Noordwes-polisie behaal sukses teen veediewe

Argieffoto

Die veediefstaleenheid van die polisie op Sannieshof in Noordwes, in samewerking met polisiebeamptes van Bloemhof, het die afgelope week vier verdagtes in verband met veediefstal in hegtenis geneem.

Dié vier is Woensdag aangekeer nadat die polisie inligting oor vermoedelik gesteelde vee opgevolg het en later talle huise in die woonbuurt Boitumelong by Bloemhof deursoek het, sê lt.kol. Amanda Funani, Noordwes-polisiewoordvoerder. Tydens die soektog het beamptes op drie karkasse en een skaap afgekom.

Donderdag het beamptes hul soektog voortgesit en ʼn karkas in een van die huise gekry.

Die verdagtes, Piet Motlhoiwa (40), Tumisang Mangena (18), Moses Tlale (21) en Fena Duiswil (21) het Vrydag vlugtig in die landdroshof op Bloemhof op aanklagte van veediefstal verskyn. Hulle word aangehou tot hul formele borgtogaansoek op Vrydag 2 November.

Nadat die polisie verdere ondersoek ingestel het, kon hulle die verdagte Motlhoiwa met die diefstal van ʼn bees op Donderdag 23 Oktober verbind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Andrea ·

Ek besef net elke dag meer en weer dat ons handjievol NIE hier tussen miljoene wat ons haat en daarop uit is om ons te vernietig- insluitende ons besittings en lewensmiddele- kan aanhou leef nie. Bestaan dalk, in klein enklawes, toegesluit agter hoë mure met n wapen in die hand. Maar nie lééf nie. En dit wil ek nie v my kinders en hulle kinders hê nie.

Sarel ·

Baie dankbaar, egter nog nie n sukses nie . Sukses is eers behaal met n skuldig bevinding. Met laasgenoemde is daar in NW selfde sukses .

SjN ·

Dankie Sapd se veediefstal eenheid, net jammer hulle loop more weer vry rond en gaan aan met die stelery. Kan daar nie vir eens n voorbeeld gemaak word met die skelms nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.