Noordwes-betogings: ‘Polisie het beheer oor gebied’

Vragmotors wat deur betogers in Coligny in Noordwes aan die brand gesteek is (25 April 2017). Foto: Facebook via Marlene Roux

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het Woensdag bewerings ontken dat die polisie nie beheer oor die situasie in Lichtenburg en Coligny in Noordwes, waar gewelddadige betogings al dae lank woed, het nie.

Brig. Vishnu Naidoo, woordvoerder van die polisie, het gesê hoewel die provinsiale polisie die situasie behoorlik hanteer het, is daar vroeër besluit dat nasionale ingryping nodig was. Addisionele polisiebeamptes van die eenheid vir openbare orde, die taktiese reaksie-eenheid en die eenheid vir sigbare polisiëring is na Lichtenburg, Coligny en Itsoseng ontplooi.

“Die verhoogde sigbaarheid van polisielede en geteikende operasies het onmiddellik gehelp om die gebied te stabiliseer,” het Naidoo gesê. “Gedurende hierdie operasies is 48 mense in hegtenis geneem. Ses mense is op aanklagte van openbare geweld in hegtenis geneem, terwyl twee vasgetrek is nadat hulle ʼn polisie-njala aan die brand gesteek het. Altesaam 42 mense is in hegtenis geneem vir die besit van vermoedelik gesteelde goedere nadat hulle na bewering winkels in die gebied geplunder het.”

Naidoo het gesê nog twee mans is in hegtenis geneem in verband met die dood van ʼn 12-jarige seun in Coligny. Die seun se dood was na bewering die oorsaak van die geweld in die dorp.

Betogings in Coligny en Lichtenburg in Noordwes (April 2017). Foto: Facebook via Intelligence Bureau SA

Maroela Media het vroeër berig verskeie vragmotors en huise is die afgelope paar dae deur betogers aan die brand gesteek, winkels geplunder en talle ondernemings erg beskadig. Paaie in die gebied was met tye onbegaanbaar en talle voertuie is deur betogers met klippe bestook.

“Die inhegtenisnemings van mense wat by onwettige aktiwiteite betrokke is, is aanduidend dat die polisie geen vorm van geweld of wetteloosheid sal duld nie,” het Naidoo gesê. “Hoewel ʼn mate van rustigheid in die gebied herstel is, gaan die polisie voort om die situasie te monitor. Bewerings wat in sekere dele versprei is dat die polisie nie beheer oor die situasie het nie, word weerlê.”

Hy het gesê die polisie is tans in gesprek met verskeie sektors van die gemeenskap wat hul daartoe verbind het om saam met die polisie te werk om stabiliteit in die gebied te herstel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Johann ·

Hulle het beheer verkry toe die oproermakers reeds die pad gevat het. Nou pas hulle bouvalle op en beveilg dit.

Riaan ·

Wonderlike nuus! Mense mag van my verskil, maar ek sê vir Die Here dankie. Hierdie kon lelik(er) geword het. Ek hoop van harte die brandstigters sal behoorlik vervolg en deur hof gestraf word, want ek het nog nooit gehoor van enige persoon wat gestraf is vir brandstigting nie en dis die wat hulle dit so maklik doen.

Adam ·

Brig Naidoo, jy is 25 dae the laat met die April-grap. In SA gebruik ‘n mens nie “polisie” en “beheer” in dieselfde sin nie.

Bull ·

Dis twak! Alles was buite beheer! Mense se huise en ander eiendom en trokke is uitgebrand en hulle diere is gesteel en ander het op die trokke DOODGEBRAND! Is dit beheer?? Hulle het harder gesoek na die witmans van wie se bakkie die swart seun wat aan sy beserings gesterf het, as wat hulle die inwoners probeer beskerm het! Julle verkoop leuens! Ooggetuies en fotos lieg nie!!! Moenie weer simpatie soek vir ‘n polisieman by my nie! Wetsgehoorsame burgers word vervolg en brandstigters en kriminele gepaai! Dis hoekom julle kort kort van julle eie medisyne terugkry!!

Johan ·

Indien die SAPD ten volle beheer gehad het was die dorpie Coligny nie nou aan flarde nie!

André ·

Hoekom altyd winkels plunder, huise en winkels afbrand en motors en vragmotors aan die brand steek en met klippe gooi?Dit is so barbaars!!
Ek het nog nooit blanke mense gesien wat ander se eiendom beskadig en vernietig as hulle ongelukkig is nie. Hulle het geen respek vir ander nie. Baie keer doen hulle sulke dinge oor swak dienslewering, maar betaal nie eers vir daardie dienste soos baie van ons nie.

vermeende ·

Coligny brand al van die 22ste af en die SAPD kry beheer na daar niks meer is om te plinder en brand nie, mooi SAPD julle verdien die madiba goue lord toekenning vir die heldedaad.

Scalla ·

Eerste word alles ontken, Alles is onder beheer, weet hul wat die woord beteken, die geplunderde geboue is mos duidelik die bewys dat hulle onbevoeg is om wet en orde te handhaaf, ek reken die tyd het aangebreek om reg in eie hande te neem om die klomp maniere op die regte manier te leer, praat help nie, hul verstaan nie, hul moet voel

Andre ·

As die sap beheer gehad het sou al die skade nie aan gerig gewees het nie .Slegtigheid!!!!!!

Jan maak n plan ·

Ja die polisie is in beheer. Hulle is in beheer van die gemors as die klipgooiers klaar is. Was gister daar. Nerens lees n mens oor die sogenaamde persoon/e wat kwansuis inhegtenis geneem is omdat daar vermoedelik n 12jarige dood is.

John ·

Ja, ek stem. Die foto’s toon duidelik aan dat alles weer normaal is in noordwes. Almal is nou weer gelukkig en tevrede en die yskaste vol proviant gelaai vir nog feestelike historiese-koeie-uit-die-slote-gegrawe zumafikasie.

Grassie ·

Daar is iets wat my pla in hierdie hele opset. Tydens die vorige bedeling was mense ingevolge die strafproseswet geregtig om hulself EN HUL EIENDOM teen aanvalle te beskerm en as daar nie ‘n ander uitweg was nie, kon hulle van vuurwapens gebruik maak. Ons lees in ‘n ander berig hier op MM dat ‘n sakeman magteloos moes staan en toekyk hoe sy hele besigheid, voertuie ingesluit, geplunder, verbrand en besteel word, met skade wat miljoene rande beloop. Is daardie reg om jou eiendom ten alle koste te beskerm dan nou weggeneem? As daardie man met ‘n haelgeweer losgebrand en daardie boosdoeners se agterente vol hael geskiet het wonder ek wat sou gebeur. Ek glo nie dit sou aanvaar word dat hy binne sy regte opgetree het nie, hy sou waarskynlik vir moord of poging tot moord aangekla gewees het.
Ek glo die moontlikheid dat ons wittetjies in hierdie land sal kan bly voortbestaan is nie baie goed nie maar ek hoop nie ons gooi sommer tou op sonder slag of stoot nie. Ons is immers nie ‘n volk van lafaards nie.

dries ·

Ek wonder of die agbare Brigadier bewus is dat dit wettig is om n brandstigter dood te skiet.

Karen ·

Ja right se die man vanuit sy veilige kantoor! geen offisiele besoek van enige politieke party geen teken van “staan saam ons is hier vir julle”organisasies……Saps het niks onder beheer gekry of gehad. Die spookstorie vrydag was “protes oor dienslewering” we want we demand. maandag was dit oor die on-geidentifiseerde kind dinsdag het hulle nie van die mayor gehou Daarom let wel , het hulle die reg gehad om te brand moor plunder. Wel, nou is daar niks en kan die protesgangers terug keer na modderhut en grondpaaie…..

Grassie ·

Karen – as ek reg gelees het, het VF+ se leier wel die dorpe besoek. Of hy enigiets verder beplan weet ek nie.

Johann Engelbrecht ·

Ek hoop all sakemanne loop weg van DIE gebied! Kom ons kyk hoe oor leef hulle dan! Ek wonder of dit nie deel van staat se plan is om ‘n welsyn staat te skep nie? Is net blankes rassiste? Wat sal gebeur in die dorpe as almal in opstand kom as daar ‘n plaas moord in ‘n gebied gebeur? Laat die gebied ‘n sppok dorp word!!!

Johan. H. ·

Ek hoef net nuus tekyk ,dan begin ek klaar lag.Sa het blykbaar die land van idiotisme geraak. Hoe meer hulle brand en breek , hoe minder is daar vir hulle. Dom ,,,,

Leon ·

Beheer , nee glad nie , hulle het selfs toegelaat dat hul voertuie uitgebrand word . Is dit beheer , nee julle is vrot !!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.