Noordwes-man bely hy het dogter geslaan

Argieffoto

ʼn 26-jarige man van Noordwes het Donderdag skuld erken op aanklag dat hy sy vierjarige dogtertjie met ʼn gordel geslaan het.

Isaiah Maotwe het aan die Bafokeng-landdroshof in Tlhabane gesê hy het op 8 November 2016 sy vrou en dogter in Ikageng naby Rustenburg gevind waar hulle geslaap het.

“Ek het haar ma wakker gemaak en ons het ʼn woordewisseling gehad. Die kind het wakker geword en ek het haar aangesê om te slaap, maar sy het geweier. Ek het haar daarna met ʼn gordel geslaan,” het Maotwe in sy pleitverduideliking gesê.

Hy staan tereg op aanklag van aanranding met die doel om ernstig te beseer.

Hy moet op 22 Augustus weer in die hof verskyn. Sy borgtog is verleng.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

H ·

Maak jou reg vir n stroom mense wat jou gaan wys op die feit dat die kind slegs vier jaar oud is

Dis nie tug nie! ·

Hy het sy 4jarige kind geslaan omdat hy vir sy vrou kwaad was…. Vieslike man!
– maar verseker nie uuswaardig nie, ek stem-

MissDemeanor ·

Hy het nie sy kind getug nie. Hy het sy frustrasies op sy kind uitgehaal en haar mishandel omdat hy nie sy eie emosies kan beheer nie, en omdat hy nie weet hoe om ‘n vierjarige kind te behandel nie.

Jakoba ·

Hy het haar nie getug nie, magtig man, hy het haar geslaan uit woede. Dit is aanranding en het niks met tug te doen nie. Sal jy slaap as iemand langs jou staan en baklei? Kan jy jou jou indink hoe vreesbevange daardie klein dogtertjie was

Soekie ·

Daar is ‘n groot verskil tussen tug en aanrand. Hy was kwaad vir sy vrou toe haal hy dit op die kind uit. Hoop hy kry tronkstraf.

Linette ·

Die man en sy vrou het gestry. Die kind het wakker geword, hy het haar aangesê om weer te gaan slaap en toe sy weier, het hy haar ‘n hou of twee met ‘n gordel gegee. Dit is tugtiging – nie mishandeling nie! Mishandeling sou wees as hy die kind opgetel het en haar rondgeruk het of teen die muur of vloer gegooi het.

Dit is juis die probleem met die kinders van vandag – jy mag, as ouer, hulle nie dissiplineer met ‘n goedgemikte hou op die boud met ‘n pakslae-ding nie. Ons is as kinders goed gedissiplineer met ‘n gewaarborgde pakslae wat die gevolg was van ongehoorsaamheid of iets wat verkeerdelik gedoen was. Ons die meeste van ons 40-plusser geslag van vandag, het normale, ordentlike, gedissiplineerde en suksesvolle mense geraak.

RC ·

Ons was met ‘n sweep geslaan toe ons kinders was. Ek onthou ek het daardie sweep in klein stukkies gebreek en onder my matras weggesteek het. Ek is nou amper 70 en sal dit nooit vergeet nie.

Jip ·

Ons ook met iets soortgelyk geslaan. Het hom ook weggesteek en later ver weggegooi. Nogal lelike gewoonte van doerie tyd. Maar ek stem, nie nuuswaardig nie.

Cherokee ·

Ek was gelooi met ‘n spantou toe ek klein was. Wonder hoeveel van die lesers weet wat ‘n spantou is. ‘n Spantou het ‘n metaalring aan die eenkant en as dit aan die los punte vasgehou word laat die metaalring opgehewe ringe waar dit tref.

Ook geslaan ·

Ek is jammer om te hoor dat jy so behandel is. Jy het as kind sekerlik gewens dat jy ook ‘n kans kon kry om jou kant van die saak te stel, en gewens jou ouers kon verstaan hoe jy ‘n gebeurtenis ervaar het. Ons het ook pak gekry. As ons baklei, as ons iets gebreek het, selfs as ons seergekry het. Dan moes ons ook pak kry sodat ons n les kon leer. Maar ek het soveel keer gewens ek kon net vir my ouers vertel dat iets ‘n ongeluk was, of dat ek baklei het omdat ek gedink het iets was onreg erdig. Maar as ons ons monde oopgemaak het dan is daar op ons geskreeu ook. Na die tyd was my pa altyd so teneergedruk en “spyt” dat ons sommer nog ook sleg gevoel het daaroor dat ons hom daartoe dryf dat hy ons pak gee. My ma het duidelik verligting gevind as sy ons pak gee Ek sal dit nooit aan my kind doen nie. Ek wil haar leer van reg en verkeerd en dat mens doe gevolge van jou dade moet dra. Maar mens doen dit nie met intimidasie en geweld nie.

Swartkat ·

Ek dink hier is ‘n ander slang in die storie . Die berig se die man het sy vrou en dogter in Ikageng gevind. Was sy en die kind by die huis of werk hy op die myn in Noordwes en sy bly op Ikageng – vra maar net

Raymond ·

Ek dink die howe moet ophou inmeng in families se besigheid. Dink net hoe anders sou die universiteite nou gewees het as ‘n paar kinders bietjie meer pak gekry het en minder “ag los hulle, kinders moet hulle self vind” stories was…

ben ·

Dit wys jou nou dis hoekom ons land sit wa ons sit net soos wetloosheid dis hoekom kinders maak wat hulle wil kan nie eers getug word nie dan is die ouers in die sop ek het is ook as kind getug vandag is ek n better mens vandag dit nie meer n geval van kinder wat gehoorsaam is nie maar die ouers wat gehoorsaam is aan hulle kinders wa gaan dit stop dis hoekom daar geen wette in ons land nie. Net as die skoen aan die ander voet is tel die wat

Jakoba ·

Hierdie is beslis nie tug nie.
Ek stem vir ñ verdiende pak op sy tyd….nie aanranding nie.

LB S ·

My kinders het op hul boude pak gekry met die plathand, en ek onthou een of twee keer met ‘n slipper nadat my seun sy skoolskoene soos die derde keer verloor het! Maar na so 8 jaar oud het ek hulle op ander maniere gestraf. Ek was toe beskuldig deur sommige familielede dat ek hulle nou “sielkundig” grootmaak. Hoe ook al, hulle is welaangepaste jong mans vandag, albei met kinders wie ek hoop hulle ook “sielkundig” sal grootmaak. ☺

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.