Noordwes: Meer as 100 dié langnaweek vasgetrek

Argieffoto: Phillip Bruwer

Die polisie in Noordwes het meer as 100 verdagtes in dié provinsie die afgelope langnaweek vasgetrek.

Volgens ʼn verklaring word dié verdagtes met verskeie misdade in Noordwes verbind. Sowat 81 persone is vasgetrek vir misdade wat met alkohol verband hou en 11 is vas vir aanranding en ander sogenaamde kontakmisdade. Altesaam 38 persone is in hegtenis geneem vir misdade wat met dwelms verband hou.

Benewens dié inhegtenisnemings is 115 verkeersboetes tussen Vrydag en Dinsdag in die provinsie uitgereik.

“Die polisie het beslag gelê op sowat 200 ℓ alkohol, dwelms en ook [moontlike wapens] soos messe,” lui die verklaring.

Lt.genl. Baile Motswenyane, provinsiale bevelvoerder, het gesê die polisie se veldtog om misdaad in Noordwes ʼn nekslag toe te dien sal in 2018 voortduur om te verseker dat die “gemeenskap veilig is én voel”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Lientjie ·

En almal reeds terug op straat en besig. Met hulle Trix.

PJC ·

Die probleem is wat gaan nou met hulle gebeur. Ek dink die meerderheid van hulle is net mőre weer op straat.

Eish ·

Kinderspeletjies. Kyk wat die Wes Kaap se polisie vermag het gedurende die feestyd.

Cornelius du Rand ·

Ons bly in Zeerust. Ons meld nie eers meer misdaad aan nie want niks kom daarvan nie. Dit is so goed die SAPS bestaan nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.