Noordwes-man deur pofadder gepik

Die pofadder wat die man gepik het se kop is afgekap. Foto: Netcare 911

Die pofadder wat die man gepik het se kop is afgekap. Foto: Netcare 911

ʼn 45-jarige man is in ʼn ernstige toestand in ʼn hospitaal nadat ʼn pofadder hom Maandagmiddag in Rysmierbult in Roodraai in Noordwes gepik het.

“Die slang is glo naby ʼn huis in die gebied opgespoor,” het Santi Steinmann, woordvoerder van Netcare 911, Dinsdag gesê. “Inwoners het probeer om die slang te vang toe dit die man gepik het.”

Paramedici het die man op die toneel behandel en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

anet ·

Hoekom het die mense probeer om die slang te vang? Pofadders is nie ‘n slang om mee kanse te vat nie, en nou moes die arme slang doodgemaak word. Al die mense in die nedersettings in Noordwes weet hoe ‘n pofadder lyk. As hulle die slang gelos het sou die slang ook padgegee het, want die slang is bang vir mense.

zahn ·

More Anet, slange naby huise. Huise het kinders. Hulle het die slang probeer vang, volgens die berig. Ek neem aan hulle het die slang van kant gemaak nadat dit die man gepik het, net soos jy aanneem hulle wou dit summier doodmaak.

Ek self is nie bang vir slange nie, maar naby mens se huis, wel, vang hulle en gaan los hulle in die veld, ver van jou huis af. Iets sê vir my dis wat die mense wou doen.

Dave ·

Heeltemal reg Anet. Pofadder is die gevaarlikste slang in ons land vanweë sy traagheid om te pad te gee. Ander giftiger slange seil weg sonder dat mense eens van hulle weet. Dìt is wat die pofadder so gevaarlik maak. Ek ondersteun jou totaal en al met wat jy sê en dit is moontlik maar onwaarskynlik dat hulle die slang wou vang om elders heen te neem. Dit sê ek omdat die meeste mense hulle net wil vermorsel. So, daardie ‘iets’ wat vir Zahn so vertel moet bevraagteken word. So ook die iets of iemand wat dit aan die berigskrywer vertel het. Soos Zan vertel is dit wel dat giftige slange en veral pofadders gevaarlik is naby huise, so daar moet diskressie gebruik word. Wat jammer is, is dat mense so min weet van slange. Dat mense ook nie weet dat die oorgrootte hoeeelheid slange is nie giftig.

Elizabeth ·

Dave – stem met jou. Ons woon buite die dorp en ek is VREKbang vir slange maar ons maak hul nie dood. Elke dier het ‘n plek in die natuur, hulle hou knaagdier populasie in beheer en ons het ‘n broeipaar swartborsslangarende hier wat die slange nodig het vir kos en weer die salngbevolkingsgetalle onder beheer hou. Daar was al slange IN my huis (ons los ons deure bedags en saans meestal ook oop) maar my man vang hulle en laat hul in die veld los. By ons is daar klomp verskillende slange ondermeer ook pofadders en rinkhalse. Maar omdat ek ‘n webwerf vir ons area bedryf en toe ‘n bladsy vir die slange hier oopgemaak het het ek mooi begin kyk na die patrone en kleure. Meestal is dit natuurlik om hul in die natuur “weg te steek” maar sjoe, as mens bietjie oopkop begin kyk na hulle is hulle tog pragtig (nou nie die bose oë nie,haha, maar die VEL!). Ons moet maar eitnlik almal probeer bewaar, een spesie wat uitgewis word veroorsaak dat ‘n ander spesie wat hul voedsel sou wees dan te veel word – soos ek sê elke ding het ‘n plek.

scalla ·

Nou hoekom wil hulle hom vang, slim het wel sy baas gevang!!!

Elizabeth ·

Maroela – waar is my kommentaar op wat Dave geskryf het? Daar was nou SOWAAR niks leliks, viesliks, homofobies of watookal nie, ek het beaam wat hy sê en bietjie uitgebrei op dit en dis dit??

Sune van Heerden ·

Dagsê Elizabeth

Jou kommentaar het net om een of ander rede deur die outomatiese siftingstelsel in die mandjie beland waar dit met die hand goedgekeur moes word. Dit is nou goedgekeur.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Takkie Takuuza ·

Gaan julle nou regtig teem oor ‘n slang wat doodgemaak is?

anet ·

Dankie aan zahn en Dave wat so mooi aan my verduidelik het, ek verstaan, en is maar ‘n ou softie as dit by die diere in die veld kom, en wil nie graag sien dat hulle dood gemaak moet word nie.
Daar is so baie nuwe ontwikkelings om ons, en die arme diere weet nie waar om heen te gaan nie want ons neem hulle spasie oor.

susan ·

Anette, ek is bly daar is nog iemand wat soos ek voel. Ek haat ontwikkeling en “vooruitgang” want daarmee gepaard gaan die vernietiging en uitwissing van die natuur. Die Vader het alles so volmaak geskape totdat die mens daaraan raak dan word alles besoedel,afgebreek en uitgewis.

anet ·

Takkie, as jy ‘n probleem het omdat ons gesels oor die Pofadder,onthou ons het ook die geleentheid om ons menings te lug, as jy nie daarvan hou nie, hou dan verby en lees iets anders

anet ·

Takkie, as jy ‘n probleem het omdat ons gesels oor die Pofadder, hou dan op om ons menings te lees, en hou verby. Ons het almal die geleentheid om ons menings te lug

pop ·

Elizabeth, maak maar julle deure bedags en veral snags toe, gegrendel en gesluit. Netnou is julle ook net statistiek. Wat slange aanbetref, ek rus nie voor ek hulle dood en verbrand sien nie. Is tot in my murg doodbang vir die grillerige goed. As ek weet daars een soek ek tot ek hom dood het. Ek is baie lief vir paddas, en slange maak hulle dood.

Kosie ·

Ek is ook lief vir paddas, die soort wat sulke sagte blafgeluidjies maak Pop.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.