Noordwes-regering wil wegdoen met watertenkstelsel

Watertenks vir Noordwes ter illustrasie. Foto: African News Agency

Watertenks vir Noordwes ter illustrasie. Foto: African News Agency

Die Noordwes-provinsie sal begin om stelselmatig die watertenkstelsel uit te faseer, het Supra Mahumapelo, die premier, Vrydag gesê.

“Die gebruik van watertenks sal stelselmatig uitgefaseer word en die regering sal liewer ʼn boorgat-boormasjien aankoop en vir water boor,” het hy na ʼn vergadering van die provinsiale uitvoerende raad gesê.

“Die watertenkstelsel kos ons baie geld. Die Ngaka Modiri-distrikmunisipaliteit bestee R20 miljoen per maand deur hierdie stelsel te gebruik, terwyl ʼn boormasjien ongeveer R1,5 miljoen tot R2 miljoen sal kos.”

Mahumapelo het gesê die raad het ooreengekom ʼn gedeelde-dienstemodel sal in die provinsie ingestel word om die duplisering van dienste tussen munisipaliteite en die provinsiale regering uit te skakel. “Niemand sal hul werk verloor nie. Ons sal net die stelsel integreer,” het hy gesê.

Die provinsie sal ook ʼn prestasie-meganisme gebruik om korrupsie uit te wis en sal enigiemand wat buite die wet optree, aan die pen laat ry. Volgens Mahumapelo het die provinsiale blitslyn, waar klagtes aangemeld kan word, al 445 sake ontvang, waarvan 400 opgelos is. Die sake wissel van geringe voorvalle tot korrupsie.

“Die grootste probleem was veediefstal. Ons het voorgestel die polisie hou padblokkades op paaie wat lei na plekke waar veilings gehou word. Ons het ook voorgestel mense wat beeste in informele nedersettings koop, moet ʼn kwitansie ontvang wat deur die plaaslike stamhoof en die polisie onderteken is,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

M A ·

Ek sou wat wou gee om n watertenkdiens te hê. Ons het nie munisipale water nie. My boorgat het net soos laas winter opgedroog en 7 pogings om water op ander plekke raak te boor was vergeefs. Koop maar die boormasjien maar as daar nie water is nie, dan help dit niks nie.

Johan Fourie ·

MA ek stem 100% saam met jou en moet nie vergeet,
nie hulle gaan die boorgate plunder en verkoop vir skroot yster ,Moet my nie se hulle gaan dit onderhou nie want dis al oor en oor bewys hulle is nie bevoeg om dit te doen nie,dan is ons net weer trug by die water tenks.So Mnr die premier gaan dink goed daar oor voor julle ontslae raak van die water tenk en maar net weer op n later tyt weer nuwwe moet aan koop.En ons belasting betaller moet net weer die las drae..

john samuel ·

Maar as daar nie later weer geleentheid is vir n lekker watertenk tender nie dan is daar Geen geleentheid om weer bietjie tender-vet aan die blink basse te smeer nie…

Wat-ek-lees ·

Wensdenkery sonder beplanning of navorsing soos M A en Johan sê.
Volgens die kader boor jy net ‘n gat en kry water !!! Mens kan agterkom hy weet niks en werk ook nie met sy eie geld. Natuurlik gaan hy reeds met die boor van die gate ook terselfdertyd die tenkwaens begin verkoop. Ek het nuus vir hom . . .

snoefie ·

die erfbelasting- en-munisipaledienste-betalers dra die koste van die water wat die watertenkers gratis en mahala aanry. asook die tenkers wat daardie water gratis en mahala aanry. mnr die premier wys asseblief aan ons, die belastingbetalers hoe die ontvangers van daardie water daarvoor gaan betaal.

Jaco Grobler ·

Boorgate word vir al meer as 2 eeue gebruik. Welkom in die jaar 0 Supra!

dromer ·

En miskien boor julle dan sommer ook die Kruger miljoene raak. Dan het almal geld en hoef niemand dan ooit weer te werk nie! So maklik soos dit. Ek het ‘n boormasjien. Waar kan ek my tender indien? Iemand kan mos hieruit ‘n pondjie verdien. Of is die woord pond TE imperialisties? Miskien moet ek die woord zim dollar of azanian dollar gebruik. (as daar so iets bestaan)

John ·

Amper alles bogronds is al geplunder, nou word die amper niks wat onder le, ook geteiken. Die’ boordery het dalk meer te make met die soek van minerale. Dan kom die lee vragmotors in rye staan om die nuut gevonde ‘watertjies’ weg te karwei. En die waterwyser is sonder sy joppie.

Jan maak n plan ·

Ja die klomp slimmes aan bewind. I.p.v. Om die watersuiwerings aanlegte te herstel en op te gradeer asook die riviere en damme skoon te maak en skoon te hou soek ons net nuwe water. Verder loop die riool oral oor in die veld af.

Frederik ·

Die bra Supra moet ook nie dink dat mens die boormasjien enige plek kan staanmaak en daar gaan water uitkom nie.

Aitoggie ·

Iemand gaan eers lekker geldmaak uit die boorgate wat hul boor wat droog is, want hulle gaan n wateraanwyser kry wat niks weet daarvan nie (familielid of vriend??). So na n klomp miljoene bestee daaraan, sal hulle dalk iemand probeer kry wat dit wel kan doen. Dis mos hoe dit gaan in S.A.

Plaasmeisie ·

In watter kamma land bly jy mr supra lees gerus my kommentaar by skaapdiewe , nog nooit gehoor van die lyn stuur gerus nommer sal hom so warm bel hy sal uitbrand

Dors ·

Nou het julle die boorgat en die pomp. En nou, stap die mense van heine en verre met emmers na die waterbron? O genade, bring terug die tenkers!

Sam ·

Kom ons kyk of my opinie NOU geplaas sal word.

Julle ALMAL kerm en moan en groan , maar hier probeer iemand om MINDER miljoene weg te gooi en 19 miljoen te bespaar, maar daaroor worry julle belasting betalers NIKS. Nie een van julle wil die wiskunde verstaan nie. Dalk kan hulle die trokke STEEDS gebruik.
Maar kla en kerm die sal julle, sal nooit die liggie sien wat wel oor julle skyn nie. WAT het JY klakous gedoen om die water kwessie op te los? Waar het JY meneer kermkous gaan volunteer uit liefde nie uit nydigheid nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.