Noordwes-LUR sterf in ongeluk

Kgakgamotso Nkewu, voormalige LUR van maatskaplike ontwikkeling in Noordwes Foto: Noordwes- provinsiale regering

Kgakgamotso Nkewu, voormalige LUR van maatskaplike ontwikkeling in Noordwes Foto: Noordwes- provinsiale regering

Kgakgamatso Nkewu, LUR van maatskaplike ontwikkeling in Noordwes en provinsiale tesourier van die ANC, is Donderdag in Vryburg in ʼn motorongeluk oorlede.

Die provinsiale regering het bevestig Nkewu en haar twee lyfwagte het op die N18 van Mahikeng na Taung gereis toe hul motor ʼn fietsryer getref het, wat ook op die toneel oorlede is.

“Die ongeluk is ʼn tragiese verlies vir haar familie, die provinsiale regering en die hele land,” het Noordwes-premier Supra Mahumapelo gesê. “Die provinsiale regering het ʼn uiters hardwerkende openbare verteenwoordiger verloor.”

Nkewu is uit die motor geslinger nadat dit die fietsryer getref en omgeslaan het.

Die twee lyfwagte is in ʼn kritieke toestand in die hospitaal.

Die motor het na die ongeluk aan die brand geslaan.

Nkewu is in Mei aangestel as die LUR vir maatskaplike ontwikkeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Bravo16 ·

Is dit nie ook ‘n tragiese verlies vir die fietsryer se familie nie?

Blouligsirkus ·

Die fietsryer is die belangrikste Ja want hy is die onskuldige.

Irene ·

Bravo 16 stem saam wat maak haar a beter mens as die fietsryer

Antie ·

Tragiese verlies vir haar familie, provinsiale regering en die hele land. Wat ‘n tragiese verlies vir die fietsryer se familie, vriende. Baie sterkte aan die fietsryer se familie

Voetstoots ·

Seker die derde ANC MEC pad-sterfte in die laaste drie weke, en luidens die ANC nog n “tragiese verlies” vir die land – maar tipies is daar geen woord van die ANC oor die tragiese verlies van die fietsryer nie.

Maddox ·

Jy is so reg, en nooit sal die anc se dit is tragies as ‘n wit boer vermoor word nie!

Ek ·

Waar is haar sitplrkgordel? As sy uit die voertuig geslinger is lyk dit gewis of sy nie ‘n sitplekgordel aangehad het nie

Voetstoots ·

Roekelose bestuur en spoed – niks anders nie. Dit is al hoe jy uit n kar geslinger word deur n botsing met n fietsryer, wat niks meer as 20kph op gemiddeld sal ry nie. As jy nie saamstem nie, spandeer so paar maande op ons nasionale paaie. Op n fiets.

Hannes ·

Twee lyfwagte vir ‘n prov LUR.
Jammer oor die onnodige lewens verlies.
Is die ANC dan bang vir die bevolking dat hulle met lyfwagte rondry?
Wat kos die lyfwagte vir al die LUR e die belastingbetaler?
Sou graag die rede vir die onnodige ongeluk wou hoor.

Chris Ws ·

As daar ‘n voetganger of fietsryer voor in die pad aan jou kant is ry mens wyd weg van hulle af verby.Dis wat hulle noem “common sense”.Jammer dit ontbreek by die mense wat die huidiglik die meeste op ons paaie is!

Kaspaas ·

Ek is baie meer jammer vir die fietsryer en die se familie n baie groter verlies as n ANC kader

Joann ·

Chris Ws ek stem. Gekoopte lisensies is ook oorsaak van baie ongelukke. Sterkte aan fietsryer se familie

Onnodiglik haastig ·

Hoekom ry hulle so vinnig? Om van een plek waar hulle niks doen en net dom lyk te gaan na n volgende plek vir niks doen en dom lyk.

JAN ·

Jammer, vir die naasbestaandes vd oorledenes. Is die opleiding v hierdie BBP Bestuurders/Drywers nog op standaard ? Regte Opleiding ? Vra maar net teen n Hoè Spoed !

Jan maak n Plan ·

Ek ry baie hierdie pad en glo my hierdie bloulig brigades ry niks minder as 200km/h nie, dit lyk kompleet of jy op 120km/h besig is om parkeer plek te soek in n parkade.

Daan ·

Dankie Here dat U die fietsryer se naam ken. Geen dood is ooit lekker nie maar dus maar net nog n bewys hier op aarde is dit wie jy is , maar dankie Here in die Hemel is dit wie jou KEN.

RenierRenier ·

Hoe weet ons wat gebeur het. Ons almal weet hoe fietsryers deesdae ry….. Hulle vergeet dat paaie vir voertuie gemaak is en nie fietse en drawwers nie.

JD ·

En jy was daar om te sien wat gebeur het. Jy moet asb as getuie vorendag kom

M A ·

Moes die opskrif nie lees “LUR motor ry fietsryer dood” nie? Of “LUR sterf na fietsryer botsing”? Om net te fokus op die bbp is ‘n bietjie eienaardig. Wie is die persoon op die fiets en waar was hy dat hy doodgery kon word?

ANC buddy ·

Die ANC gee niks om oor die publiek nie, soos jy seker al kon aflei.

vermeende ·

Weet nie hoekom dit nuus is nie, mense sterf daagliks.
Ken die persoon van geen kant af nie.

Wern ·

Dit is nuuswaardig want blouligbendes is n sekere tipe probleem wat uitgelig moet word. En natuurlik is alle dood nuuswaardig want lewe is veronderstel om baie kosbaar te wees.

Fietser ·

Al was die fietsryer sy lewe deur n groot ANC ondersteuner maak dit nie saak vir hierdie demoonbesette ANC nie.

Retha ·

Ek was by ongeluks toneel. Spoed moes binne km na 100 dan 80 dan 60 verminder km voor Vryburg. Motor onherkenbaar en fiets middeldeur. Moes teen n baie baie hie spoed gejaag het. Km voor swart plakkersbuurt waar kinders in straat speel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.