Noordwes gee R240 m vir vervoer van skoolkinders

Argieffoto

Argieffoto

Die departement van vervoer in Noordwes het R240 miljoen beskikbaar gemaak vir die vervoer van skoolkinders.

Gaoage Molapisi, LUR vir vervoer in Noordwes, sê dit is in ooreenstemming met die grondwetlike plig van toegang tot gratis en gehalte basiese onderwys vir alle Suid-Afrikaners.

Molapisi het in sy begrotingsrede gesê sy departement verskaf tans vervoerdienste aan meer as 51 000 skoolkinders in die provinsie.

Hy sê alle roetes sal herontwerp word en dat vervoer-operateurs reeds opdrag gekry het om hul voertuie vir verpligte toetsing by die regering se toetsstasies te neem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Paplepel ·

Wonder hoeveel daarvan gaan nuwe karre vir die narre koop? Hulle sal gelukkig wees as so ‘n derde by die regte vervoerskema uitkom. Sê maar net…

De Wet Momberg ·

Hulle lieg !! Dis nie vir “alle” kinders nie maar vir SWART kinders ! Wit Afrikaanse kinders word 64km na die naaste Afrikaanse Hoerskool toe gery op Lichtenburg op hulle eie onkoste en vervoer . Hulle sal nou weer niks ontvang nie .

Net nog een ·

Hier word all weer vir ander rasse gesorg, en my kind wat in ‘n blanke skool is se busse word weggevat en nou moet ons ouers maar self sien en kom klaar om die kinders by die skool te kry.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.