Noordwes-gesondheidshoof wéér geskors

Dr. Thabo Lekalakala. Foto: ANA

Die hoof van die Noordwes- departement van gesondheid was skaars terug by die werk nadat daar beslis is hy mag terugkeer werk toe voordat hy wéér geskors is.

Die departement het Donderdag bevestig dr. Thabo Lekalakala is op voorkomende skorsing geplaas. Hy is aanvanklik in April geskors en nadat sy skorsing verval het, is hy op spesiale verlof geplaas.

Lekalakala se skorsing en spesiale verlof volg nadat hy by ongerymdhede betrek word. Hy het hom intussen na die Kommissie van Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) gewend in ʼn poging om terug te keer werk toe. Die kommissie het vroeër vandeesmaand beslis hy mag wel terugkeer werk toe al is die ondersoek na die ongerymdhede in die departement nog aan die gang.

Tebogo Lekgethwane, woordvoerder van die departement, sê Lekalakala se jongste voorkomende skorsing is gegrond op die aard en ernstigheid van die bewerings teen hom, asook die dissiplinêre verhoor wat geskeduleer is vir 11 en 12 Desember.

“Sy voorlopige skorsing word ook genoodsaak deur die behoefte om moontlike inmenging met die dissiplinêre proses en dienslewering te voorkom. Dit is in ooreenstemming met hoofstuk 7 van die Senior Bestuur-handboek.”

Lekalakala het Maandag teruggekeer werk toe, maar is deur betogende werkers begroet wat daarop aandring dat hy afgedank word.

Hy word aangekla van betrokkenheid by verkrygingsonreëlmatighede rakende sy betrokkenheid by die Gupta-verbinde Mediosa-maatskappy en wanvoorstelling van feite nadat hy gesê het hy het voorheen as hoofdirekteur gewerk.

Daar word beweer Lekalakala het Mediosa R30 miljoen vooraf betaal vir ʼn mobiele kliniek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Genoeggehad ·

Raak ontsla. Finaliseer julle trae ondersoek. Hy is sekerlik skuldig. Kla hom aan.

Colleen ·

Die kaders word beskerm. Nie een van hulle sien ooit ‘n tronk se binnekant nie.

JM ·

Betaal hom af want as hy geskors word kry hy nog die groot salaris wat hy nie verdien nie.

honourable member ·

Sjoe maar die ou is darem gelukkig om so baie te kan terugkom. Dis tyd dat hy n dismissal briefie kry.

koos ·

Willie, natuurlik met volle salaris, want sien, as sy salaris gestop word is dit so goed soos ontslag en skuldingbevinding, en hy het dan nie eers kans gekry om sy saak te stel nie. Nou sloer die ondersoek en verhoor vir maande om vir hom kans te gee om ander werk te vind en dan………. net voor die verhoor begin, dan bedank hy en loop skotvry weg, sonder enige rekord. Lekker in SA nè?

J ·

Maar mos lekker om geskors te word, word mos betaal en dis dan nou al vaca tyd

Staak saam ·

Ja-nee, hy wil terug werk toe want hy wil op verlof gaan.

humor ·

Dit klink al te lekker weer geskors. KIink na n dubbele goue handdruk.

alida ·

In die privaatsektor word jy summier weggejaag sonder ‘n sent. Hoekom is hierdie anders?

SjN ·

Hy het seker redes veskaf om nie gefire te word nie, dit is mos die nuwe tendens.

Poot ·

Haaaaaaaahahahahahahahahahahahahahahahahahahahahahahahahahahahahahahahahahahahaha…………………

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.