Noordwes-misdadiger sit baie lank

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man van Noordwes is tot drie keer lewenslange tronkstraf en ʼn bykomende 251 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy aan ʼn string misdade, waaronder moord en verkragting, skuldig bevind is.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die polisie, het gesê Itumeleng Daniel Selekanyo (40) is skuldig bevind aan die moorde op Kealeboga Letebele in 2008 en Gabriel Sekete in 2009. Letebele en Sekete was albei lede van die weermag.

Selekanyo is skuldig bevind aan twee verkragtings. Hy het sy slagoffers beroof nadat hy hulle verkrag het. Selekanyo is ook skuldig bevind aan ʼn string ander misdade, waaronder huisroof, die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie, ontvoering en ontsnapping uit aanhouding.

Lt.genl. Zukiswa Mbombo, provinsiale polisiekommissaris, het die vonnis verwelkom. “Dit wys duidelik dat toegewydheid, vinnige reaksie en samewerking van die gemeenskap tot die vonnis gelei het. Ons doen ʼn beroep op die gemeenskap om voort te gaan om met die polisie saam te werk en nie die reg in eie hande te neem nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Malinda ·

Wat word van ons volk se moordenaars verkragterz en die wat ons mense so martel hoekom word daar nie ook swaar strawwe vir hul opgelê nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.