Noordwes-boer in hospitaal ná plaasaanval

plaashek-pexels

Foto: Pexels

ʼn Boer van Rustenburg in Noordwes is Sondagoggend in die Peglerea-hospitaal in dié dorp opgeneem nadat hy Sondagoggend vroeg tydens ʼn plaasaanval in die arm geskiet is.

Marius Müller, nasionale veiligheidskoördineerder van AfriForum, het gesê drie verdagtes het glo te voet op die plaas aangekom voordat hulle losgebrand het op die boer en vermoedelik ook gaste wat die plaas besoek het.

Müller sê die gaste kon vlug en is ongedeerd, maar die boer is in tydens die skietvoorval in die arm gewond.

Volgens berigte het die drie verdagtes weer te voet gevlug met gesteelde huishoudelike items in hul besit.

Müller sê die polisie is tans op die toneel en meer inligting sal weldra bekendgemaak word. Die polisie is ook tans by die hospitaal om die boer te ondervra.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Sw ·

Het die regering ooit al besef as belastingbetalers aangeval, vermoor of land verlaat, wie gaan help die SASSA toelae onderhou?
As belastingbetaler glo ek dis n reg dat kommandos weer terug gebring word vir landelike beveiliging. Al is dit net waar die meeste plaasaanvalle gebeur.
Ons almal sal bydra as so iets moontlik gemaak kan word deur ñ regsaak te begin.
Sterkte aan die boer wat hierdie land van kos voorsien.

Johann Marx ·

Sw…..luister jy na jouself voor jy “post”? So wat jy sê is “die blankes in hierdie land maak staat om aan die lewe gehou te word omdat ons belasting die SASSA toelaes verskaf”? Het jy al gaan uitwerk hoeveel blanke mense in hierdie land werk, en wat hulle bydrae is tot die belasting koek? Jy, en ek, en ons soort is so ‘n klein (krimpende) minderheid dat enige bydrae wat ons maak onbenullig is…..en as ek en jy nie meer daar is nie, sal die Westerse Wêreld die SASSA fondse voorsien om hulle eie gewete te paai….

Koot ·

Sw namens wie praat jy as jt sê ons sal almal bydra? Hopelik namens jousekf en jou familie.

Suiderkruis ·

Johann Marx, het jy al gaan kyk? In Suid Afrika is daar 52 miljoen mense, maar 3.3 miljoen betaal 99% van alle inkomste belasting. En 84% van daardie 99% word deur net 1.5 miljoen mense betaal. Daar is meer mense wat toelae van die staat ontvang as wat daar mense is wat werk. So min wat ons is kan jou belowe dat Suid Afrika ekonomies ineen sal stort as al die wit mense die land verlaat.

Justice ·

Sw – mees sinvolle kommentaar vanaf jou wat ek ten volle sekondeer.

Die Kryger ·

Ons moet onsself weerbaar maak. In die middel 80 het ek kampe gedoen. Ons het met buffels in die Maselspoort area daagliks gery. Tussen daardie plotte. Enige onbekende voetganger of voertuig is gestop. Want mense ken mekaar so ken hulle die boere en hulle werkers. So ons het hulle gevra wat soek julle. Daar sal so n syteem moet wees en as daar is moet dit verskerp word. Keer die terroris voor hulle oppi plase kom om terreur te saai

Koot ·

Nou gee jy vir ons die buffels dan los ek my werk en begin boere oppas of praat jy nou met die boere?

Penellope Jones ·

Terwyl die minister van polisie noem: “South African is a very safe country”.

Karen ·

Die berig is so skimpy – wonder tog hoekom moeite doen om hoegenaamd daaraan aandag gee? weet die maroela hoeveel boere, plase in omgewing is. Ag nee regtig het jy net ekstra spasie gehad wat jy moes volmaak ? Wie waar wat wanneer ???

Carl ·

Karen. Waar is Rustenburg vroeg Sondag oggend 25 Junie. Die wie is gewoonlik eers bekend wanneer al diè naasbestaandes inkennis gestel is. Of dalk vra die mense om nie hul name bekend te maak nie.

John ·

Noordwes is ‘n kruitvat. Boere-gemeenskappe moet besef die verlede is vir goed verby. Iemand soek jou bloed en jou eiendom. Vergeet van werksoekers en die goedkoop verkwansel van ‘n skapie of ‘n hoendertjie. Dis doodsake.

Bassie van Der walt ·

WANNEER faan iets daad werklik gedoen word omtrent Plaas aan alle. Hoeveel Lewens gaan nog verloor moet gaan voor die Ministers van Polisie en Verdediging gaan besef bring Kommando eenhede terug en verlig ook die Polisie se werk . Een aanval is te veel wie gaan in hare vorentoe sorg vir Voedsel

Werner ·

Mans het te voet aangekom en net begin skied klink soos terroriste aanval

Oom Doug ·

Ek lees nou elke dag van die moord en doodslag op Boere, Dis nou oorlog, Kan ook nie verstaan dat die Boere nie hulle revolvers saam met hulle dra nie, Is dit miskien n geval van dit gebeer net met ander en nie met my nie, kan wees.
Maroela Media, as julle kan, laat die wereld sien wat hier gebeur,
Die Suid Afrikaanse rigeering sal nicks doen nie, dis mos net wittes.

Rita ·

Mens kan nie net jou rewolwer uitpluk en skiet as vreemdelinge op jou werf aankom nie. Jy weet nie of hulle op jou wil skiet nie, alhoewel nege uit tien keer kan jy seker wees jou lewe is in gevaar. Of jy word eerste doodgeskiet , of jy gaan sit met jou agterent in die tronk as jy dit waag om jouself te beskerm. Nee mens weet nie meer nie….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.