Noordwes: 247 oor twee dae vasgetrek

Argieffoto

Altesaam 247 verdagtes wat verbind kan word met verskeie misdade in Noordwes is dié week tussen Woensdag en Donderdag in hegtenis geneem.

Lt.kol. Amanda Funani, woordvoerder van die polisie, sê die verdagtes is in onder meer Klerksdorp, Brits en Rustenburg in hegtenis geneem.

Volgens Funani is meer as 105 verdagtes vas vir aanranding met die doel om ernstig te beseer, altesaam 19 vir verkragting, 17 vir opsetlike beskadiging aan eiendom, 25 vir besigheidsroof en talle vir die oortreding van ʼn beskermingsbevel. Talle ander is vir algemene roof en geweld teen vroue en kinders in hegtenis geneem.

Funani sê die meeste van die verdagtes het reeds voor verskillende howe in die provinsie verskyn.

Lt.genl. Baile Motswenyane, provinsiale polisiekommissaris, het die polisie geloof vir dié inhegtenisnemings. Motswenyane sê sulke optrede van die polisie sal ʼn boodskap aan misdadigers stuur dat die lang arm van die gereg skuldiges áltyd inhaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Alida ·

Damkie Mnr Cele hou aan om die SAPD aan te spoor. Die resultate wys reeds.

Andre ·

Dit is baie goeie peblusiteit, maar hoeveel van die verdagtes is weer die volgende dag op straat? Hoeveel word eintlik aangekla en kry enige straf? Dit word nooit gese nie. Meeste van hul sake word uitgegooi oor te min bewyse of ander redes.

Chris ·

Dit help nie as die polisie en die howe nie uit dieselfde liedere boek sing nie.

Bring Doodstraf terug ·

247 kriminele vasgetrek van een provinsie..die syfers is skokkend…dit kos nie eers intelligensie om te weet hier is groot fout in SA nie..

De Villiers ·

Dis uitstekend, maar ongelukkig weereens net nog ‘n bewys dat die ANC die stryd teen misdaad verloor het, en die strafregstelsel faal. 247 persone in net 3 gebiede binne 2 dae, en dis nét die kriminele wat die SAPD kon aankeer. Hoeveel ander is nog op vrye voet? Dis skrikwekkend om te besef dis die tipe samelewing wat die ANC geskep het. Hierdie syfer is so hoog omdat die straf wat opgelê word nie ooreenstem met die mate waarmee die misdaad gepleeg word nie. Dis omdat menseregte in ons land voorrang geniet bo die misdaad, en gewoonlik weeg die menseregte van die krimineel swaarder as die slagoffer s’n, en die kriminele weet dit.

Michelle Kleynhans ·

Dit is wonderlik en ons is dankbaar dat hulle gevang is maar hoe vinnig en hoeveel van hulle kom weer die volgende dag vry. Waar lê die probleem dan, in ons hof?

Mrs H ·

Dis wonderlik… Ek sien nie hoeveel moordenaars gevang is nie? Veral in NW. Daar is baie. Julle is welkom om hulle ook te gaan vang.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.