Noordwes optimisties oor reën om droogte te verlig

Argieffoto (Foto: Antranias, Pixabay)

Argieffoto (Foto: Antranias, Pixabay)

Die provinsiale regering in Noordwes is vol vertroue dat reën in die provinsie die droogte sal verlig wat as die ergste droogte in jare beskryf word.

Volgens die Suid-Afrikaanse Weerdiens is daar ʼn goeie kans op nog reën oor die provinsie heen vir die volgende sewe dae.

“Ons verwag 60% kans op reën oor die provinsie heen. Donderdag en Vrydag is daar ʼn 60% – 80% kans op reën in die oostelike deel van die provinsie, insluitend gebiede soos Potchefstroom, Rustenburg, Mahikeng en Klerksdorp,” het weervoorspeller Christiana Thaele gesê. “Die provinsie kan tot 40 mm reën te wagte wees in dié gebiede.”

Jackie Rikhotso, hoof van die provinsiale rampbestuursentrum, het die nuus verwelkom en gesê die provinsie het minstens drie goeie reënseisoene nodig voor dit na normaal sal terugkeer. “Ons is nog diep in die droogtetoestand. Damme in Schweizer-Reneke en Swartruggens is heeltemal droog. Ons het 157 gesinne wat afhanklik is van tenkwater. Ons het ongeveer 30% van die oes verloor en 40 000 vee.”

Rikhotso het gesê hulle het R38 miljoen geallokeer vir landbou-droogteingryping en om 29 000 boere in die provinsie by te staan nadat premier Supra Mahumapelo die provinsie as ʼn rampgebied verklaar het kragtens die Wet op Rampbestuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

3 Kommentare

Jan maak n Plan ·

Van wanneer af bekommer die Noordwes Regering hom oor die droogte en die uitwerking daarop veral op die boere.

Peet Schabort ·

Ek mis my windpomp (argieffoto) nadat ek verhuis het. Daardie rustige klopgeluid gedurende die nag terwyl die wind waai. Indien jy dit nie beleef het sal jy nie weet waarvan ek praat.
Ek het ook die voorreg gehad om ‘n windpomp op te sit en hoe ek en Moses met die kop teen die leer van die windpomp stadig maar seker opbeweeg het totdat die kop in posisie was.
Toentertyd het jy betaal vir die boorgat, die windpomp en toerusting asook die instandhouding. Sou jy sonder water sit was dit jou probleem en nie die mislike paliteit. Daar was ook nie elektrisiteit op ons dorpie en ek het eers dit ervaar op hoërskool. Natuurlik was die toilet buite wat vandag die haatlike “bucket system” is wat mense kwansuis “dehumanise”. Ek het daarvan net mooi niks oorgekom maar vandag word jy nie geglo want alle witmense het in weelde geleef hulle hele lewe lank.

Theunis Krugerl ·

Blanke boere sien nie ‘n sent van daardie geld nie. In die verlede het admin en ander kostes tot 60% beloop, wat mee bring dat slegs 40% en minder effektief by bestaans en opkomende boere uitkom. Dit alles sodat die Noordwes Tesourie ‘n “skoon oudit” kan kry. Kommersieële boere het hulp net so nodig. Voer, vervoer van voer is krities vir alle vee boere, veral in die westelike dele is GEEN weiding beskikbaar nie. Voer is onbekombaar. Diere vrek op strepe, wat ‘n enorme ekonomiese impak op boere het en min van hulle gaan oorleef. Ek wens net dat die “eenoog regering” sal besef dat droogte nie vra wat is jou velkleur nie. Verder dra opkomende boere nie een sent bydra tot die staats koffers nie, en staan na my mening verder in die ry, as hulp uitgedeel word.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.