Noordwes: 721 inhegtenisnemings binne 7 dae

Argieffoto

Argieffoto

Altesaam 721 mense is die afgelope sewe dae in Noordwes in hegtenis geneem, het die polisie gesê.

“Twaalf mense is vir moord in hegtenis geneem, 22 vir verkragting en 119 vir aanranding,” het kol. Sabata Mokwabone, woordvoerder van die polisie, gesê.

Ander aanklagte sluit huis- en sakeroof, diefstal, dronkbestuur en misdrywe wat met dwelms verband hou, in.

“Altesaam 43 mense wat nie die behoorlike dokumentasie gehad het nie, is ook in hegtenis geneem,” het Mokgwabone bygevoeg. “Die polisie het ook beslag gelê op onwettige sigarette, ʼn aantal dwelmmiddels, 19 vuurwapens en verskeie elektriese toestelle.”

Verskeie persone het reeds in verskillende howe verskyn, en die res sal na verwagting Maandag in die hof verskyn. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Sprietjie ·

Die syfer klink groot, maar ek is seker daar is nog baie meer wat agter tralies hoort.

sonneblom ·

Kom ons wees nie ondanbaar nie, ons God is in beheer. Kom ons vertrou NET op HOM.

Jasper ·

Die onwettiges loop more weer vry nadat hulle die beamptes so “ietsie” gegee het. Ek het dit al self aanskou.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.