Noordwes-polisie haal uit en wys

Argieffoto

Die polisie in Noordwes het laat hoor dat hul onverpoosde pogings vrugte afgewerp het toe altesaam 276 verdagtes tussen Woensdag 10 Oktober en Donderdag 11 Oktober in dié provinsie vasgetrek is.

Kapt. Sam Tselanyane, woordvoerder van die polisie, het gesê dié inhegtenisnemings sluit 147 verdagtes vir nuwe sake en 129 vir vorige sake in.

“Onder dié wat in hegtenis geneem is, is 111 vir aanranding met die doel om ernstig te beseer en gewone aanranding. Die ander sluit 30 vir roof, 21 vir kwaadwillige saakbeskadiging, 21 vir diefstal, 15 vir verkragting, een vir moord en 21 vir huis- en sakerooftogte in. Altesaam 52 van die sake is vir misdaad teen vroue en kinders,” het Tselanyane gesê.

Die verdagtes is volgens Tselanyane in al sewe polisiëringsgebiede in die provinsie vasgetrek en sal na verwagting Maandag in onderskeie howe verskyn.

Lt.genl. Baile Motswenyane, provinsiale polisiekommissaris, het gesê dié inhegtenisnemings behoort as waarskuwing vir oortreders te dien dat daar geen plek vir hulle is om weg te kruip nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

WH van der Merwe ·

Het nou eenkeer gebeur en met n waarskuwing aan die misdadegers,so wanneer gaan dit weer gebeur?Een keer maak nie die midadegers skrik nie net meer skelm

Veronica ·

Nou hoekom kan meer provinsies dit nie ook doen nie!? Mooi so! Moenie stop nie! Bou meer tronke en geen parool!

So Positief ·

Dis wonderlik ja, en die tronke is oorvol, en die hofrolle ook

AW ·

“Because we don’t have enough prisons, and because our prisons are overcrowded, people try get out as early as they can.
This is not desirable.
Early release means that they haven’t served their sentence, and have not experienced any retributive or rehabilitative effect.
Currently, a prison sentence is no disincentive to stop committing offences, and as this situation perpetuates, it is breaking the back of the police service.
Fixing South Africa’s prison system would be a huge job.
A back-breaking, monumental task.
But there is no task more worthy of doing. The idea of imprisonment is punishment, but the broader notion is rehabilitation, and this doesn’t happens in South Africa.” (Page 92 & 93)

(Rule of Law by Glynnis Breytenbach with Nechama Brodie : 2017)

Lizelle Wessels-Hendriks ·

Dit is wonderdlik maar ook hartseer dat die SAP slegs meer moeite doen met misdaad wanneer dit verkiesingstyd is. Die bekampong van misdaad behoort nie as bemarking vir die ANC te wees nie. Maar nogtans dankbaar dat iets gebeur.

Gemakserde Sopbeen ·

En wat gaan julle nou met al hierdie gearresteerdes maak? Die howe is pateties ver agter met sake, want alles word net uitgestel en uitgestel en uitgestel……..dossiere raak weg, getuies verdwyn of word gedreig, intimidasie word gepleeg, aanklaers word ge-bribe, tronke is oorvol………so wat gaan julle met al hierdie gearresteerdes maak? Jip….julle gaan hulle net weer loslaat om aan te gaan…

G..vol ·

Stem volmondig met jou saam. Publisiteitsfoefie? Vals reklame vir die verkiesing? Ens…. En ja, ek is g.vol, soos baie ander!!!

Nikita ·

Dis reg buig daai boompie terwyl hy jonk is! Gee sommer vir hulle gemeenskap diens strawwe werk om te doen. Sal hulle uit die kwaad hou en hopelik leer hulle n les!

Hanna Hoekom ·

Nou hoekom is dit nuus? Was dit dan nie nog altyd die polisie se werk om kriminele vas te trek nie? Vra maar net… Kan ons asb n opvolg-artikel kry oor hoeveel van daardie kriminele uiteindelik tronk toe gestuur is?

Gideon ·

Wel gedaan maar maandag is hulle weer op straat dis hoe dit is in sa. Skiet net dood dis al hoe hulle uit die samelewing gaan kom

Estelle ·

Maw, die ander 364 dae van die jaar kan ons dan aanneem dat julle laks is en nie jul werk doen nie? Indien soveel vermag kan word in 24 uur… hoeveel te meer nie wanneer daar elke dag daadwerklik opgetree word nie. En dan aan die ander kant… hoekom enigsins ñ poging aanwend wanneer hulle oor ñ week weer vry rondloop.

Staak saam ·

Dit is n tragiese toestand waarin n land verkeer as dit groot nuus is wanneer n man die werk doen waarvoor hy aangestel is.

Jana ·

Wat jy lees in die nuus van die polisiemag vorm jou siening en opinie van hulle. Ons lees gereeld genoeg van korrupte polisielede wat nie hulle werk doen nie. As dit al is wat jy lees gaan jy natuurlik glo dat daar nie goeie polisielede is wat wel hulle werk ernstig opvat nie. Daarom moet daar berig word oor dit wat hulle regkry ook. Ons voel oorweldig deur misdaad in ons land. Dis goed om te weet misdadigers word wel vasgetrek.

Westing ·

En more is almal weer op straat om hulle nasionale sport voort te sit om te moor en te plunder

Geweeg en te lig bevind ·

Twak. Hierdie is niks anders as toneelspel om die buite wêreld onder die indruk te bring dat misdaad wel bekamp word in SA. Snaaks dat al die skurke skielik vasgetrek word en nuusberigte daaroor so volop is terwyl Afriforum op ‘n bewusmakings veldtog in die buiteland is.

Jana ·

So as hulle nie misdaad bekamp nie is hulle sleg. As hulle wel misdaad bekamp is hulle sleg. Wat wil jy hê??!!

Andre ·

Sal graag wou weet hoeveel skuldig bevindings daar sal wees agv die arrestasies.

Kyk in die spieel ·

Mooi so nou moet hulle net die kriminele in hulle eie geledere ook vastrek.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.