel ± 4475km ver kan stuur in die rigting van die VSA . . . PROBLEEM IS EGTER; die VSA weet oombliklik wanneer jou missiel sluise se deure oopgaan . . . VSA het spioenasie satelliete wat ʼn koerant kan lees in N-Korea)

Die VSA kan van meet af, bepaal waarna toe daai missiel op pad is, deur sy invalshoek & trajek . . . of hy op pad is na die VSA toe, of nie. As die Amerikaners ʼn FIRST STRIKE missiel aanval vermoed, is N-Korea 20 minute later ʼn hoop as.

VSA sit óók met In probleem. Hulle gesofistikeerde MIRVS (multiple independent re-entry vehicles) kan op die laaste oomblik vir China of Rusland uithaal (Elke missiel het veelvuldige plofkoppe wat onafhanklik geteiken kan word)

Dus veiliger om die missiel reguit op in die lug te skiet & sodat hy êrens in internasionale water kan neerplons

Goga maak vir baba bang ·

In 1991 wou Saddam Hussein vir Israel uitlok om hom aan te val tydens Desert Storm 1. Dit sou die brose Westerse/Arabiese koalisie sink.

Saddam se strategie was om medium afstand SCUD missiele op Israel af te vuur. Yitzhak Rabin het George W Bush onomwonde meegedeel dat die hare gaan waai as een SCUD ʼn Israeliese stad tref.

VSA was genoop om sy nuutste Patriot missiel afweer wapenstelsel te ontplooi in Israel . . . nie ʼn enkele SCUD kon Israel tref nie.

26 jaar later & die VSA het sy nuutste THAAD stelsel in Suid Korea ontplooi. Die Chinese & Russe is histeries, want dié stelsel kan hulle gesofistikeerde ballistiese vuurpyle moeiteloos afskiet

Die VSA raas baie . . . hulle uiters gesofistikeerde missiel afweer tegnologie maak Noord Korea se wapentuig nutteloos

Frikkie ·

Fred, wat hulle daar skryf en verduidelik is dat Kim Jong-Un ruimte verkenning gaan doen het opsoek na mars mannetjies om af te skiet. Die mars mannetjies hou ook hom aan die raai. Soos ek ook verstaan is dat die “VVV” baie oor Amerika rond vlieg. :-)

Dries ·

Net soos die bybel se,die aarde gaan met vuur gestraf word.

PJC ·

Hierdie Kim kêrel is besig met ń ongelooflike waaghalsige dobbelspel. As hier iets skeefloop kan dit baie ernstige gevolge vir daardie deel van die wêreld inhou en hy is te arrogant om die moontlike gevolge van sy dade te besef.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.