Noordwes-burgemeester sterf in ongeluk

Neo Schalk, burgemeester van die Naledi- plaaslike munisipaliteit. (Foto: Facebook)

Die burgemeester van die Naledi- plaaslike munisipaliteit, wat Stella en Vryburg in Noordwes bedien, is Sondag vroegoggend in ’n motorongeluk oorlede.

Neo Schalk is in ’n trompop botsing op die N14 buite Vryburg oorlede.

Die burgemeester én die bestuurder van die ander voertuig waarteen sy motor gebots het, is op die ongelukstoneel dood verklaar.

Die LUR vir gemeenskapsveiligheid in Noordwes, Sello Lehari, het intussen sy medelye met Schalk se naasbestaandes uitgespreek.

Lehari beskryf Schalk as ’n “voetsoldaat”.

“Burgemeester Schalk was altyd teenwoordig by die vele gesamentlike wetstoepassingsoperasies wat ons in Vryburg gehou het. Hy sou aktief deelneem en padgebruikers smeek om die reëls van die pad te gehoorsaam. Ek is bedroef oor sy ontydige dood, veral in dié tyd waar ons voorberei op die verkiesing van die plaaslike regering,” sê Lehari.

Schalk se dood volg kort nadat die nuutverkose burgemeester van Johannesburg, Jolidee Matongo, verlede maand in ’n motorongeluk dood is.

Matongo het hom vroeër die dag nog by pres. Cyril Ramaphosa in Soweto aangesluit as deel van die ANC se verkiesingsveldtog voordat hy in die ongeluk op die Goue Hoofweg, suid van Johannesburg, betrokke was.

Die waarnemende burgemeester van die Nelson Mandelabaai-metro, Nqaba Bhanga, was ook in Augustus in ’n motorongeluk betrokke.

Bhanga het ernstige beserings opgedoen, maar is intussen uit die hospitaal ontslaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

SjN ·

Tragies, sterkte aan sy naasbestaandes, volgens Netnuus het die ongeluk om 3h00 plaasgevind, glo oppad terug van n begrafnis af, geld inperkingstye nie vir almal nie?

Colombo ·

Die werk van burgemeester raak nou n gevaarlike werk in SA

Perdeby ·

Nee nie vir hulle nie, want hulle is mos belangrik, maar ongelukkig kan hulle bestuurders ook nie bestuur nie. Hulle druip almal hulle gevorderde bestuurskursusses en geen wonder daar is so baie ongelukkig wat hulle by betrokke is, en ek suig jdit nie uit my duim nie, kom uit die perde se bek wat hulle opleidig gee, maar nog steeds word hulle toe gelaat om die VIP’s rond te ry.

Nie Verbaas ·

Vroegoggend? Tussen 00:00 en 04:00? As dit die geval was kon dit verhoed gewees het deur beide motoriste as reels nagekom is?

Johan ·

Miskien moet Lehari gaan kyk hoe lyk die pad. Hy sal moontlik ‘n verband tussen die swak en ondoeltreffende pad en die ongeluk raaksien……

Pietertjie ·

Klink vir my na verbreking van inperkings-regulasies. Vir alle partye betrokke by die botsing.

Kanjynoumeer ·

N14 pad tussen Vryburg en Kuruman is die pad van die dood.
Hierdie pad dra ontsettende hoë verkeer met baie vragmotors.
Daar is toenemenede padsterftes. Kop aan kop botsings is aan die orde van die dag.

Hennie ·

Rede? Blou lug brigades wat geen reëls nakom nie, onervare en swak bestuurder, drank, spoed, paaie wat agv ANC onbegaanbaar geword het.

madels ·

Dis regtig baie tragies. Ek wonder of daar nie Kamikaze bestuurders is wat uit is daarop om hierdie ouens uit te haal en dit nou natuurlik te wil laat lyk nie. Is dit nou nie bietjie verdag dat 3 mense waarvan 2 oorlede is in n ernstige en noodlottige ongeluk was nie???

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.