Noordwes-LUR eis in een jaar R1 miljoen vir reis  

Desbo Mohono.

Die premier van Noordwes is versoek om op te tree nadat die provinsie se LUR vir landbou meer as R1 miljoen geëis het vir die gebruik van haar private voertuig vir werkdoeleindes.

Volgens Freddy Sonakile, DA-LP in Noordwes, het hy premier Job Mokgoro versoek om sy belofte gestand te kom en op te tree in verband met die bedrag wat deur Desbo Mohono geëis is in die 2019/’20-boekjaar.

“Mokgoro het verlede jaar toegegee dat so ʼn wesenlike eis en die gebruik van ʼn private voertuig deur ʼn LUR vir amptelike pligte strydig is met die riglyne in die ministeriële handboek en hy het onderneem om die aangeleentheid te ondersoek.”

Daar is egter nog geen stappe teen Mohono gedoen vir die eis van R1 009 233,62 nie.

ʼn Verslag deur die provinsiale departement van landbou en landelike ontwikkeling van 29 April 2020 sit die omstandighede uiteen rakende Mohono se gebruik van haar private voertuig.

Volgens dié verslag het die departement in die 2016/’17-boekjaar ʼn Jeep Cherokee gekoop vir die voormalige LUR. Ná die kabinetskommeling in Desember 2018 is die voertuig aan die LUR vir gesondheid toegeken en het Mohono nie ʼn ampsvoertuig gehad nie. Sy is egter ʼn ander motor aangebied, maar sy het dit van die hand gewys en besluit om eerder haar private voertuig te gebruik.

Daar was volgens die verslag ook ʼn tweede voertuig, ʼn Ford Ranger Wildtrack-bakkie wat minder as 10 000 km afgelê het, vir Mohono beskikbaar. Dié voertuig is spesifiek bekom vir rowwe terrein, maar Mohono wou ook nie die bakkie gebruik nie. Die ministeriële handboek van 2007 was toe nog in gebruik en hiervolgens mag LUR’e hul private voertuie vir werkdoeleindes gebruik het en daarvoor geëis het.

Toe die nuwe ministeriële handboek in gebruik gekom het, is die tersaaklike persone ingelig dat daar nie meer voorsiening gemaak word dat LUR’e hul private voertuie vir werksdoeleindes mag gebruik nie. Nietemin was daar geen optrede nie.

Volgens Sonakile sal die DA die Openbare Beskermer nou versoek om die LUR se “skaamtelose uitbuiting van haar posisie” te ondersoek om te verseker dat sy die gevolge dra van haar optrede.

“Die onverpoosde misbruik van openbare geld deur amptenare en die gebrek aan gevolgbestuur van die ANC-regering het lankal epiese proporsies bereik.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Eiervrug ·

Nou moet net nie die eis uitbetaal nie…. En as dit reeds gedoen is, dank daardie persoon af wat die eis goedgekeur het, en verhaal dan die geld van U hoogheid. Dit gaan my verstand te bowe dat sulke probleme groot struikelblokke is vir die ANC……. DOEN NET JULLE WERK ORDENTLIK!

Martie ·

Gats… ek kan doen met ‘n ekstra R84,100 pm vir reisdoeleindes ….
Het sy elke dag tussen die Kaap en Mesina gery?

Jack ·

Sjoe.Die soustrein is lieflik.Die geld vloei en niemand gee ‘n vlenter om nie.

Johann ·

Seker uitgesluit die “toll geld” by Nandos en ChicnLickn en Kentucky?

Bloot nie ‘n verandwoordbaarheids sin of gewete of begrip van wie se geld sy eis nie?

Misky ·

Daar is n kar/bakkie toegeken en beskikbaar gestel. Gebruik dit en doen jou werk, as jy nie wil nie, jou endaba en jy betaal. Punt.

Neef ·

Ek wonder hoeveel keer het sy rondom die aarde gereis in haar motor om daai bedrag te haal.

Lindi ·

Sal graag daardie “log book” wil sien EN dat dit forensies ondersoek word. Hoeveel km van waar tot waar en op watter dae. Sal interresante leesstof maak

Baardman ·

Ek verstaan iets nie. Daar is DA verteenwoordiging in die Noordwes regering, nou waarom kom die DA dit eers agter as daar n miljoen rand se eise na ‘n jaar uitdop? Of is hulle ook maar net daar om n maandelikse salaristjek te trek?

Dup ·

Sjoe,maar sekere comrades is erg skelm.Al hierdie streke word net “ondersoek” as iemand ñ fluitjie daaroor blaas.Gewoonlik is dit dan te laat en die geldjies het reeds in die sand weggesyfer.Hulle “struggle” elke dag om by die geld uit te kom!

Snowball ·

‘Ek sou kon doen met ‘n miljoen, ek sou myself net met ses nulle kon versoen’…ANC motto. Walglik korrup.

Hennie J ·

Dit is so ooglopend skelm, net om ekstra geld te kry wat haar nie toekom nie, dit terwyl die krip vol voer is. Almal kan skree en kla, daar sal dadels van kom want vra vir my neef jak, hy lieg net soos ek.

Jakes ·

Behalwe vir die feit dat die Lur tronk toe moet gaan vir hierdie blatante diefstal en misbruik van belastinggeld moet die premier saam met haar opgesluit word en gooi asb sommer die sleutels weg.

Nie Verbaas ·

En die soustrein stoom voort vol gelaai met ANC narre.

twaalfboor ·

Iemand moes daai eise tog goedgekeur en afgeteken het. Ondersoek daardie “gedeligeerde” ook sommer. En moenie die 62 sent vergeet nie.

koos10 ·

Geen salaris verhogings vir staats amptenare nie, maar die wat meer is R2 000 000.00 per jaar kry, las sommer nog ‘n R1 000 000.00 by haar salaris tjek.
Hou nou nog haar belasting opgawes ook dop. Sy moet belasing op die R1 mil. betaal.

Jr ·

So sy het omtrent 3 keer om die wêreld gery vir daai geld. Hoouw wena missies wena mungha sterk

Jr ·

Lyk nie vir my asof sy honger is nie? Maar ek vang die sarkasme

Piet parys ·

Dit het tyd geword vir die regering om alle staats amptenare moet laat her aansoek doen vir beskikbare poste wat met die helfte gesny moet word . Die privaat sektor werk so al het hulle 99% geskikte mense vir daai poste .

SjN ·

Dit sluit seker die motorbestuurder se salaris in, lyk nie of sy n lisensie het nie.

quartus ·

haar laaste reis moet wees vanaf haar kantoor na haar huis wanneer sy uitgeskop word. die onnodige uitgawes moet natuurlik van haar verhaal word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.