Noordwes-man verkrag glo gestremde vrou

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 26-jarige man van Tlhabane in Rustenburg, Noordwes, is Donderdag in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn verstandelike gestremde vrou verkrag het.

Sers. Kealeboga Molale, polisiewoordvoerder, het gesê die man het glo Woensdag die 31-jarige vrou in ’n straat in Tlhabane sien loop. “Hy het haar na bewering met ʼn mes aangeval en haar gedwing om saam met hom na sy huis te gaan waar hy haar verkrag het,” het Molale gesê.

Die vrou het vir haar tannie van die voorval vertel en sy het dadelik ʼn saak by die polisie aanhangig gemaak. “Die verdagte is Donderdag by sy huis in hegtenis geneem. Hy sal Maandag in die Tlhabane-landdroshof verskyn,” het Molale gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.