Noordwes: Beeste vir opkomende boere glo aan Zuma gegee

Jacob Zuma (Foto: Nic Bothma, Pool via AP)

Die Suid-Afrikaanse burgerlike organisasie Sanco in Noordwes het Sondag ʼn beroep gedoen dat Manketse Tlape, die LUR vir landelike, omgewings- en landbouontwikkeling, afgedank word.

Dít volg ná die Sunday Times se “oopvlekking wat onthul dat ʼn bonsmara-beestrop ter waarde van R1,5 miljoen wat vir opkomende boere in die provinsie bedoel was” aan Jacob Zuma gegee en afgelewer is in Nkandla in KwaZulu-Natal in Oktober 2016.

Paul Sebegoe, Sanco se voorsitter in Noordwes, het gesê ʼn spesiale ondersoekeenheid moet saam met die openbare beskermer (OB) en die ouditeur-generaal werk om die programme vir landelike, omgewings- en landbouontwikkeling te ondersoek vir ongerymdhede, asook waar die 25 beeste hulle bevind.

Sebegoe het bygevoeg dat die onmiddellike skorsing van die hoof van die departement, die hoof- finansiële beampte en die verantwoordelike programbestuurder die regering se toewyding aan die uitwissing van korrupsie sal toon.

Ondanks “wilde gerugte” binne die sakegemeenskap dat Supra Mahumapelo, premier van Noordwes, opdrag gegee het dat winsgewende kontrakte vir Zuma en sy makkers opsy gesit moet word, het Sanco volgens Sebegoe nie besef Zuma en sy makkers was ʼn regstreekse begunstigde van “korrupsie wat opkomende boere en gemeenskappe verarm het nie”.

Hy het bygevoeg die Valke se ondersoek het aangedui dat Mahumapelo glo betrokke was in die voorval.

Sebegoe meen as Mahumapelo nie betrokke was in die aantygings van korrupsie teen hom en sy administrasie nie, kan hy ten minste verantwoordelikheid aanvaar vir wat onder sy neus plaasgevind het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

marous ·

En die huidige pres kuier al te lekker saam met sy voorganger . So eerbaar …..

HP ·

Die pryse wat daardie beeste gehaal het vertel alles! Dis veel hoë al die pryse wat in die mark gehaal word!

Renier ·

R60k per bees, dit moes n paar mooi stoet bulle gewees het.

Paul ·

En as daar Ankole beeste tussen hulle was? Die einde sou ek nie wou hoor nie. Iemand sou moes verduidelik. Hehehe … maar hier in die Suiderland is daar mos net 1 wat met hulle boer, en dit is die nuwe nommer 1.

Frikkie de Kock ·

Dit maak n mens moedeloos ne. Voel noe asof hierdie korrupsie ooit uitgewis sal word nie. Dit loop net te ver en te diep…..

Eish ·

Ja née, dit is uiters moeilik om n sprankie optimisme of hoop bymekaar te skraap in die helhool wat onder groteske plundering deurloop.

Colleen ·

Hulle swem seker lekker in die swembad op Nkandla. Ek wonder wanneer ek ‘n sê mag hê oor wat financier mag word en wat nie met my deel van belasting wat ek betaal.

Huh? ·

Hoekom word beeste in elk geval geskenk? Afrikaanse boere moet hulle eie beeste aankoop?!!

Mielie ·

Zuma het n vinger in elke “pie”. Hy saam met sy korrupte vriende is die land se grootste vyand. Mense gaan aan oor grond en wit voorregte. Kyk hoe is voorregte van opkomende boere en ander mense ontneem agv van korrupsie. Maar omdat politieke partye verkies om op blankes en grond te vestig kry dit nie naasteby die dekking wat dit moet nie…..en ek praat nie van die media hier nie. Die media is ook selektief hulle het Zuma en Gupta blootgestel maar JM se korrupsie word nie aan die klok gehang nie. Die kiesers in die land word deur rassehaat gebruik vir politieke gewin. Die kleiner politieke partye moet meer en aanhoudend die tipe goed vir hulle eie voordeel te gebruik. Die ANC en CR doen nie genoeg om korrupsie vas te vat nie, juis agv van al die faksies. Dis nou die tyd om vir die kiesers te wys waar hul prioriteite lê. Die ANC stel nie korrupsie bloot nie maar wel die opposisie en die media. CR onderhandel eerder voordat hy in belang van sy kiesers optree. Dit is die ANC se ondergang en ook die land sin. Ons benodig n opposisie party wat sterk daarop fokus want ek glo daar is baie meer korrupsie wat onder die mat gevee word en dit behoort oorgedra te word aan die kiesers eerder as wit voorregte en wit grond eienaars. Ek soek meer aggresiewe benadering deur die kleiner opposisie partye tov korrupsie soos JM oor blanke haat

Ronel ·

Seker al daai beeste nodig gehad vir onlangse lobolla onderhandelings…

Geen simpatie ·

EN so kyk hulle na mekaar, tog vreemd dat die MASSAS wat basies ingedoen word deur hierdie miljoene rande NIKS worry daaroor nie. ZUMA Is nogsteeds baie se held. Die twee se hande het mekaar maar gewas, een het sy seun verniet laat studeer en die ander een het beeste WAT AAN OPKOMENDE boere bedoel was aan Zuma geskenk en hy het dit maar te gretig ontvang. EK KAN NIE GLO DAT DIE MASSAS die goed nie raaksien nie . dat hulle onskuldige mense se huise gaan uitbrand maar die feit dat hulle met MILJOENE ingedoen word pla hulle glad nie, in 2019 trek hulle WEER daai kruis langs dieselfde mense se gesigte wat hulle verneuk .. wel wel .. dis hoekom my simpatie heeltemal opgeraak het.

Mielie ·

Die massas weet nie van hierdie goed nie. Wat wel aan hulle vertel word is grondonteiening en wit voorregte. Veral in KZN. Maar die wat wel weet gun hulle leiers dit

SAnik(s) ·

Maklik om te glo. Die massas kan nie lees nie en die skoolstelsel is ontwerp om dit so te hou.

Theresa ·

As hul prentjies bygesit het, kon mens dalk verstaan waarom so baie. Dit kan wel waarde per stoetbul wees.
Wat ookal – dis ‘n skreiende skande dat die mens soveel vat wat hom nie toekom nie.

Paul ·

Theresa, daar moes nie net 10 gebooie gewees het nie, maar sommer 20. OK dit sou ook nie gehelp het nie.

jean ·

Mensig! maar daar gaan kersfees gehou word met al die lewende hawe!….wat nog met die nuwe vrouens en kind…..

Rupert Ashford ·

…en sal vir altyd een bly ja. En die wit ou van die plakkerskamp sal vir altyd “white privilege” soos ‘n albatros om sy nek he al dooi hy ook van die honger…?

Gerrit ·

Hier is nou die eerste toets om te sien wat van julle se geliefde presedent gaan doen dit sal nogal interessant wees ,my opinie gaan hy niks doen want die verkiesing is volgende jaar.??

Elize ·

Dit het al in 2016 gebeur, hoekom hoor mens nou eers daarvan

Lecelle ·

Hmmm, wonder nou net of iemand iewers die moed gaan hê om die korrupsie in Public Works, Noordwes oop te vlek!!! DAAR is nou vir jou ‘n gemors. Feitlik alle werk vir Professionele konsultante in die boubedryf is mos aan bandjies vir boeties van ander provinsies uitgegee.

Nico ·

Enige bees, veral Bonsmaras, kan nie van die hoëveld na die laeveld (doringveld) waar Zuma se kraal is, geneem word nie . Hulle vrek voor die voet. Andersom is daar geen probleem nie. Ook is die hitte waar Zuma se kraal is, onuithoubaar !!

SjN ·

Nico, jy is reg, maar daar gaan nie met hul geboer word nie, hulle is reeds geeet.

Johan. H. ·

Bly stil almal,,, Betaal jou Belasting…Skelm kan kom leer by die lot,,,

ek vra jou ·

2016 gebeur maar glo my daar gaan sekerlik aanhoudend nog skemstreke uitkom met tyd. Ek voel sommer moedeloos. HOE kan hy snags slaap met al die goed wat hy aangevang het?

Elizabeth ·

En nou moet ons verhoogde belasting gebruik word om mense te vervolg nadat ons belastinggeld verlede jaar belaglike pryse betaal het vir 25 beeste … geen wonder ons emigreer Australië toe nie!!

nettie ·

“Eish”I didnt do nothing wrong! whats wrong with all of you people!

Oom Kalahari ·

Kla daai trok drywers aan wat die beeste vervoer het na Nkandla. Hul het nie die GPS reggelees nie en in 2016 was die baas van Nkandla darem nog No1 en alles wat arriveer is outomaties geskenke. ‘n Bees vir elke familie lid. Huidige No 1, wel die donker wolkies gaan ook nog daar skyn gee maar spasie. In 2016 sou Baas Zumpies nou nie ‘n Kommissie van ondersoek aanstel om hom in sy geskenkies te ondersoek nie. Sal seker nou gedoen word en weereens ‘n spesiale span wat aangewys word laat die geldjies rol en werkskepping vir persoonlike kadertjies wat sekerlik weer 11jr gaan neem met ondersoek. O’dit raak lekker hier in korrupsie vallei.

Johan ·

Ek dink hulle moet ook antwoorde soek vir nog 2 Bonsmara bulle wat ook afsonderlik daar afgelewer was in 2016 teen R100 000 stuk ook vermoedelik betaal deur NW regering?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.