Kapt. Paul Ramaloko, woordvoerder van die polisie het gesê Galaletsang Sebopelo (24) en haar dogter, Tlhalefo, se liggame is in hul huis in Pudimoe, suid van Vryburg, gevind. Albei het veelvuldige steekwonde gehad. ʼn Mes wat vermoedelik as die moordwapen gebruik is, is onder ʼn kussing in die huis gevind, het Ramaloko gesê.
“Galaletsang se kêrel is Vrydagaand vir die laaste keer by familie se huis gesien. Sy ma het Saterdag bekommerd geraak toe hy en Galaletsang nie by haar kom kuier nie en het na hulle huis gegaan om hulle te soek. Sy het daar die liggame van Galaletsang en haar dogtertjie aangetref,” het hy gesê.
Die man is sedertdien vermis en die polisie is op soek na hom. Volgens Ramaloko kan die man se naam nie in hierdie stadium bekendgemaak word nie.
Vir barbare is ‘n moord/e ‘n aanvaarbare oplosing van probleme.
Aanvaar ,my, oplosing of jy is weg. Lewe gaan aan.
Plaas hy doen hom self leed aan inplaasvan n kind en haar ma