Noordwes-plaasaanval: ‘Swaard in man se keel afgedruk’

Argieffoto: Reint Dykema

Argieffoto: Reint Dykema

Twee mans is beseer nadat hulle Donderdagoggend op ʼn kleinhoewe buite Rustenburg deur gewapende rowers oorval is.

Sers. Kelebogile Moleko, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê vyf verdagtes het toegang tot die huis verkry deur die veiligheidsdeure oop te breek.

Volgens ʼn betroubare bron het die aanvallers ʼn samoerai-swaard in Rodger van Parys (71) se keel afgedruk. Een van Van Parys se huurders, Mario van Wyk, het hom teen die aanvallers teëgesit en is in die bobeen geskiet. Van Parys en Van Wyk is albei in die hospitaal opgeneem.

Die aanvallers het soveel moontlik van die huishoudelike inhoud op Van Parys se Mitsubishi Colt-bakkie gelaai en gevlug. Moleko het bevestig dat die bakkie steeds gesoek word.

Geen verdagtes is nog in hegtenis geneem nie. ʼn Saak van huisbraak en poging tot moord word ondersoek, het Moleko gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

pietie ·

as die sward in iemand se keel afgedruk is, hoe is daar niemand oorlede nie ?

Winston ·

Weereens n aanval met erge rassehaat. Geen gewone krimineel doen dit aan n slagoffer nie. Of het ons hier te doen met psigopate?

Eddie ·

Nee vrek waar gaan hierdie land van ons heen. Hulle moet die doodstraf terug bring. Daar is niks wat sulke genadelose goed stop nie.

Conrad ·

Knap gesê Lappop. Ek dink as mens die skelm sien voor hy jou kan aanval, vra jy nie vrae nie, jy verdedig jouself al kos dit die dood. Hulle toon absoluut geen genade nie, so hoekom moet ek!

ladybug ·

En die regering hou vol dat hierdie aanvalle nie rassehaat is nie!!! Op watter planeet leef die lot?

Mel ·

Die mense bly agter ons, dit is snert! Die swaard was nooit in sy keel af gedruk nie. Mense is gou om stertjies aan te las net om n storie goed te laat klink. Hul het wel by die huis opgedaag met die swaard.

Gideon ·

Mel, klink vir my jy is vreeslik slim en naby die perseel! Hoekom het jy nie gaan hulp verleen tydens aanval nie, ipv om jou nou soos ‘n dokter te gedra nie!

yvonne meyer ·

Dit is die ergste wat ek nog gehoor het. Hulle is altyd meer as een

Sharon (Huurder op plaas waar aanval plaasgevind het) ·

Mel dis nie “snert” nie was jy daar soos ek wat die mense gehelp het en self met die mense en dokter gepraat het en beserings gesien het ens ens?! Dit was Roger se eie Samoerai swaard hul het hom eers gesny aan die kant van sy nek en toe die swaard ongeveer 15cm in sy keel afgedruk. Hul het met die swaard gevlug net skede het hul gelos ekt fotos daarvan. So mense as jul so vinnig wil kommentaar lewer wees seker van JUL feite. Die helte van die ontbeuringe is nie eens in die media verslae genoem nie… Ook wens ek niiemand so n situasie toe die trauma en beserings en skade en verliese en nagevolge is hartverskeurend en gooi jou hele lewe in tru rat en baie kommerwekkend… Ek se net dankie Here dat nog twee witmense “ons” mense so n barbaarse voorval oorleef het…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.