Noordwes-munisipaliteite skuld miljoene in pensioenbydraes 

Meer as 1 000 mense word deur die niebetaling van dié pensioenbydraes geraak. (Foto: Maroela Media / Argieffoto)

Die DA in Noordwes het Dinsdag strafregtelike klagte ingevolge die Wet op Pensioenfondse teen die Naledi-, Kgetlengrivier-, Mamusa- en Tswaing- plaaslike munisipaliteit ingedien nadat dié munisipaliteite versuim het om sowat R55 miljoen se pensioenbydraes oor te betaal.

“Daar is jare lank pensioenbydraes van werknemers se salarisse verhaal, maar nooit deur die betrokke munisipaliteite oorbetaal nie,” sê Freddy Sonakile, DA-lid in die provinsiale wetgewer.

“Dit is nie net bedrog nie, maar ook krimineel. Hierdie optrede is ook van enige integriteit en eerbare gedrag gestroop.”

Volgens Sonakile bepaal dié wet dat werkgewers persoonlik aanspreeklik gehou kan word vir die niebetaling van pensioenbydraes.

“Die munisipaliteite se versuim om pensioenbydraes te betaal raak meer as 1 000 werknemers en moet met die erns wat dit verdien, hanteer word.”

“Ons vier in Meimaand Werkersdag. Dit is egter ’n klap in die gesig van elke werknemer wat steeds onder onregverdige behandeling in die werkplek ly,” sê Sonakile.

Maroela Media het onlangs berig dat vyf Oos-Kaapse munisipaliteite versuim het om sowat R42 miljoen se pensioenbydraes oor te betaal – glo weens ’n kontantvloeiprobleem.

Die DA het na aanleiding hiervan daarop aangedring dat die provinsiale regering teen die betrokke munisipale amptenare optree en dat ondersteunende beamptes na dié sukkelende munisipaliteite ontplooi word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Tiptol ·

Dit hou net nie op nie. Daai geld gaan nooit weer gesien word nie.

Nie Verbaas ·

En so is ANC besig om elke burger se regte en lewe by die dag net verder te verwoes maar die kriminele het klaarblyklik meer regte.

Anoniem ·

Wat ‘n Patetiese toedrag van sake is dit net nie. Dit moet voor die deur van die Staats President gelê word. Hy is in beheer van die ANC en daar word kaders aangestel wat nie ‘n benul het van finansies nie. IS DIE MUNISIPALITEIT SE MENSE OPGELEI????

koos10 ·

Is dit nie die begin van die regering se planne om die GEPF te stroop nie?

Blikkies ·

Daar gaan niks gebeur nie, ook nie met die Munisipale hoofde nie.

fs ·

HOE DE HEL!!! Dis nie die munisipaliteit se geld om te gebruik as deel van die begroting nie!!! dit is ‘n wettige aftrekking vir ‘n wettige pensioen bydrae wat ONMIDDELIK aan die fonds betaal moet word…. so wat gebeur nou as iemand op pensioen gaan, of sterf in diens of medies ongeskik raak as gevolg van siekte of besering? Hoe affekteer hierdie “agterstallige” bydraes die voordele? Word die lede benadeel deur die munisipaliteit se nalatigheid en bedrog? GERRIE NEL hierdie sal ‘n wonderlike klas aksie saak vir jou wees!!! Go bulldog

Moedeloos ·

Waar is die ouditeur generaal se manne wat elke jaar oudits doen? Hul is net so skuldig

akkedismis ·

Die GROOT MENEER van ANC is die staatsnar. Hy moes as PRESIDENT al langkal teen sy KOMMUNISTIESE KADERS opgetree het

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.