Noordwes-man se liggaam dalk in Bospoort-dam

Dirk Coetzee, wat sedert 13 Desember 2014 vermis word (Foto: Pink Ladies-plakkaat)

Dirk Coetzee, wat sedert 13 Desember 2014 vermis word (Foto: Pink Ladies-plakkaat)

Die Noordwes-hooggeregshof het Woensdag gehoor die liggaam van Dirk Coetzee (66), van Marikana in Noordwes, is dalk in die Bospoort-dam in Kanana naby Rustenburg gestort.

In ʼn hofsaak binne ʼn hofsaak tydens die hooggeregshofsitting in Rustenburg, het Moses Dipone, wat van die moord op Coetzee beskuldig word, aan die hof gesê die ondersoekbeampte in die saak, kapt. Moses Morema, het hom gedwing om skuld te erken en te wys waar die liggaam gestort is nadat Morema hom met ʼn vuis in die mond geslaan het.

Dipone het gesê Morema het hom na Phokeng-polisiestasie geneem waar hy deur vier polisiebeamptes, insluitend Morema, aangerand is. Hy is op 15 September 2015 in Kakamas buite Upington in die Noord-Kaap in hegtenis geneem.

Dipane voer aan Morema het hom na die gang toe gevat ná die aanranding, en gesê hy sal ernstig beseer word as hy nie erken dat hy Coetzee vermoor het, klippe aan sy liggaam vasgemaak het en dit in die Bospoort-dam gestort het nie.

“Ek het met hom saamgestem, want ek was bang dat ek verder aangerand sou word. Hy het my daarna na die kantoor geneem waar die ander drie beamptes gewag het. Hy het vir hulle gesê ek het skuld beken op die moord en dat ek vir hulle die toneel sal wys.”

Hy het getuig Morema het hom na die dam geneem en toe hulle daar aankom, was daar as naby die dam en Morema het vir hom gesê om na die as te wys as die plek waar Coetzee se klere verbrand is voordat hy die liggaam in die dam gegooi het.

Volgens Dipane het kapt. Johannes Nkosi die volgende dag die verrigtinge oorsien. Dipone het presies gemaak soos Morema hom gewys het, en hy het ook aan Nkosi gesê hy het Coetzee naby Maditlhokwa in Marikana ontmoet, waar hy sy bakkie gesteel het voor hy die liggaam in die dam gegooi het.

Hy het egter wel aan Nkosi gesê Morema het hom die dag voor die tyd na die dam geneem.

Die staat voer aan Dipone het Dirk Coetzee tussen 20 Desember 2014 en 6 Januarie 2015 vermoor, en sy Ford Ranger-bakkie, selfone en bankkaarte in Marikana naby Rustenburg gesteel.

Dipone ontken skuld op alle aanklagte.

Coetzee is op 6 Januarie 2015 as vermis aangemeld nadat hy nie by die werk opgedaag het nie, en hy het laas op 13 Desember 2014 met sy dogter gepraat. Hy is vermoedelik dood, alhoewel sy liggaam nog nooit gevind is nie. Hy is laas op 13 Desember 2014 in Bothaville in die Vrystaat gesien.

Die verdediging wil hê die hof moet Dipone se uitwysing van die misdaadtoneel verwerp op grond daarvan dat Dipone nie vrywillig die toneel uitgewys het nie, maar aangerand is totdat hy skuld bekend het.

Morema ontken dat hy Dipone geslaan het, en hom gedwing het om die toneel uit te wys. Sy getuienis word gestaaf deur Nkosi, dat Dipone nie enige beserings gehad het nei en dat hy nie ʼn klag van aanranding aanhangig gemaak het nie.

Die staat het gesê Dipone se weergawe van die uitwysing is ʼn leuen, aangesien hy baie duidelik die besonderhede van daardie dag onthou, maar nie kan onthou waar hy aansoek gedoen het om borgtog of wanneer hy vir die eerste keer in die hooggeregshof verskyn het nie.

Die staat het dit aan hom gestel dat hy op 21 Oktober 2015 aansoek gedoen het om borgtog en op 20 Junie 2016 vir die eerste keer in die hooggeregshof verskyn het, maar hy kan duidelik ʼn storie onthou wat meer as ʼn jaar gelede aan hom vertel is.

“Die datums beïnvloed nie my lewe nie, die belydenis wat ek gedwing is om te maak impliseer my in ʼn moordsaak,” het Dipone reageer.

Regter Ronnie Hendricks sal na verwagting Donderdag ʼn uitspraak lewer.

Die hof het Dinsdag gehoor hoe R100 000 uit Coetzee se bankrekening oorgeplaas is, en hoe sy Ford Ranger-bakkie by ʼn skrootmetaalhandelaar in Boitekong gevind is.

Die hof het gehoor dat Dipone, saam met sy meisie Belinda Karen, Coetzee se selfoon, identiteitsdokument en bankkaarte aan Zamile Nchangane oorhandig het om die PIN-kode van die kaart te bekom, en hoe die twee die Ford Ranger-bakkie as waarborg aangebied het nadat hulle ʼn lening van R20 000 by die skrootmetaalhandelaar, Lucky Diale, aangegaan het.

Belinda het vir Coetzee as ʼn huishulp gewerk.

Die saak duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Mel ·

Dis by verre erger as di “doodskis” episode wat nou toppunt van di Nuus is

Ronel ·

Presies wat ek ook sê. Hoekom word hierdie saak nie ook so opgehef op sosiale media soos daardie saak nie? Mens kan wonder wat jy wil, maar klaarblyklik nie sê wat jy wil nie…

MCS ·

Nou hoe moet daar nou sin uit so sirkus gemaak word. Die een se hy is ontskuldig na dat die ander gese het hy moet skuld erken. Geen wonder so baie moorde is onopgelos en families kan nooit vrede vind in ons regshowe se besluite!

Pik ·

Wonder wat sal gebeur as ons nou met borde gaan staan en se maak dood tyd laat ons saam staan

C ·

@Pik en wonder ook. Miskien moet ons ook maar begin betoog met elke hofsaak, borde rond swaai en rasistiese opmerkings uit basseer. Kyk nou net met die kis voorval. Is die man wat in die kis gedruk was regtig so ontskuldig geweees. Ek glo nie, maar daar word mos altyd net een kant van ‘n store gehoor.

Swanna ·

Nee hy gaan niks oorkom nie want hy mag moordpleeg want hy is swart.

Gerd Lourens ·

En weereens sal die “regs”-verteenwoordiger sy bes probeer om die waarheid te verdoesel.

Skaam jou!!!

Justice ·

Die verdediging vir Dipone maak my siek – wil he dat die uitwysing van die misdaadtoneel verwerp moet word omdat Dipone glo aangerand is om dit te doen – in hierdie geval het die middel die doel gedien indien hy ooit aangerand was. Die regte van moordenaars raak nou belaglik. Dit raak `n tegniese punt wat blatant uitgebuit word ongeag verdoemende getuienis.

Santjie stoof ·

Kom ons gaan betoog voor die hof.
Kry jul plakkate.

Jean ·

Waar is Mmusi en die DA en die ANC en die EFF en die Khadalia stigting nou? Komaan mense, hierdie was ‘n moord maar julle vergader almal met anti-wit plakkate by die COFFIN CASE?

Gert ·

Alles in orde dis net nog ‘n blanke ! Geen rasse haat betrokke nie !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.