Noordwes-man vermoor glo vriendin ná rusie

polisie-huisroof-crime

Argieffoto: SAPD/Facebook

ʼn 35-jarige man van Klerksdorp in Noordwes is oor die naweek in hegtenis geneem in verband met die moord op sy vriendin.

Sers. Kelebogile Moleko, woordvoerder van die polisie, sê die voorval het glo by Alabama in dié dorp plaasgevind.

Volgens Moleko het die vrou, vermoedelik 55 jaar oud, se bure die polisie ontbied ná hulle bloed aan die deur van haar huis opgemerk het.

Die polisie het die vrou se liggaam, met meswonde aan haar gesig, nek en kop, in haar huis opgespoor. Nooddienste is na die toneel uitgeroep, maar die vrou is op die toneel dood verklaar.

Die 35-jarige is kort daarna deur die polisie opgespoor en in hegtenis geneem.

Moleko sê ʼn voorlopige ondersoek dui daarop dat die paartjie ʼn uitval gehad het waarna die man haar met ʼn skerp voorwerp doodgesteek het.

Die man verskyn Maandag in die Klerksdorp-landdroshof op aanklag van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Vuisfoos ·

Dis nie snaaks nie. ‘n Persoon is dood!
Hoe vêr val n goddelose nasie voordat daar n verandering kom.
Ek sou hom sommer die doodstraf vonnis, maar nou ja.
Hy moet volledig gevalueer word om die hoekoms te bepaal. N Goddelike natuur is die enigste weg maar die goddelose wil dit nie hoor nie.

JJ ·

En die geweld teen vroue en kinders duur voort. Daar is ‘n ander artikel vandag waar twee jong meisies verkrag en vermoor is. Die samelewing is siek!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.