Noordwes-man kritiek ná aanval op plaas

Argieffoto: Reint Dykema

Argieffoto: Reint Dykema

ʼn 57-jarige man is in ʼn kritieke toestand nadat hy en sy 68-jarige vrou Vrydagaand op ʼn plaas in die Elandskraal-omgewing naby Mooinooi, buite Rustenburg, deur sewe gewapende rowers oorval is.

Kapt. Paul Ramaloko, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die egpaar is oorval toe hulle omstreeks 18:30 by hulle huis stilgehou het nadat hulle by ʼn winkel was. Die vrou het erge kneusplekke opgedoen soos sy deur die aanvallers gesleep en vasgebind is.

Die man is in sy maag en been geskiet en is in ʼn kritieke toestand in die hospitaal. Die rowers het met ʼn onbekende bedrag geld, juweliersware, die vrou se handsak en twee voertuie gevlug. Een van die voertuie is later verlate in Marikana gevind.

Ramaloko kon nie die egpaar se name bevestig nie, maar hulle is op sosiale media as Daan Venter en sy vrou geïdentifiseer. ʼn Saak van gewapende roof word ondersoek.

Maroela Media verneem dat nog twee aanvalle Vrydagaand in dieselfde gebied plaasgevind het. ʼn Egpaar is na bewering Vrydagaand op ʼn plaas in die Beestekraal-omgewing buite Rustenburg aangeval en die man is deur die aanvallers geskiet.

ʼn Derde egpaar is ook glo ernstig beseer toe hulle na bewering omstreeks 22:00 by hul huis in Dinie Estates in Rustenburg oorval en met ʼn kapmes aangerand is. Die man is glo in sy voet geskiet.

Ramaloko kon nie teen Maandagmiddag hierdie twee aanvalle bevestig nie en het onderneem om meer inligting aan Maroela Media te verskaf sodra dit beskikbaar is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

christine ·

Daar val elke keer n emmer bloed waar Mal emma se spore sit.Dra wapens mense aan jou lyf dag en nag. Die boodskap kan tog nie duideliker wees nie

Em ·

Daar was vandag by my ook ingebreek. Alles wat nie gesteel is nie, is gebreek. Hulle het selfs my kat se kos gevat. Die veiligheidsmaatskappy sê my alarmstelsel is verouderd en ek moet beams kry. Ek woon alleen so hulle sal seker terug wees om my te vermoor.

Johan ·

‘n Saak van gewapende roof word ondersoek. Beteken dit die man het homself geskiet aangesien poging tot moord nie ondersoek word nie?

Kwagga ·

Dra maar daardie wapens. Wat anders kan jy doen. Tenminste probeer jy. Hulle pak jou soos Wildehonde. Ons staan op ons eie. Niemand gaan jou help al skree mense hoe hard dasr buite. Kyk bv Europa hulle het hul eie probleme nou met die moslems. Ons is op ons eie.

vermeende ·

Ek maak dit my werk om ons mense wat so blind is te probeer sien. Die polisie is deel van die probleem.

So 10 jaar terug word ‘n wit man met klippe bestook deur ‘n swart werker, jy haal sy pistool uit en skiet ‘n waarskuwingskoot in die lug af. Die werker draai om en loop weg, daai aand daag die polisie op en neem hom in hegtenis vir poging tot moord. Hy het nooit die wapen op hom gerig nie ook nie ‘n vinger op hom gele nie maar dit is poging tot moord???

die polisie is nie meer daar vir geregtigheid nie maar hulle eie persoonlike wraak.
Ek vertrou nie ‘n polisieman nie want jy weet nie wat om te verwag nie.

RSA ·

En so hou die balnke volksmoord aan in hierdie land van ons, stil en onder die radar . Die beplanning is reeds gedoen en nou is die daad besig om te gebeur en dit gaan net erger word

david ras ·

“Shemelessly attack the weak, and shamelessly flee from the strong”–val SKAAMTELOOS die swakkes aan, en VLUG SKAAMTELOOS vir die sterkeres.–uit:
die dokumentasie van Operation Mayebuye , die beplande rewolusie van 1963 waarvoor Nelson Mandela en ‘n klomp ander tronk toe gestuur is.
Vrouens, bejaardes is mos die swakkeres . So ook wanneer een man, hoe jonk en sterk ookal, teen drie en meer te staan kom veral in die nag.
Mayebuye is destyds net uitgestel, nie vernietig nie, Dit leef weer !

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.