Noordwes-munisipaliteite se ‘uitvoerende funksies’ weggeneem

Noordwes Foto: Ali Conquerre, Pinterest

Noordwes Foto: Ali Conquerre, Pinterest

Die Ventersdorp- en Tswaing-munisipaliteit se uitvoerende funksies is deur die provinsiale regering oorgeneem weens wanadministrasie.

“Die administrateurs, wat deur ʼn span kenners bygestaan word, sal van Maandag af sekere maatreëls in die Ventersdorp- en Tswaing-munisipaliteit implementeer vir ʼn minimum tydperk van ses maande,” het Ben Bole, woordvoerder van die provinsiale departement van plaaslike regering, gesê.

Volgens Bole het Collen Maine, LUR vir plaaslike regering, aan ʼn spesiale raadsvergadering gesê die ingryping kom weens die munisipaliteite se versuim om leierskap te verskaf of op te tree weens onreëlmatighede in die administrasie.

Bole het gesê van die probleme in die Tswaing-munisipaliteit sluit in “bewerings van bedrog en nepotisme” sowel as ʼn gebrek aan behoorlike dienslewering.

News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Peet Schabort ·

Maar dan sien hulle ook kans om die Provinsie se naam te wil verander !!
EISH !! . . . .

Agtelike naam vir agterlike provnsie ·

Die ANC gee agterlike name vir agterlike plekke. Die naam pas by die plek. Wanneer ANC kaders plekname verander, is dit eintlik goed, want ‘n agterlike plek is nie meer n ordentlike naam werd nie. Tshwane is byvoorbeeld ‘n lokasie en nie meer ordentlike Pretoria nie. Daarom pas die name by die mense wat dit toeken.

Janse Schönfeld ·

” ‘n span kenners….” Ja nee, say no more, dis die “kenners” wat hulle jare gelede uitgedryf het deur hulle verkeerdstellende aksie…

Issabelle ·

Mooi so ….. hoekom word nie almal geskors nie …. dit is ALLES net een groot bedrog spul regoor die land . Diefstal , korrupsie , tenders & bedrog ….. noem maar op !!!!! Die munisipaliteite sal nooit reg kom nie ….. al probeer hulle hoe hard …..

Steel lekker.. ·

Mbeki het gesê dat die ANC die land en blankes gaan leegsuig. Dit het oral in Afrika gebeur na sogenaamde vryheid na kolonisasie. Die diefstal sal aanhou solank ons dit toelaat, en totdat daar niks meer is om te steel en te plunder nie.

Danie ·

Tswaing beteken soutpan, en verwys na die geskiedkundige krater. En tswhane verwys na die apies rivier wat deur hom vloei. ( tong in die kies).ek weet nie waar in pretoria jy bly nie maar hier waar ek bly is dit skoon en netjies.

Piet Smith ·

Danie hier waar ek bly is dit ‘n gemors strate, sypaadjie handelspersele by robots wat rook jy want ‘n normale nugter mens kan nie sulke snert kwyt raak nie

scalla ·

So gaan dit aan by al die munisipaliteite, fire die onbevoegde lede en stel kundiges aan wat die werk behoorlik kan doen

david ras ·

Hulle praat van “kenners”? As die kenners is wie ek dink dit gaan wees—-Arme Ventersorp !!

Bruno Stef ·

David gelukkig het Ventersdorp n hele paar goed opgeleide kenners wat afgetree het van elders in die land plus n sterk boere gemeenskap. So saam kan ons die wereld nogal warm maak as ons wil.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.