Noordwes-munisipaliteit onder administrasie geplaas

Noordwes

Noordwes

Die Ngaka Modiri Molema-distriksmunisipaliteit in Noordwes is onder administrasie geplaas.

Ben Bole, woordvoerder van die provinsiale departement van plaaslike regering, sê die munisipaliteit is met onmiddellike effek onder administrasie geplaas.

Bole sê ‘n administrateur sal aangestel word om die munisipaliteit se uitvoerende funksies vir 12 maande oor te neem.

Volgens Bole ervaar die munisipaliteit sedert 2011 bestuur- en administratiewe probleme. Dit sluit die wanbetaling van skuld en diensleweringkwessies in.

AfriForum het die besluit om die munisipaliteit onder administrasie te plaas vroeër verwelkom.

“Met al die probleme in hierdie distrik, wat die afgelope paar maande aan die lig gekom het, soos dat die Tswaing Munisipaliteit nie ʼn kantoor in Sannieshof het nie en die sterftes en omstredenheid in Itekeng, is dit ʼn wyse besluit,” het Carmea Huysamen, AfriForum se provinsiale koördineerder vir Noordwes, gesê.

“Dit is jammer dat drastiese stappe gedoen moet word voor munisipaliteite hulle basiese dienste uitvoer.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.