Noordwes-munisipaliteit betaal sy Eskom-skuld

Argieffoto

Argieffoto

Die Madibeng- plaaslike munisipaliteit in Noordwes het sy skuld ter waarde van meer as R20 miljoen aan Eskom betaal.

“Ons het ons skuld voor die sperdatum betaal. Ons sal nie aan kragonderbrekings onderwerp word nie,” het burgemeester Jostina Mothibe Donderdag gesê.

Eskom het in Februarie ʼn kennisgewing uitgereik dat die gebied aan grootskaalse kragonderbrekings onderwerp sal word indien die munisipaliteit nie sy skuld betaal nie.

Die kragvoorsiener het die kennisgewing in die plaaslike koerant, Brits Pos, gepubliseer en aangedui die munisipaliteit skuld Eskom R22 721 015-14, waarvan ʼn gedeelte al sedert Oktober 2014 opgeloop het.

Mothibe het gesê die munisipaliteit het elektrisiteitsdiefstal ondervind deur onwettige verbindings. “Ons het ʼn uitdaging wat onwettige verbindings betref. Ons het ons skuld aan Eskom betaal, maar die bestaande rekening is steeds hoog weens onwettige verbindings. Die munisipaliteit sal slim meters moet installeer om dié probleem hok te slaan,” het Mothibe bygevoeg.

Die kragonderbreking sou op 30 Maart ingetree het en die krag sou tussen 07:00 en 10:00 en tussen 18:00 en 20:00 afgeskakel word.

Energy Manaka, waarnemende munisipale bestuurder, het gesê die munisipaliteit het Eskom reeds op 22 Maart betaal.

Madibeng-munisipaliteit bedien onder andere Brits, Hartbeespoort, Hartbeespoortdam-natuurreservaat, Magaliesberg-natuurreservaat, Mooinooi en Pelindaba.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Johann Marx ·

Met ander woorde die munisipaliteit het die heeltyd R22 miljoen in die bank gehad, en moedswilliglik NIE vir Eskom betaal nie….TOT Eskom begin dreig het? Hoekom? En skielik is die geld beskikbaar en word die rekening vereffen? Weereens, hoekom? Het daardie Eskom rekening nie ‘n “rente element” nie? Dan is dit mos voordelig om dit so gou as moontlik te betaal? Want betaal moet dit betaal word….hou gouer hoe beter? Ek verstaan Afrika nog nie….na 54 jaar hier.

John ·

Hahaha, nie eers slim meters sit hierdie rowers af nie. Hulle tap net die krag op die kabels voor die meters.

Landi Slatter ·

Dagsê Alida

Maroela Media het wel ‘n paar Aprilgekdag-berigte gelaai, maar ons kan bevestig dat hierdie nie ‘n Aprilgek is nie.

Groetnis
Landi
nms Maroela Media

Tiger ·

Waarom die betaling aan die munisipaliteit nie stop sit en direk aan eskom betaal nie?Nog beter slaan oor na son en wind krag en lag beide uit!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.