Noordwes heet nou glo Bokone Bophirima

'n Skermskoot van Noordwes se amptelike webblad.

‘n Skermskoot van Noordwes se amptelike webblad.

Noordwes se naam is oornag glo stil-stil na Bokone Bophirima, die Tswana-vertaling van die provinsie se naam, verander.

Die burgerregteorganisasie AfriForum het Saterdag in ’n verklaring gesê die ANC het die naam eensydig verander en die naamsverandering kom tot groot skok vir baie in die land. AfriForum het glo die nuwe naam op die provinsie se amptelike webblad opgemerk.

Marcus Pawson, AfriForum se provinsiale koördineerder vir Noordwes, het gesê die slinkse verandering van die naam is onaanvaarbaar. “Plekname kan nie net oornag verander word soos wat die politieke wind waai nie,” het hy gesê.

Volgens AfriForum het die ANC geen sin vir verantwoordbare bestuur in die provinsie nie en is hierdie stap geneem om te probeer opmaak vir menseregteskendings in die provinsie, omdat basiese dienslewering ontbreek. Die organisasie het gesê hy dring daarop aan om te weet ingevolge watter wetgewing die naam verander is, omdat die Suid-Afrikaanse geografiese nameraad nie jurisdiksie het oor provinsiale naamsveranderings nie.

“In 2009 het die ANC – in ʼn dokument wat deur die party se nasionale uitvoerende komitee saamgestel is – hulle eie kaders in die provinsie beskryf as mense wat geen ag slaan op die Suid-Afrikaanse regstelsel nie. Gegewe die probleme in Noordwes het die ANC lankal weggedoen met demokrasie en grondwetlike beginsels,” het Pawson gesê.

AfriForum het gesê hy sal nou sy veldtog teen die naamsverandering, “Keer dat Noordwes waai”, verskerp, en het die publiek aangemoedig om ʼn aanlyn-petisie te steun ter behoud van Noordwes se naam.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

neil ·

Ek wonder wanneer gaan iemand wakker skrik en se genoeg is genoeg. Ek dink nie so nie. Miljoen stemme vir Steve? Dink nie so nie want hulle samel al klaar weer geld in. Word wakker!! By die tyd wat Steve sy miljoen stemme gekry het is Nkandla al weer herbou!! Stop. Nee dit is verkeerde woord,begin saamstaan en se nou betaal ons minder belasting. Baie eenvoudig. Wie betaal vir die naam veranderings? Julle die belasting betalers!! Maar lyk my as dit by skiet kom is almal daar maar as jy die An4kinSee wil laat luister hou van jou hard verdiende geld terug en se Genoeg is Genoeg. Nou betaal julle daarvoor. Eenvoudig? Ek weet nie,maar ek glo daar is SA is iemand wat nie aan geldmaak dink nie wat sonder dat 1 skoot verder klap,een Boer of wie al vermoor,aangerand of wat ook al sal optree en begin ophou betaal vir hulle. Want dit is wat jy doen!!

Dave ·

Die land se probleem is belaglikes soos jy. Laat Hofmeyr maar nòg ‘n splintergroepie stig want hy hoef nie iets van politiek af te weet, so lank hy net Die Stem kan sing. As jy net wou leer om sinne te vorm sou mens dalk kon uitmaak wat jy probeer sê maar dat jy ‘n handtekeningjagter is, en nou sommer besluit jou held is ‘n politikus, is duidelik. Word wakker en begin saamstaan en hou op om splintergroepies te ondersteun – want dìt is wat jy doen.

magriet ·

Ek het net ‘n vraag. wat is veronderstel om te gebeur die dag as Steve ‘n miljoen stemme het? Iets van belang of wat?

Etienne ·

Geen oorspronklikheid eers nie – tipies. Behou ‘n naam wat almal kan erken en uitspreek asseblief.

Pieter ·

Ek stem saam met Neil,staan op ons leiers en vernietig die kultuur dat hulle net wil doen wat hulle smaak om te doen. De duiwel met alles onder die mat invee, net omdat korrupsie oraait is in hulle oë. Die is soos meeste redineer… dis net om swak bestuur in Noordwes mis te kyk!!!!!
Roer hulle ons leiers!!!!!!

Bruno Stef ·

Is die Provinsiale clowns waansinnig.Bok/ Bop klink vir my amper so erg soos n tyd gelede toe die gepeupel petrol oor misdadigers gegooi het en hulle aan die brand gesteek het die effek is die selfde.Kom ons maak nou n positiewe verandering van die Provinsiale naamsverandering en keer terug na die oorspronklike naam van WES TRANSVAAL.

alex ·

Klink na ‘n vloekwoord in swart tale.

Pragtig pas by daardie tipe.

Winston ·

Kan maar net saamstem met julle. Hierdie regering heg geen waarde aan die grondwet nie. Vorige leiers besef dit en wil nou kommentaar lewer. Dis ongelukkig te laat en ons moet kyk na ander oplossings al is dit weier om belasting te betaal, voedsel ontrekking of massa optrede. Dis al waar ons gesien sal word.

Vlooi ·

En dit terwyl die provinsie gebuk gaan met 3 departemente wat onder administrasie is vir finansiele wanbestuur.

JANNIE ·

Die nuwe naam moet wees BOK HAREM.
Bok is vir die dat die ANC bokkerall kan doen behalwe om te steel en korrupsie pleeg!
Harem is vir erkenning aan Jakop Zoema se reputasie met baie vrouens!

Dave ·

Van nou sal ons die vroulike Bokonesiese Bophirimese bestempel as Bokke en die manlike spesie sal Boppe heet. Die bokke en boppe van Potch en elders, dus.

Pierre ·

Dit is absoluut belaglik ! Wat my bekommer is dat dit net nog iets is wat sommer net gedoen word , sonder dat die Wetlike roetes gevolg word . Viva Noordwes !!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.