Noordwes-polisieman beseer tydens skoolbetoging

Argieffoto Foto: SAPD, Facebook

Argieffoto Foto: SAPD, Facebook

ʼn Polisiebeampte is Donderdag beseer tydens ʼn betoging by ʼn skool in Noordwes.

Kol. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, het gesê beamptes is na Thuso-Thebe High School in Tlakgameng naby Ganyesa, om ʼn roetine soektog uit te voer en beslag te lê op leerlinge se selfone en gevaarlike wapens.

“Die leerlinge het die beamptes aangeval,” het Mokgwabone verduidelik. “ʼn Polisiebeampte is tydens die voorval beseer. Beamptes van die openbare orde-eenheid is ontbied om die situasie te beheer.”

Volgens Mokgwabone het die leerlinge ook amok gemaak en eiendom beskadig.

Verdere inligting is nie dadelik beskikbaar nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Stefaans ·

Die polisie moet nie hul selfone, messe en rookgoedjies vat nie, dit vorm deel van standard skooltoerusting.

Pik ·

Hoekom alles af gebreek en beskadig moet word weet nugter alleen kan niks oppas of onderhou

Karen van Zyl ·

“eke..” dit is skool kinders? ek is wragtig verbaas want hierdie generasie moet eendag in hierdie land werk ensv. kan jy indink wat dan gaan gebeur. Wel as ek gedink het dinge is nou erg gaan ek nog lekker verbaas word.

Hasie ·

Uiters pateties. Indien al die geld wat deur regerings mense geteel is liewer aangewend kon word aan studente opleiding, sou ons al in ‘n baie beter land gewoon het. Probleem begin by Jacob.

Karen van Zyl ·

Skool kinders het ‘n polisieman aangeval, lees ek reg? SKOOL kinders? Waarheen gaan hierdie land, sjoe!

Karma ·

@Karen van Zyl – jy moet ook nou net onthou dat dié “kinders” is letterlik nie meer “kinders” nie, maar hulle is nog altyd op skool, want hulle sukkel tot 3 jaar aaneen om een graad te slag, voor hulle dan maar eerder net deurgesit word. Van die “kinders” op sekere skole is al 21, dan probeer hulle nog graad 11 deurkom!

Karen van Zyl ·

Al wat ek weet is dat hierdie generasie eendag in hierdie land gaan werk ensv. ek het gedink dinge is nou lelik maar lyk my ek gaan nog meer verbaas word.

vierkleur ·

word al van jongs af geleer om amok te maak,ne. Dan word daar so groot storie gemaak van die foto waar die polisie n skool kind dood geskiet het, in die apartheidjare.
Hulle was ook heel mootlik aangeval,en het uit self verdediging op getree

Raymond Bastone ·

Dit is ń tekort van dissepliene bring die sambok terug en disseplieneer hulle

Connie ·

Ek is met stomheid geslaan. Hulle is ons toekomstige leiers?

Veritas ·

Dit is skrikwkkend om te dink dat hierdie ongedisiplineerde kinders eendag kinders moet grootmaak. Daar is heel duidelik geen wet en orde in dié samelewing nie want kinders na-aap dit wat hulle sien en ervaar. Dit sal interessant wees om die matriekuitslae van dié skool onder oë te kan neem.

Corrie ·

Kla hulle aan van regsverydeling en aanranding met die doel om ernstig te beseer. Maak ‘n voiebeeld van hulle sidat dit ander lummels afskrik

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.