Noordwes-daggaboer weer terug in die hof

Foto: SAPD

Russel de Beer (48), ʼn daggaboer wat daarvan beskuldig word dat hy handel gedryf het met dagga ter waarde van meer as R3 miljoen, het Vrydag in die Brits-landdroshof verskyn.

Kapt. Tlangelani Rikhotso, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke), het gesê die saak is tot 22 November 2019 uitgestel vir sy aansoek om borgtog.

De Beer is op 9 November in hegtenis geneem ná die Valke se eenheid, wat ernstige georganiseerde misdade ondersoek, op ʼn hidroponiese daggaplaas buite Brits in Noordwes toegeslaan het. Hy staan tereg op aanklagte wat verband hou met die oortreding van die  Wet op Geneeskunde en Verwante Stowwe en handeldryf met dagga.

Beamptes het tydens die klopjag beslag gelê op meer as 500 kg dagga ter waarde van ongeveer R3 miljoen, hidroponiese tonnels vir die kweek van dagga, en toerusting om daggaprodukte en -olie te prosesseer en te onttrek.

Volgens berigte is hy in 2004 in hegtenis geneem ná 1,2 ton dagga op sy plaas in Kameeldrift buite Brits gevind is. Die saak is teruggetrek en hy het die staat gedagvaar vir R2,6 miljoen. Die Pretoriase hooggeregshof het sy aansoek van die hand gewys en hy het die hoogste hof van appèl in Bloemfontein genader. Hy het dié saak ook, met koste, verloor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Judge Dredd ·

So is die saak omdat die staat hom aankla of omdat hy die staat aankla vir 2.6 miljoen skadevergoeding?

Wie het gerook ·

Die boere het dit nie maklik nie
Hy wou net die bevolking op hoogte hou

KaterinaKat ·

Plaas dat die regering so skerp is op Misdaad en mense uitlos wat medisyne uit plante maak.

A ·

Plaas hulle so gretig is om moordenasars, kapers en verkragters toe te sluit

Essie ·

Ons regering ht dagga gewettig so hoekom mag hy nie nou sy daggaplaas bedryf nie

Judge Dredd ·

Vir persoonlike gebruik gewettig…… Sal graag wil hoor hoe hy 500kg dagga gaan regverdig.

Oom Doug ·

Ek was ook onder die indruk dat dit nou wettig was. So wat gaan an,

Anon ·

Judge Dredd, met die stand van sake in Suid-Afrika reken ek die man het voorsorg getref vir tye van nood? ????

Marius ·

Goed en wel ja maar wat van plaas moorde,roof, verkragting,kaapings en moorde. span julle kragte op dit liewers in wat hand uitruk ???? meeste van die dagga gaan tog voete kry

Johan ·

Hier in Harbeespoort koop jy enige dagga of drugs op straat . Stop net jou kar en hul kom aangejaag. So stop die SAP ook by die handelaars.

Anne ·

En wat van die mediese sertifikate wat hy verskaf aan mense wat dagga rook. Daar was verskeie gevalle die mense meer agressief voorkom. Wat hy gesê het dis onmoontlik en later gesê dis die koffie. So as ñ dr van die rol geskraap word. Hoekon nie in die geval – nie regte diagnose gemaak op pasiënte nie

Spook op thaba ·

Ek dink jy het groot klomp plante nodig as jy vir jouself wil olie onttrek en nie vir handel nie

Potjie ·

Rondkyk twak. In my oë is dit n euwel. Mense wat dit gebruik is gewoonlik maklik erkenbaar. Bloot die reuk wat aan hulle hang gee hulle weg.

Daan Erasmus ·

Nou waar lê die grens tussen die vermoede van tuisgebruik en handel. Hierdie persoon is as ‘n tradisionele geneser geregistreer. Ander tradisionele geneser kom met dit weg.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.