Noordwes-naamsverandering sal miljarde kos, sê DA

Noordwes Foto: Ali Conquerre, Pinterest

Noordwes Foto: Ali Conquerre, Pinterest

Die Demokratiese Alliansie het Donderdag gesê dit sal miljarde kos om die Noordwes-provinsie se naam te verander.

“Die naamsverandering sal ʼn impak hê op elke vlak, dit raak die plaaslike, provinsiale en nasionale regering tot die aktekantoor,” het Chris Hattingh, partyleier in Noordwes, gesê oor die moontlikheid om Noordwes se naam na Moses Kotane te verander.

“Daar is geen rede waarom die provinsie se naam verander moet word nie, die Noordwes-provinsie word deur ʼn aantal probleme in die gesig gestaar, ʼn aantal munisipaliteite is onder administrasie en drie provinsiale departemente is ook onder administrasie,” het hy gesê.

Volgens Hattingh is die ANC besig om die aandag af te lei van dienste wat nie gelewer word nie en hy beskuldig dit party daarvan dat hy die naamsverandering wil gebruik om solank stemme te werf vir volgende jaar se munisipale verkiesing.

Die Noordwes-wetgewer het op 28 April ʼn resolusie aangeneem vir die naamsverandering. Gordon Kegakilwe van die ANC het op 21 April ʼn mosie in die wetgewer ter tafel gelê vir ʼn debat oor die provinsie se naamsverandering. Die mosie is op 23 April gedebatteer, waar die speaker van die wetgewer, Susanna Dantjie, die proses na die sitting van 28 April verwys het. Altesaam 22 lede het ten gunste van die aanvaarding van die resolusie gestem en vyf het daarteen gestem.

Dantjie het aangekondig dat die resolusie aan die parlement gestuur sal word om geprosesseer te word. Hierdie prosesse sluit in dat die saak na ʼn komitee verwys sal word wat met ʼn openbaredeelname-proses sal begin wat uiteindelik moontlik tot ʼn wysiging van die grondwet kan lei om die nuwe naam van die provinsie te reflekteer.

Premier Supra Mahumapelo het tydens sy provinsiale rede aangekondig dat die provinsie na die anti-apartheidsaktivis Moses Kotane hernoem sal word. Kotane is in 1905 in Tamposstad gebore. Hy is in 1978 in Rusland oorlede. Sy oorskot is op 1 Maart na Suid-Afrika gebring en hy is op 14 Maart in Pella herbegrawe. ʼn Hospitaal en ʼn munisipaliteit in Noordwes is reeds na hom vernoem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Jan ·

Plaas betaal hulle Eskom nou mors hulle geld op onnodige goed

Besorgde Noordwester ·

Plaas dink hulle eerder hoe om die skuld te delg. Nou wil hulle miljarde betaal om n naam te verander. Al die ander provinsies se waar is hulle gelee. Nou gaan almal wonder waar is ons!!!! Dit is so belaglik.

CHRISTAc ·

Met al die miljarde wat hulle vanaf 1994 op naamsveranderings spandeer het kon hulle ten minste 3 nuwe Eskom kragstasies gebou het!! AFRICAN NERDS COUNCIL!!!

Charlotte ·

Christa ek stem 100% met jou saam ,spandeer eerder daardie gelde om staats hospitale,klinieke op te gradeer maar nee as dit nie die naams veranderings of standbeelde wat moet wegdoen nie,dan is dit om die stem uit die volkslied te haal .

Berhalet Beukes ·

Siestog, om só ‘n probleem met jou eie kultuur te hê dat jy ‘n ander wil uitwis en jou stempel af druk deur alles se name te verander is pateties verby! Klomp mal swape! Julle gaan steeds as dom en onnosel geklassifiseer word as julle miljarde op snert wil spandeer! Julle steel net op ‘n ander manier! Bou julle eie dorpe met julle eie name op julle eie grond wat julle met julle eie geld gekoop het!

DIRK BOSMAN ·

Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoer Onderwys word die Moses Kotane Universiteit en Pukke word Kotsies.

Rynhardt ·

Die DA kla nou oor die miljarde wat dit gaan kos om Noordwes-provinsie se naam te verander, maar in 2014 het hy R100miljoen agter die verkiesingsveldtogte gegooi van Mmusi Maimane, nadat Zille vanaf Engeland teruggekeer het.Hoe verduidelik die DA daai klomp geld? Dit is nou die einste DA wat die versnelling van regstellende aksie goedkeur teen Afrikaners!Nou is die einste liberale DA skielik besorg oor die spandering van miljarde op Noordwes? Die einste DA weet net wanneer om hul stem dik te maak, dik te maak wanneer dit hul liberale pas.

bruce ·

Verskil is die DA gebruik nie jou belasting geld nie…slimmie….dink so bietjie voor jy praat!

Dave ·

bruce, ek hoop nie enigeen gaan tyd mors om jou te antwoord nie. Jy verdien geen reaksie nie. Gaan stem jy maar voort saam met Zille vir ‘regstellende aksie’ en hou jou uit kundige gesprekke.

Neptunus ·

Dis 100% waar Rynhardt, maar die meerderheid mense se oogklappe is met klinknaels vas, so vergeet maar daarvan dat hulle ander insigte kan ontwikkel hieroor. Hulle blêr maar saam die res van die trop en wil almal saamsing op een deuntjie, en wee iemand wat dit uit ‘n ander invalshoek benader. Mens moet óf saamskree met uitroeptekens óf saam simpatiseer met elke berig.

Theresa ·

Liewe hemel tog maar hierdie mense het GEEN benul hoe om met geld te werk nie. Hulle mors om elke hoek en draai.

Natie ·

Toemaar die blanke belasting betalers sal maar weer moet hoes. Tyd dat ONS dit stop.

Rynhardt ·

Slimmie Bruce, die DA gebruik nie jou belastinggeld nie? Hoekom dink jy gaan mense in die Wes-Kaap se erfbelasting gedurig op? Dit gaan om die liberale DA politici se astronomiese salarisse te betaal, slimmie! Die uittredende DA-leier het R150000p.m. gekry.Haar kinders en sy het ook R10000 gratis Anglo-American aandele gekry, maar dan mag ons Afrikaners nie n toekoms he nie, maar ons moet betaal dat ons bars! Bruce, ek het meer oor die DA geskryf vir die media en verstaan hul beter as jy! Die DA bly n anti-afrikaner party wat die Anc se transformasie handhaaf in die Wes-Kaap, soos vervat in Anc se vryheidsmanifes.

scalla ·

Daar is belangriker probleme wat aangespreek moet word, wat en wie is die moses has been, laat die morone iets positiefs oprig/bou en dit dan na die een vernoem, geen benul van bestuur.

Rynhardt ·

Bruce, ek skryf al langer oor die DA vir die media as wat jy iets van hul weet.Die DA gebruik nie ons belastingbetalers se geld nie? Hoekom dink jy betaal mense in die Wes-Kaap erfbelasting dat hulle hop? Dit is sodat DA politici kan leef soos konings! Die einste Helen Zille het R150000p.m.gekry! Sy en haar kinders het ook R10000 se gratis Anglo-American aandele ontvang, maar dan mag ons mense nie n toekoms he nie.Slimmie Bruce, daai is n nuwe een daai dat die DA nie jou belastinggeld gebruik nie.Daar is reeds sprake dat erfbelasting in die Wes-Kaap verder gaan styg met11%.

Ai tog ·

@ Theresa die is geleerde mense met “doktorsgrade” wat so onnosel is solank hulle geskiedenis tog net erken word sal hulle miljoene daarvoor mors. Since 1994 het die mense vryheid gekry wat hulle gesoek het, van toe af het hulle vrylik hulle koffers vol geld begin pak. En nog steeds moet daar geld gemors word. Die mense in Soweto wil nie vir dienste betaal nie hulle soek ‘n flat rate en die ander moet ten duurste betaal, sulke tipe goed word nie raak gesien nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.