Noordwes se direkteur-generaal bedank

Dr. Keneilwe Lydia Sebego. Foto: Facebook.

Dr. Keneilwe Lydia Sebego, direkteur-generaal van Noordwes, het bedank.

Die premierskantoor het dié nuus Donderdag bevestig en gesê Sebego tree ná 30 jaar uit die openbare dienste.

Sy is sedert 2015 in dié pos werksaam en Vrydag 31 Augustus sal haar laaste dag wees.

Premier Job Mokgoro het haar beskryf as ʼn beslissende en dapper leier met ʼn skaars vermoë om op operasionele en strategiese vlak te bestuur – selfs binne die onstuimige omgewing waarbinne sy gewerk het.

Mokgoro het gesê dit was vir Sebego ʼn baie lang reis met gemengde ervarings.

Sebego het tydens haar uittree-vergadering gesê die verantwoordelikheid om strategiese leierskap te verskaf word aan beamptes in die premierskantoor toevertrou.

“Hou asseblief aan lei en neem besluite wat die probleme van vandag aanspreek. Ek gaan nou, want dit is tyd vir my. En as ek weer hier kom, moet ek ʼn veranderde plek aantref omdat júlle hier was,” het Sebego gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Leon ·

Mmmmm……………… as die vuur begin warm word…………………………

PJC ·

As ń mens sien hoe lyk di ge in hierdie provinsie kan jy nie anders as om te lag oor hoe die kaders mekaar aanprys nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.