Noordwes-premier ‘se lewe in gevaar’

Supra Mahumapelo, premier van Noordwes. Argieffoto: ANA

Daar is dreigemente om Supra Mahumapelo, die premier van Noordwes, en sy familie te vermoor, het die premier se kantoor Vrydag gesê.

“Hierdie skokkende inligting is onder Mahumapelo se aandag gebring deur bronne wat bekommerd is oor pogings om hom stil te maak,” het Brian Setswambung, sy woordvoerder, gesê. “Die bronne, van wie die identiteit in dié stadium nie bekend gemaak kan word nie, het dit aan die lig gebring dat die planne om hom en familielede te vermoor, polities gedrewe is.”

Setswambung het gesê volgens die bronne is die meesterbrein agter die plan ʼn voormalige werker van die premier en werk dié glo saam met ʼn sindikaat om die planne uit te voer. “Hierdie dreigemente sal my nie weerhou om die mense van Bokone Bophirima [Noordwes] te dien nie. Dit sal my eerder dryf om harder te werk en dienste aan die gemeenskap te lewer,” het Mahumapelo in ʼn verklaring gesê.

Mahumapelo het in Oktober vir die ANC se provinsiale algemene raad gesê hy weet van nege mense wat hom dood wil hê.

Eunice Legalatladi, ʼn voormalige raadslid van die Mahikeng- plaaslike munisipaliteit, is in Oktober tot vyf jaar tronkstraf gevonnis nadat sy in die Lehurutshe-streekhof skuldig bevind is aan sameswering om Mahumapelo om die lewe te bring.

Dit volg kort nadat ʼn man in Augustus vanjaar ook in hegtenis geneem is in verband met SMS-doodsdreigemente wat aan Mahumapelo gestuur is. Mahumapelo het ’n saak van intimidasie aanhangig gemaak nadat hy doodsdreigemente op sy selfoon ontvang het. Die verdagte is deur die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) in Noordwes vasgetrek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

zoom zoom ·

Spog hy of kla hy. Sekerlik is dit baie meer as net nege.

neels ·

Huh dit kom nou uit net voor die A en C se verkiesing , soek hy simpatie of n verskoning as hy nie vir n ander posissie ingestem word nie. Gerugtewil dit he dat hy ook soortgelyke geraamtes in sy kas het.

Andre ·

Die man doen blykbaar iets goed. Daar is ander leiers waar die nommers aansienlik groter is.

SjN ·

Met sy uitsprake is daar definitief meer as nege mense, jy moet wys kyk

Ronnie ·

Ag, jammer man! As mens die dag sò gewild is soos jy, is hierdie deel van die pakket. Deal with it. So: jy gaan aanhou met dienslewering? Dis sò edel van jou.

Boet Fasie ·

Is dit voorspraak vir nog persoonlike lyfwagte met meer blouligte – shame ons harte klop custard

Casper Labuschagne ·

Net toe ek dink koerante en nuusmedia berig nooit oor positiewe stories nie, toe lees ek het daar is ‘n komplot om die Premier van die Noordwes te vermoor. Wys net ek was verkeerd….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.