Noordwes: 3 mees gesoekte misdadigers, 246 ander vas

Argieffoto

Die polisie in Noordwes het die afgelope week drie mees gesoekte misdadigers en 246 ander verdagtes in die provinsie in hegtenis geneem.

Altesaam 107 verdagtes is onder meer in hegtenis geneem vir aanranding met die doel om ernstig te beseer, 13 vir roof, 12 vir kwaadwillige saakbeskadiging, 18 vir diefstal, sewe vir verkragting, vyf vir moord en 23 vir sakerooftogte.

Volgens kapt. Aafje Botma, woordvoerder van die polisie, sal die verdagtes Maandag in howe oor die hele provinsie verskyn.

“Drie van die provinsie se 50 mees gesoekte misdadigers is ook tydens die operasie in hegtenis geneem.”

Thabiso Selloane (22) word sedert 2015 gesoek in verband met ʼn verkragting in Bedwang. Hy is Donderdag in hegtenis geneem en het reeds dieselfde dag in die hof verskyn. Die saak teen hom is tot 25 Julie uitgestel en hy bly in aanhouding.

Michael Ntshingila (33) word sedert 2012 gesoek vir twee verkragtingsake in Letlhabile. Hy is Dinsdag in hegtenis geneem en het dieselfde dag in die hof verskyn. Hy sal ook weer op 25 Julie in die hof verskyn en bly in aanhouding.

Farai Ndambani (22) word sedert 2013 gesoek in verband met ʼn moord op Hartbeespoortdam. Hy is Woensdag in hegtenis geneem en sal weer op 22 Julie in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Abe ·

Baie goeie diens deur die polisie. Ek sou graag die syfers met ander provinsies wou vergelyk.

Hannetjie ·

Baie trots op die Polisie!Daar is baie van hulle wat hul kant bring.Doen so voort

Talie ·

Presies en dan moor hulle weer soos ons die week in die nuus gehoor het.

leser ·

wat help al die inhegtenemings is gedoen, neem maar die voorbeeld van die moorde in boshof omgewing, moordenaars op borg en wat doen hulle , moor en roof weer, en nou gaan hulle sekerlik weer borg kry, om weer te moor en roof

Christa ·

Foeitog, hoe lank Gaan die arme mense tronk toe?. Seker so 1 week of so dan is hulle weer bedrywig op volgende plek.

ABC ·

Kom aan, mense. Nou is die tyd wat ons moet saamstaan. Daar is daagliks baie meer goedgesindheid tussen ons rasse as wat ons besef.

Kobus ·

Die SAP het nou hulle deel gedoen gaan die Staatsaanklaers dueselfde doen of gaan die blik…..weer almal borg toegestaan word.

Ek wonder.. ·

Hoe swak moet die polisie dan ou wees daar as hulle al die mense in een operasie arresteer?
Daar is mos daagliks speurders aan diens wat die uitstaande sake ondersoek. Dis nie asof die misdadigers iewers anders was nie. Hulle was nog heeltyd daar maar was dit nie vir die spesiale operasie nie sou hulle nou nog op vrye voet gewees het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.