Noordwes ondersteun Dlamini-Zuma om die ANC te lei

Nkosazana Dlamini-Zuma. Foto: ANA/David Ritchie

Die ANC in Noordwes het aangedui Nkosazana Dlamini-Zuma is hul voorgestelde kandidaat om in Desember die party se leisels oor te neem.

Die voormalige voorsitter van die Afrika-Unie en adjunkpresident Cyril Ramaphosa is die voorlopers om by Jacob Zuma oor te neem.

Die ANC in Noordwes het oor die naweek by sy provinsiale algemene kongres in Rustenburg Dlamini-Zuma genomineer en haar ondersteun as hul kandidaat vir die ANC-presidensie met Mpumalanga-premier David Mabuza as haar adjunk.

Ace Magashule, premier van die Vrystaat, is genomineer vir die posisie van sekretaris-generaal, Jessie Duarte vir eerste adjunk-sekretaris-generaal, Oos-Kaapse premier Phumulo Masualle vir tweede adjunk-sekretaris-generaal, minister van internasionale betrekkinge en samewerking Maite Nkoana-Mashabane vir tesourier en minister van kuns en kultuur Nathi Mthethwa vir nasionale voorsitter.

Die SAKP en die vakbondfederasie Cosatu ondersteun Ramaphosa.

Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, het verlede week gesê die regerende party sal “ʼn krisis ondervind” indien Zuma nie die leierskap aan sy adjunk, Ramaphosa, oorhandig nie. “As pres. Zuma weier om die leisels aan [Ramaphosa] te oorhandig, sal ons ʼn krisis beleef. Kom ons kry ʼn vrou vir die pos van adjunkpresident,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Leahim ·

Dit is nou as die anc die DA koalisieregering pak gee in die verkiesing.

Peet ·

Ek dink jy verwar die ANC presidentsverkiesing in 2017 met die Algemene verkiesing in 2019…

John ·

Ouma’s-presentjies is mos altyd gewild by kinders nes die feekoning in kabouterland. Daai sakkie vol goue blinkers strooi sy mos oraloor. En met haar ongelooflike fraai vlerkies kan en moet sy oombliklik vertrek na ver plekke waar haar hulp dringend nodig is. Die koningin se bronne is nimmereindigend en as sy haar armpies swaai, groei blommetjies net waar jy kyk en goue potte vol nektar verskyn op weelderige en oorlaaide tafels vol heerlikhede. Wie hou nie van so ‘n oumatjie in ‘neverland’ nie?

O krisis ·

Dit gaan die grootste ramp wees wat SA nog ooit getref het. AS julle dink ZUMA is useless, moet julle hierdie een beleef wat in ‘n paar jaar die hele gesondheidstelsel en hospitale vernietig het, ten minste vra Zuma raad, hierdie een dink sy weet alles met haar sogenaamde ‘kwalifikasie’. Persoonlik dink ek daar is meer steun vir Ramaphosa, maar nadat hy vertel het hoe lekker hy die WITTES KOOK In die pot soos paddas dink ek ook nie veel van hom nie …

MM ·

Wat het sy al vir SA gedoen – Niemand in enige party is meer die moeite werd om voor te stem nie – Maak n grrot XXXXX en dan tel jou stem nie – maar tenminste kan niemand jou stem steel nie.

HPV ·

Die ANC bestuurstyl behels, bestuur enige iets in die grond in en ‘n lekker bevordering wag vir jou. Kom kyk hoe lyk die Mangaung Metro, ‘n sprekende voorbeeld.

Christo Visagie ·

Mag ons liewe Vader vir ons baie Genade gee as dit gebeur.

Janee ·

Al wat sy bied is (nog) arrogansie, rassisme, onbekwaamheid,korrupsie ens ens.

Lance ·

Die voordeel van haar is,sy
gaan ń groot mark vir beet skep.Boere gaan baie baat vind met haar saam.

Alida ·

Dit was nie sy wat beet voorgestel het vir vigs nie. Sy is dood. Nietemin hier is nog ‘n ramp wat wag om te gebeur as sy op ENIGIETS verkies word.

Petra ·

From bad to worse. Zuma vra nie eens nie. Hy doen net, hierdie een gaan dieselfde wees. Miskien moet sy die kopdoek voor vasmaak dalk vang sy die SABC kanaal op dan kan hulle haar help

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.