Noordwes-onnie in hof ná beweerde aanranding

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 55-jarige onderwyser het in ʼn hof in Noordwes verskyn op aanklag dat hy ʼn negejarige seun aangerand het deur ʼn balpuntpen tussen sy twee vingers in te druk.

“Die onderwyser het Maandag in die Mogwase-landdroshof verskyn,” het maj. Pelonomi Makau, woordvoerder van die polisie, gesê. “Hy is vrygelaat op borgtog van R500.”

Makau het gesê die saak spruit uit ʼn voorval wat verlede week Donderdag op 28 Januarie by ʼn laerskool in Moruleng plaasgevind het. “Die kind is na ʼn hospitaal geneem met ernstige beserings.”

Die saak is tot 23 Februarie uitgestel vir verdere ondersoek. “Hy staan tereg op aanklag van aanranding met die doel om ernstige liggaamlike skade aan te rig.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

DPJ ·

O die onnie ek glo nie hy wou hom erenstig beseer nie.
Het seker net verkeerd tugtings metode getrou.

Mariaan ·

My gevoel is omdat kinders nie meer in skole en huise getugtig mag word dat die arme onderwyser ook keelvol raak van kinders wat baie arogant is en geen repek vir hulle medemens het nie. Bring lyfstraf terug en al die probleme is op n einde en daar gaan weer respek en dissipline onder die jeug wees.

Soo gese ·

…..as die onderwysers hulle tugtig sal hulle moontlik kwyt geskel word as rassiste …..julle weet mos hoe gaan dit in die land

Frederik ·

Hy het ‘n balpuntpen tussen sy vingers ingedruk en hy’s ernstig beseer ?? Moeilik om te glo.

Paul ·

Frederik, probeer dit gerus self. Vat ‘n pen of potlood en sit dit tussen jou vingers naby jou hand. Druk dan jou vingers teen mekaar met jou ander hand, sodat die vingers teen die potlood druk. Pasop net, jy breek so sommer maklik ‘n vingerbeentjie!

Chris W ·

Hy’t die kind ernstig beseer deur die balpunt pen tussen sy vingers in te druk?Dis lagwekkend!Ons graad 2 onderwyseres het ons getugtig met ‘n hout vloer blokkie deur ons op ons koppe daarmee te slaan dat ons knoppe op ons koppe gehad het destyds en daar het geen haan oor gekraai nie!Eks bly ek het nooit ‘n onderwyser geword nie – geen wonder meer as 14,000 het begin 2015 summier bedank nie!!My swaer is een van hulle.

Hannelie ·

Ek stem saam jou Chris W. As ek ‘n onderwyser moes gewees het, het ek self ‘n paar kinders getugtig. Want vandag se kinders het GEEN maniere, want hoekom, want hulle word so grootgemaak deur hul ouers. Na skool kan jy maar kyk wat word van daardie kinders. Niks. Hulle kom nêrens. Hulle is die boelies in die skool, ek ken sulke kinders. Die “wash outs” hulle dink dis vreeslik “cool” om snaaks te wees en in te wees.

poplap ·

Ironies hoe gretig mense is om die onderwyser te verdedig. As die kind so beseer is dat hy moes hospitaal toe dan verstaan ek nie regtig hoe mense dit as reg kan beskou nie. As dit my kind was het ek daai pen ingedruk waar die son nie skyn nie

Lindie Lourens ·

Poplap, ek wonder maar net waarom die onderwyser tot sulke uiterstes moes gaan!!!
Jy is of was duidelik nie in die onderwys nie.

Lindie Lourens ·

Maar nou wonder ek ook wat ‘n negejarige met ‘n balpuntpen moet maak!!!

Danie Kok ·

In hierdie land steek laerskoolkinders mekaar by die skool met messe, beoefen seks, gebruik dwelms ens, ens. Ek wonder of Poplap besef hoe dit werklik in die oorgrote meerderheid van ons skole deesdae gaan en dalk moet sy wag tot AL die feite oor hierdie saak op die tafel is voor sy so geesdriftig op haar vurige perdjie klim…

Jaco Grobler ·

Ek het ook al so gesê, maar dink daaraan, mens sal nooit kommentaar kan lewer nie, jy sal in jou kar moet klim en hof toe ry, want selfs al word daar weer berig gedoen, is dit nie omvattend nie, en dus het jy nog steeds nie al die feite nie. Ek het ‘n sterk vermoede dat die polisie, en selfs die verdediging ook nie oor al die feite beskik in meeste gevalle nie. Jy vorm mos ‘n opinie oor dit wat jy lees ?

Liewe Heksie ·

eina maar ek moet by se daar is soveel brat’s daar buite en hoe moet een onderwyser 42 kinders in toom hou as baie ouers daar buite nie eers hul arme een kind maniere kan leer nie daai ouderdom kan hul nogals onbeskof en vieslik met hul ouers wees Maar laat ek stilsit en wag vir die hele storie dan praat ons weer

AmY ·

Wonder net wat gaan in ons huise gebeur as jy binnekort nie eens meer jou kinders by die huis mag tugtig nie? Ek wonder of ons selfs toegelaat gaan word om hulle te hok of selfs kamer toe te stuur?
Op skool is ons ook soms op ons knieëvoor die swartbord laat staan en dit oorleef! Soms is ons drie keer ‘n dag in verkillende klasse geslaan en ons het nooit ons ouers daarvan vertel nie., want ons sou by die huis weer pakslae gekry het.

Laurika ·

My twee kinders is in Gr 10 en Matriek. Hul is ook skoolgaande by ‘n baie ordentlike semi-privaat skool, en as ek so luister wat hulle my sê die kinders kwyt raak en hoe hulle met die onderwysers praat, sou ek as onderwyseres nie ‘n dag gehou het nie. Dis seker nie ‘n geval van onderwyser wat sopas sy humeur verloor het en hom met ‘n pen gesteek het nie. Dit is seker ‘n geval van ‘n dissiplinelose ongemanierde onopgevoede kind wat daagliks die onderwyser se lewe versuur. Sy ouers hom seker geen respek geleer nie. Onderwysers is ook mense en kan ook net soveel verduur.

Anoniem ·

Wonder wat het die kind gedoen sodat onderwyser so moes optree…. Vandag se kinders is rof en grof, geen disipline…maak net wat hul wil!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.