Noordwes-boer vas ná meisie (11) gewond is in skietvoorval

plaashek-pexels

Foto: Pexels

ʼn 33-jarige boer van Swartruggens in Noordwes is Donderdag in hegtenis geneem nadat ʼn 11-jarige meisie gewond is toe hy skote afgevuur het op ʼn groep jong meisies wat glo sonder toestemming hout op sy plaas wou kry.

Brig. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, sê die 11-jarige is glo in haar arm geskiet nadat die boer verskeie kere geskree het dat hulle die grond moet verlaat voordat hy losgebrand het.

“Die meisies het volgens inligting in verskillende rigtings weggehardloop, waarna die boer gesien het dat een van die meisies beseer is. Sy het daarin geslaag om tuis te kom en haar ma van die voorval te vertel voordat sy na ʼn hospitaal gehaas is. Haar ouers het die polisie van die voorval in kennis gestel,” sê Mokgwabone.

Die boer het homself Donderdag aan die polisie oorgegee. Dit is nie duidelik of die boer waarskuwingskote wou afvuur en per ongeluk die 11-jarige gewond het nie.

Meer inligting is nie in dié stadium bekend nie.

Mokgwabone sê die man verskyn binnekort in die Swartruggens-landroshof op aanklag van poging tot moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

75 Kommentare

moedeloos ·

Jong, toe ek nog baie baie klein was het my ma en pa altyd gese; as jy iets vat sonder ‘toestemming’, is dit steel? Of sit ek die pot mis? Of dit nou naartjies was op die bure se plaas of R5 uit my ma se handsak.. mens vra mos anders doen jy dit met die doel om skelm te wees?

Hanna ·

Stem nie met jou saam nie, hou hy kwaai honde aan en die byt die kinders is hy ook in die moeilikheid. bly maar n groot probleem vir ons boere. Sterkte aan die boer wat nou in groot moeilikheid is !!!

ag tog! ·

Hanna ek neem aan jy stem NIR saam met Michael oor die kwaai honde nie.
Maar ek stem saam met Michael,die Boer het Groot problems!
In die log van die politieke klinmaat,veral in die Noord Wes,kan jy mos nie gaan staan en so onverandwoordelik optree nie!Regtig om op minders te skirt is veregaande. Self’s honde maak nie sin in die geval nie!!
Menslikheid is duidelik nie hier van toepasing gewees nie!!!

jennefer ·

Ek sien nie die menslikheid in plaasaanvalle en grondbesetters nie!

Cherokee ·

Ek stem met jou 100% saam! Daar word hoegenaamd nie op minders geskirt nie!!!

Werner ·

Ten minste het hy onmiddelik hulp verleen toe hy sien die kind is beseer ek bly self op plaas en as hulle hout steel steel hulle defnitief vee en wat nog Boere ook nou al moeg om vermoor en besteel te word

Ernst ·

Hy moes net waarskuwing skote in die grond in geskiet het as die kinders nie wou loop nadat hy hulle weg gejaag het.

Hier by ons ·

Hier by ons het die soortgelyke gebeur. Die boer het by die polisie gaan kla en die vraag is aan hom gevra of hyself die hout gebruik waarop hy ‘nee’ geantwoord het. Dis toe wat aan hom gesê is dat hy dan nie ‘n saak het want hulle vat wat hulle kan gebruik en wat hy nie gebruik.

Vryheid ·

Ek self het n groot probeem met mense wat my grond betree sonder toestemming. Om op kinders te skiet al is dit waarskuwings skote is bitter onverantwoordelik. Boere moet ekstra versigtig wees met die houding en beeld wat hul daar buite aan mense uitdra, dit is al klaar nie goed nie.

pie in the sky ·

Die Boer was verkeerd om op die meisies te skiet.
Ongelukkig vir hom gaan hy die skuld moet dra.
Hy kan bly wees hulle is nie dood nie.
Weereens is dit die Boer …
Nie die oortreders …

Johan. H. ·

Jammer Boer jy het nou probleme, Maar ek weet julle is gatvol..

t ·

Hier kom weer ‘n tweede Coligny. Nog weer ‘n rede om van die werk af weg te bly en alles te brand.

leeann ·

kom kyk tussen Lichtenburg en coligny hoe word die boere se droë mielies gesteel. sakke vol word op hulle koppe uit die land gedra, en op n bakkie gelaai wat langs die teerpad staan. Dit is asof hulle die boere tart om op te tree!!!!! selfs die plantasies op die boere se grond word geplunder….. wat moet die boer doen????? toekyk???

jennefer ·

Ek kry eergister een, EFF keppie op sy kop, wat se hy loop kortpad , so sommer by ons huis verby

janee ·

Al die “negatiewe” kommentators bly duidelik nie op n plaas nie. Ons leef elke dag in vrees en is defnetief “trigger happy”. Ons is moeg rot en kaal gesteel …hout ,waterpompe ,bande, droppers,vee…elke dag. Maar ons werk steeds want dit is ons lewe…..maar ons weet nie of ons kwaai honde vanaand ons sal beskerm nie…of ons die volgende is nie …..miskien onskuldige kinders …maar as jou kind kan hout steel …sal die pa nie skroom om ook te steel of te moor nie?

Boerseun ·

Nee Jong melk kom uit n boks en boere het almal ryk geerf. As hulle hout steel vat hulle my kinders se kos.

Anni ·

Dis nou sulke optredes wat weer wraak laat opvlam en dan is daar weer uitermate aantal plaasmoorde. Gebruik jou vuurwapen as jy 100% seker is jou lewe gaan in gevaar wees.

Dot ·

Anni bly jy op n plaas. Is jou familie al aangeval op ‘n plaas. Daai kinders hoort nie daar nie. Steel is steel. Hy het hul gewaarsku en ek glo die Man wou seker waarskuwingskoot skiet en toe gebeur die ongeluk.

broos ·

gevaarlike honde gaan nie boewe in die nag kan keer nie. dis SY plaas, dis SY eiendom, dis SY reg om homself te beskerm. die kinders het geweet hulle hoort nie daar nie. ek kry die kind jammer, maar as sy reg opgevoed was sou dit in die eerste plek nie gebeur het nie!!

Sêmaarnet ·

Wat staan die arme boere deesdae te doen? Hulle word vermoor, besteel en mag net niks doen om hulleself en dit waarvoor hulle hard gewerk het te beskerm nie. Wat het die meisies daar gedoen sonder toestemming? Is dit maar ok om te vat sonder om te vra?

Louise ·

Ek het baie simpatie met boere, maar nie vir onnosele optredes nie. Elke aksie het n reaksie, hy kon in die grond in geskiet het en nie reguit op die kinders nie.

Justice ·

`n Vuurwapen is vir doelgerigte selfverdediging of vir jag – nie `n bangmaak / skrikmaak aparaat nie.

Marinda ·

Janee ek stem volkome saam met jou. Hierdie mense wat so baie te se het oor die boer was verkeerd bly nie op plase nie en weet nie in wat se vrees ons wat op plase bly het nie. In die eerste plek moes die kinders nie daar gewees het nie. Net so kon dit ‘n strik gewees het wat vir die boer gestel was. Stuur die kinders in om aandag af te trek, en intussen word vrou en kinders by die huis doodgemaak. As hulle sommer net kan kom hout vat, dan kan hulle maar seker weer more ook kom om vleis te kom haal, want hulle het dit dan nodig. My innige simpatie aan die boer.

Domvraag ·

Van ons boere wil maar net nie leer nie. Jy kan net skiet as jou lewe in gevaar is. Jy skiet nie op kinders nie.
Nou word al wat Boer is weer in n swak lig gestel.

Slimissterkerassterk ·

In my jong dae is ons met growwe sout uit ‘n haelgeweer geskiet wanneer ons vrugte gesteel het.

Jeannette ·

Of bokhael, @slimissterkerassterk! Bokhael doen mooitjies net die ding – growwe sout piets ook seker lekker sonder om te veel skade te veroorsaak. Ek het simpatie met die boer, maar dalk moes hy maar eerder in die grond geskiet het as óp die arme onskuldige ou dogtertjies wat net kom houtjies optel het op sy (privaat) grond.

Peet J ·

Hulle moes eers die plaaseienaar se toestemming gaan verkry het dan sou daar nie agressie ontstaan het nie . Die meisies het ook ‘n gees van kwaadgesindheid ge- openbaar om nie die grond te wou verlaat nie .

Theresa ·

Absoluut. As ek bloot op enige mens se eiendom gaan vat wat ek voel ek vir die dag nodig het (sonder sy/haar toestemming) is dit geensins verkeerd as die eienaar van daardie eiendom dit wil beskerm nie. Dis juis omdat ons met gevoude arms moet sit en wag vir iemand om ons in ons huise en op ons eiendom moet kom dood- of seermaak dat als so verval. Ek glo die man is onskuldig en om hom van moord aan te kla is lagwekkend. ek is oortuig daarvan as hy wou doodskiet het hy. waarskuwingskote en per ongeluk iemand gewond. nie ‘n hart of kopskoot nie. Word wakker gereg – en wees regverdig. En ek stem saam dat die kinders ‘n goor houding geopenbaar het om net aan te hou ongehoorsaam en dwars wees nadat hul gevra was om te waai.

Sportskieter ·

SUG! Nou gaan ons VERANTWOORDLIKE wapen eienaars weer deur nuwe wette gestraf word! Jy kan nie net in alle rigtings skote aftrek my genade man! As jou lewe nie bedreig word trek jy nie n sneller, PUNT!

Donderstorm ·

Ek stem saam hy wat n wapeneienaar is ken tog die wette en waneer jy mag skiet en waneer nie verder maak sulke optrede dit moeilik vir ander boere.

anton ·

So dan mag jy mos nie gaan jag en ook nie teiken skiet nie volgens jou wat sê ”as jou lewe nie bedreig word nie, dan trek jy nie die sneller nie”……… ai, ai, ai!!!

Catherine ·

Hoe verstaan ek nou.!! Dalk, net dalk was dit n opslag koeel. Moenie oordeel elke saak moet op meriete geoordeel word. N 11 jarige sal doen wat die ander kinders doen. En die boer!!! So jamer vir hom want ongelukkig vir hom. Hier kom moeilikheid vir hom.

Annie ·

Haar ouers het seker ‘n huis nodig – daarom het sy dit gedoen. Sterkte aan die boer.

Moeg om te hoor ·

Kyk. die man het duidelik die vuurwapenwet oortree. Sy lewe was onder geen omstandighede in gevaar nie. Ook geen ander person se lewe nie. Punt. Ja die kinders / persone het gesteel maar dit gee hom nie die reg om te skiet nie – want hulle het nie sy lewe bedreig nie. Magtag gaan die mense nooit leer nie? Waar het hy sy opleiding ondergaan voor hy n lisensie gekry het? Dit is mense soos die boer wat die lewe vir ons blankes moeilikher maak. En die Media kry nou weer lekker om die woord boer te gebruik. En verduidelik vir my asb – “haar ouers het n huis nodig dis hoekom sy dit gedoen het” – so sy het hout gesteel om kos mee te maak sodat sy geskiet moet word om n huis te kry? Dis nou regtig kommin om so te dink. En hoe kan jy Marinda sê dat as hulle vandag hout vat more gaan hulle vleis vat? Het een van julle dalk gewonder hoekom soek die kinders hout? Waarvoor gebruik hulle dit? Ja jy wat met jou mikrogolf gou iets warm maak en jy wat te heerlik net n knoppie draai en daar is n stoof aan die gang? Ons blankes wys baie vining vingers —- passop daar is n hoër hand wat jou gedagtes en woorde sien.

Boerseun ·

So as hulle hout mag vat wat moet my kinders eet. Hoekom gee ons nie maar ons plase vir die klomp nie dan kan jy ook sommer niks kry om te eet nie. Dan hoekom maak jy nie Huis oop vir al die sorry cases nie, hoekom is dit boere se plig om te deel?

Jean ·

Kry asb julle feite agter mekaar oor die stories en maak eers seker voor julle komentaar lower en vind uit waste wapen is sy meer geskiet dit was n pellet wat hy gebruik het en hy het nie op hulle geskiet nie was besig om tarentalle geskiet.

Jeannette ·

@Jean – ons kan net reageer op wat Maroela Media berig het. Die meisie is geskiet nadat die boer hulle gewaarsku het om sy grond te verlaat en nou staar hy ‘n klag van poging tot moord in die gesig. Nêrens in die berig is daar melding gemaak van die kaliber van die vuurwapen of dat hy eintlik besig was om tarentale uit te dun nie.

Pieterlewismuts ·

Veritas het die.saak heeltemal korrek opgesom.

Jy skiet eenvoudig nie op mense nie behalwe onder erge provokesie en waar jou of eimand na aan jou se lewe in gevaar is.

Verder skiet jy nie as.jy nie weet wat jou teiken is en.wat daar agter skuil nie.

Opslag koeëls wat mense tref beteken jy het op onverantwoordelike wyse nagenoeg in daardie rigtng geskiet.

n Vuurwapen is NIE n speeding om op onverantwoordelike manier mee te werk nie.

Amper het die boer iemand doodgeskiet vir n paar stukkies hout. Sou ďit regtig die.kool die sous werd gewees het. Ek glo eerlikwaar nie.so nie.

Aangaande die betreding. Ek wonder eerlik hoe goed die beveiliging heiingdraad nog gespan was.
As jy betreding heeltemal wil voorkom span n heining soos om koedoes.binne te hou. Dan het n betreder nie die verskoning dat hy toevallig n stukkie hout gesoek het nie. Dan het hy.seer sekerlik betree met die doel om kwaad te stook.

Hoeveel keer word.daar nie bitterlik gekla as booswigte blankes doodskiet vir so min as 50 sent en n pakkie sigarette nie.

Anne ·

Ek glo nie dit was die boer se intensie om een van hulle raak te skiet nie, hy wou hulle dalk net verjaag het.

Willie E ·

Verjaag klink so:” Hey shush julle,loop van my grond af,julle mag nie hier wees nie,LOOP!!!”
Skiet klink so:”Kwaaaa!!!!!”
Helse verskil…makes you think doesnt it?….

Daleen ·

DIS WINTER MENSE, YSIG KOUD, BOONOP SKOOLVAKANSIE!! WAT SE SKADE KAN N GROEP MEISIEKINDERS DAN NOU AANRIG. HIERDIE SIMPEL MAN BEHOORT HOM TE SKAAM. HOUT IS HOUT EN AL IS DIT OP DIE KONINGIN SE ERF BEHOORT DIT NIE AAN HAAR NIE. EK KRY SKAAM OOR ONS ONMENSLIKHEID WAT SOMMER SO HIER PROBEER REGVERDIG WORD. SIES MAN!

anton ·

Duidelik kan ek sien dat hier blanke mense is wat ook diefstal goedpraat en moet ons maar weet dat hulle ook sal steel van ander, selfs al is dit die koningin se goed. Tragies dat mense kan sê as iets op jou erf is, dit nie jou eiendom is nie.
Dus, bv. al die sakkies vuurmaak/ braaivleis hout op my erf behoort eintelik aan wie??? Almal???
Wonder waar kom sulke mense vandaan???

LB ·

Ek stem saam met beide kante van die kommentare. Die boer ken sekerlik die wapenwet en het beheer verloor, kwaad geword en nou soveel drama veroorsaak vir alle blankes in die land want soos onlangs gesien brand hulle ook die bure en besighede in die dorpe as hulle voel hulle was verontreg. Aan “Moeg om te hoor sê blankes wys vingers”, al my familie is boere en hulle het ook hout op die plaas. Daar word gereeld ‘n trekker en sleepwa beskikbaar gestel om ‘n wavrag vol hout aan te ry na hul huise, daardie implemente was al herhaaldelik beskadig daar by die statte maar steeds word aan al hul behoeftes voorsien. As die boorgat opdroog word tenks vol water aangery, Ritte dorp toe kliniek toe ens. Maar steeds kom steel iemand snags hout, ysters, pompe, kabels, sakke vol mielies, word die hekke oopgelaat sodat vee die mielielande vertrap en hul winste opvreet. gereeld word die veld aan die brand gesteek en jaag almal soos besetens om voor te keer en brand hul huise af staan die boer pa om weer een op te rig. ja almal is keelvol, almal is bietjie moedeloos en elke boer leef met intense spanning elke liewe dag. Almal van ons verloor dit die een of ander tyd want dinge raak net te veel tussen vyandige regering en aanhoudende druk vir veiligeheid en skade.. Ek het soveel simpatie met hierdie man en bid dat daar buiten die gereg geen ander gevolge gaan weesvir hom nie.

Jennifer ·

Dis nie die hout Daleen, dis die heiningdrade wat vertrap word, soms sommer afgeknip word. Ek is al so moeg om te hoor dis net kinders.julle stadsjapies het geen idee hoe dit dit vandag 5 is en more is daar 50!

Willie E ·

MM kan julle asb vir my se waarom het julle my vorige twee kommentare in hierdie artikel verwyder???
EK het niks lelik of vekeerd gese nie,so,asb,gee vir my ‘n rede waarom julle dit verwyder??

Dankie
WillieE

Ken2 ·

Gerugte is dat die boer nie blank is nie so die ander media gaan nie die storie verder vat nie.

Lorieka ·

Ek het n oplossing vir alle boere…grawe n sloot om jou plaas sit krokkedille in en ek seker hul sal dink voor hul sal probeer inkom

Kannaland ·

Het jy al probeer sloot grawe oor berge en koppies heen deur harde klipplate? Vra vir die mense wat dekades lank gevat het om kanale te bou met geld wat nie eers klein regerings kan gee nie.

moelf ·

Baie dankie Moeg om te hoor jy kan dit nie beter gestel het nie. n wors het altyd 2 punte .
Ons is almal baie bang en sien en lees daglik van plaas moored en hoe mense wreed vermoor word ,die feit bly staan dit is kinders

Danie ·

Hierdie boer moes gedink het. Wat sou gebeur het as die kind dood was ? Dan was dit weer chaos en oproer en sou onskuldige mense ly as gevolg daarvan. Ek kan nie glo dat mense nie kan leer uit vorige ondervinding. Regtig.

Izelle ·

Ek is jammer waar maroela media is weer verkeerd ek ken die ware verhaal ken die mense kom persoonlik asb maroela media feite is mar belangrik en ja die boer is wit

Dalene de Vente ·

Dagsê Izelle

Dankie vir jou kommentaar. Jy is welkom om enige bykomende kommentaar in ‘n e-pos aan [email protected] te stuur.

Groetnis
Dalene nms. Maroela Media

Hermann Jacques Keyser ·

With my experience , warning anyone on your land to move is the right thing, if they had come to ask for the said wood then in which the farmer is aware that their are people on his property, farmers have the right to protect their land from anyone entering, no matter what race, colour or creed, one must get permission to enter anyone’s property, large or small property.

So many people are unaware that farmers have the right to protect their land from intruders. similar to if you have your own property you must ensure that you are safe before anyone enters the property.

A verbal warning is much the same as a warning from any weapon used. Refusing to exit one’s property then the latter should have listened and followed the procedure.

anton ·

Ek persoonlik dink al die boere moet ophou om enige kos te plant vir die land en net miskien genoeg vir homself en sy familie.
Plant dit reg om jou huis en span dit toe met elektriese heinings.
Dan sal ons sien waar hulle die kos ens.gaan steel en ook sommer sien waar kry almal kos wat die boere so veroordeel en slegmaak veral die wat hier so kommentaar lewer teen die boere wat kwansuis altyd verkeerd is
Julle gaan seker ook julle kos steeds kan gaan koop by Checkers, Spar en Pick & Pay. no problem!!!

Ben Prinsloo ·

Dankie Anton, as dit maar net in die praktyk so kon werk.

Cherokee ·

Na aanleiding van die berig en dit wat ek daar lees is daar nie ‘n manier waarop ek kan simpatiseer met die boer nie.

Jakob ·

Ek is só moeg vir ons Afrikaners wat dit wat duidelik verkeerd is probeer regverdig. Ons is aan die boer se kant, skuldig of te nie. Ek bly self op ‘n plaas, daar ís groot vrees vir aanval, maar ek wil myself nooit hoef te oortuig dat om ‘n kind, en dit ‘n 11-jarige dogtertjie, te skiet geregverdig is nie. Ek simpatiseer met boere wat lei onder plaasaanvalle, ek simpatiseer met mense wat deur swendelaars ingeloop word, ek simpatiseer met wit en swart wat onregmatig deur enige ongeregtigeid geraak is, maar ek simpatiseer nie met besluite wat sou die rolle en die velkleur omgekeerd weeas geen simpatie sou ontvang nie. Die lewe het ons bitter gemaak.

Tina ·

Hy was glad ni op tarentale skiet uit ni.hy wou langs hul skiet om hul skrik te maak .maar di einste Boer het hul voorheen toestemming gegee om hout te kom kollekteer op sy plaas. Hy kon in ander rigting geskiet het of in di grond in.hkm di vuurwapen op hul rigting mik en di sneller trek.dis kinders.hoe skiet jy op kinders? En di slimjan wat se dis n pelletgun.,ja dis steeds n vuurwapen hy kon di kind dood geskiet het.wat het hy gedink om di vuurwapen op di kinders te rig? Di kinders was wel verkeerd om op sy plaas te ga hout kollekteer,maar dis geen verskoning om te skiet op hul ni.dis gebreekte stukke hour.dis ni as of hul n bedreiging was vir hom ni.as hy dit gedoen het uit selfverdediging,was dit n ander saak.maar daardie kids het net hout opgetel vi vuurmaak.dis kinders.hy moes meer verantwoordelik gewees het met n vuurwapen.hy was ni in gevaar ni.en let wel.hy het altyd gese hul kan hout kom haal op sy plaas.nou skiet hy op kinders? Hy verdien wat hom toekom.dit bly n kind.sy kon dood gewees het.

Tina ·

Ons bly naby hul.en ek sien elke dag di Klein kindertjies bondeltjies hout bymekaar maak wat hul stad toe dra. Hul tel net stukke gebreekte hout op .hul steel niks ni.hul bedreig ni enigsins sy lewe ni.inteendeel is daar ni heinings op waar hul deurgegaan het ni.al di droppers is lankal gesteel.en dis duidelik ni di meisiekinders en kleintjies se handewerk ni .dis grotes wat dit vir scrapmetal verkoop.hy het geen rede gehad om op kinders te skiet ni.ek weet en ek sien elke dag how hul swaar dra aan bondeltjies hout .hy moes in di eerste plek ni gese het hul kon kom hout haal op sy plaas ni.want Dis nou al n gewoonte by hul.

anton ·

Ek kan maar net my kop skud.
Ek wens ons kon die boer se kant van die storie ook hoor. Jare gelede, as kind kon ek onthou hoe van die ander boere in die omgewing jaloers was op my pa wat redelik suksesvol was en wat met baie min, tog baie kon vermag.
Jaloesie is n vreeslike siekte en dit kom nogal baie voor onder ons Afrikaners want ons gun mos nie die son oor die ander skyn nie!!!

Tina ·

Anton wat het dit nou met jaloesie te doen? As hy ni na hul rigting geskiet het ni,was daar ni n ongeluk ni.hy kon in grond geskiet het.gaan lees jou vuurwapen wette,

Theunie Pretorius ·

Het gestraand by my kinders gekuier,daar is drie mannetjies met fietse en rugsakke ,hulle gevra om te loop ,te mooi gevra ,toe begin die uittartende houding en moeilikheid soek ,nou as jy dit dan nou verloor is jy verkeerd ………Ek praat wat gebeur het geensins goed nie ,maar dink jou net vir een oomblik nugter in die situasie in ……..wat het die jongelinge gedoen om hom dit te laat verloor ,soos een persoon na reg se ,is dit werklik blank op swart ?

Helene ·

Ek is gatvol vir alles in SA wat verkeerd en negatief is. Nee, ek gaan nie emigreer nie, dit is my Land!! Weer ‘n bewys dat ons nie kan saamstaan nie. Ons moet nog maar ‘n bietjie verder “val”, voordat die klokkie sal begin lui. Genugtig, ons Voortrekker familie was van sterker hout gemaak as vandag se spul!!

Vermeende ·

Rek of verkeerd maak nie regtig saak nie.

Met plaasmoorde wie kom haal regtig hout op jou plaas of wie is daar net om te sien wat aangaan.
Hoekom word kinders gestuur om grense te toets, hoekom word daar nie toesteming gevra nie. Dit laat mens nogal laat dink aan die apartheid era waar die kinders voor gestoot is om met die polisie te bots in sharpvil. Hierdie kinders is die ouers se kononvoer.
Die boer het mos gewaarsku, het hy nie?

Catryn ·

@vermeen … hierdie is net te verdag vir my , hoekom as hy voorheen vir hulle kwansuis toestemming gegee het, vra nou om sy plek te verlaat – iets is beslis nie pluis nie, hier was waarskynlik meer inbrake in die omgewing as wat ons dink, en hoekom het hy hulle drasties gewaarsku?

Ons huil elke dag oor moorde en aanvalle, waar mense aangerand word, brutaal gemartel word, en dan kom ons nog op vir die spul wat so loop en steel.

Stuur ons ons kinders in Soweto in of Alexandra om daardie mense se huise of hout te gaan optel uit hul erwe.

Catryn ·

Kyk bietjie na protesaksies, na al die optogte – wie is VOOR in die koor: kinders !! Nie net vandag nie, in Noordwes was dit jeugdiges wat in gastehuise ingegaan en drank geplunder het, o, die eienaar het hulle seker ook toestemming gegee om te kom suip en daarna sommer 3 -5 huise af te brand… hoeveel is al in hegtenis geneem op Coligny?

Wie brand die skole af? Jeugdiges word ingestuur, terwyl die groot diefstalle ook plaasvind.

Gaan ek by Checkers, Pick en Pay of Spar in, mag ek net hulle goed vat? Mag ek in Woolworths of Foschini ingaan, en klere aanpas en daarmee uitstap?

Hoekom is dit altyd net ‘n boer, as ‘n boer iets verkeerd doen, is dit hy wat die skuld kry. Hy het dan die kinders gevra om pad te gee.

Hoeveel jeugdiges is en was al betrokke by moorde? Die kinders kom vertel vir die ouer boeties en sussies en mammas en pappas, want almal is hulle families, daardie boer is elke dag so laat tuis, hy doen dit, of hy doen dat, nou tel hulle kwansuis houtjies op. Ek glo dit nie.

Hoeveel keer moet ‘n boer hul heinings versien en regmaak net om weer gesteel te word sodat die kinders kan gaan snuffel waar hulle kan gaan inbreek. En dan as hulle inbreek en hul vuurwapen nie op daardie stadium by hulle het nie, dan is dit weer die boer se skuld.

Catryn ·

As ek na ‘n “scrapyard” toe gaan, waar daar ou staal en ou stukke motorparte is, wat nie gebruik word nie, mag ek dit ook sommer net vat, want niemand gebruik dit nie?

Mense, die BOER is ‘n BOERDERY en ‘n BOERDERY is ‘n besigheid, maak nie saak of hy hout of bome of ploeg en plant of skape of bokke aanhou nie, ek het GEEN reg om op enige boer se land in te gaan en te gaan vat nie.

As ek nou in ‘n boord piesangs ingaan en ‘n klein trossie piesangs afbreek, en ou Jan, Koos en Klaas, die hele buurt doen, is dit verkeerd , want die BOER kan nie al die piesangs opeet nie, nou hoe nou. Dit bly ‘n besigheid, net soos die SCRAPYARD ook ‘n besigheid is.

As ek by ‘n dokter se spreekkamer instap, en daar is tydskrifte, mag ek dit sommer vat? nee, jy vra, en as ontvangsdame se nee, dis daar om te lees vir almal, dan los jy dit. Al is dit ou gebruikte boeke. Netsowel kan ek in skoolbiblioteek instap, boeke vat en uitstap, is dit REG? nee. Al was die boeke geskenk aan skool, is dit nie joune nie.

Harry ·

Julle liberales is ons grootste vyand… maak my naar. Sterkte aan die boer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.