Noordwes-ma en dogter (2) saam vermoor

Argieffoto: SAPD/Facebook

Argieffoto: SAPD/Facebook

Die polisie is op soek na ʼn man van Noordwes nadat sy vriendin en hul tweejarige dogter Saterdagoggend dood in hul huis gevind is.

Kapt. Paul Ramaloko, woordvoerder van die polisie het gesê Galaletsang Sebopelo (24) en haar dogter, Tlhalefo, se liggame is in hul huis in Pudimoe, suid van Vryburg, gevind. Albei het veelvuldige steekwonde gehad. ʼn Mes wat vermoedelik as die moordwapen gebruik is, is onder ʼn kussing in die huis gevind, het Ramaloko gesê.

“Galaletsang se kêrel is Vrydagaand vir die laaste keer by familie se huis gesien. Sy ma het Saterdag bekommerd geraak toe hy en Galaletsang nie by haar kom kuier nie en het na hulle huis gegaan om hulle te soek. Sy het daar die liggame van Galaletsang en haar dogtertjie aangetref,” het hy gesê.

Die man is sedertdien vermis en die polisie is op soek na hom. Volgens Ramaloko kan die man se naam nie in hierdie stadium bekendgemaak word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

DPJ ·

Vir barbare is ‘n moord/e ‘n aanvaarbare oplosing van probleme.
Aanvaar ,my, oplosing of jy is weg. Lewe gaan aan.

kobus ·

Plaas hy doen hom self leed aan inplaasvan n kind en haar ma

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.