Noordwes se munisipaliteite bly ‘n rampspoedige verleentheid

(Argieffoto)

Die provinsie Noordwes het uiteindelik aan die Nasionale Raad van Provinsies verslag gedoen oor die stand van die bestuur in die provinsie se 23  munisipaliteite. en selfs die mees positiewe sonskynmens sal moet toegee dat daar geen enkele brokkie goeie nuus of enige hoop uit die hele verslag te haal is nie – dit is ʼn volkome verleentheid en ʼn algehele gemors.

Ten spyte van die haas ondenkbare onkunde, leuens en domastrantheid wat weens die morele verrotting en werklik patetiese onbevoegdheid van die ANC (die ANC het volstrekte meerderheid in elkeen van die 23 munisipaliteite) het daar eintlik geen tasbare of prakties implementeerbare plan ter verbetering van die regerende party gekom nie, asook geen teken van behoorlike, gestruktureerde straf aan oortreders of selfs die geringste erkenning dat dit die ANC is wat die probleem is in Noordwes.

Van die 23 munisipaliteite is 14 tans onder administrasie of was tot baie onlangs onder administrasie. Die rede vir die twyfel in die bewoording van die voorafgaande sin is dat dit volgens alle aanduidings lyk of die provinsiale regering nie eens daarin kan slaag om iets so uiters basies soos om ʼn stadsraad onder administrasie te plaas kragtens art. 139 van die Grondwet, suksesvol uit te voer nie.

Noordwes se onvermoë blyk daaruit dat dit die enigste provinsie nog is waarvan alle funksies op hul beurt onder administrasie geplaas is. Dit laat die tans nog onbeantwoorde regsvraag waarop die provinsie se mandaat om enigiets te ontbind hoegenaamd berus.

Wat wel waar is, is dat drie van die 14 munisipaliteite reeds hofsake teen die provinsiale regering gewen het omdat die provinsiale regering tegniese foute met die instel van art. 139-administrasies gemaak het.

Boonop het nog ʼn stadsraad (JB Marks, wat Potchefstroom en Ventersdorp insluit) bloot geweier om onder administrasie geplaas te word en toe (luidens die verslag wat die provinsiale by die parlement ingedien het) het die provinsie (ondenkbaar soos dit mag klink) jou werklikwaar die aftog geblaas!

Verdere nuus wat Maroela Media hierdie naweek uit Potchefstroom bereik het, lui dat die spesiale ondersoekeenheid beslag gelê op die stadsraad se hele finansiële departement se rekenaars, skootrekenaars en finansiële dokumente. Dit is weggeneem Pretoria toe.

Die munisipale bestuurder het by die werk ineengestort en is nou op siekverlof, en die bestuurder van aankope het bedank.

By die Bojanala-distriksmunisipaliteit op Rustenburg word die munisipale bestuurder en die hoofbestuurder: finansies aangekla van bedrog en korrupsie van R134 miljoen. Dit is ʼn uitgerekte storie, want hulle het hul skorsing en aanklagte probeer ontduik met ʼn hofsaak in die Arbeidshof, wat die distriksraad met koste gewen het. Die saak is nou aan die Valke oorhandig vir vervolging.

Nou blyk dit die provinsie het ʼn bietjie moed opgegee en die ander stadsrade wat onder administrasie was, se administrasie is skielik almal opgehef.

Wat die doel was en of die doel bereik is, weet nugter, want selfs in die provinsie se eie verslag ter bestekopname is daar geen aanspraak op sukses of op die verbetering van die situasie in enige van die stadsrade wat onder die provinsie se administrasie geplaas is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Pieter ·

Alles wat julle ANC aan vat verander in n groot gemors niks snaaks nie.

Oomniklaassevriend ·

Ja soos koning Midas se teenpool – alles verander in riool

Andre ·

So tegnies gespoke is daar geen hoop meer vir die Noord Wes provinsie nie.Solank al die munisipaliteite onder ANC beheer is gaan niks verbeter of verander nie.Hulle kan doen wat hulle wil en selfs arrogant net skouers optrek lag oor die chaos.

OppieProvince ·

Ek geniet Jan-Jan Joubert se artikels, sy eerlike en beskrywende samevatting van wat in die Parlement aan gaan is briljant!

Kokerboom ·

Waarom staan die belastingbetalers in hele provinsie nie saam en kla die ANC kollektief aan? Kla en kerm val op dowe ore! Die eens pragtige dorpe is vervalle vuil en verwaarloos

Porseleintjie ·

Net op een vlak is die ANC briljant. Om geld te pocket deur oneerlikheid. Die vrug is tog bewys van n mens se karakter.

Jakes ·

En dan bly die kiesers steeds stem vir die party wat met so n rekord spog. Sies man.

Hercules ·

“narcissistic, pathological, compulsive, hypocritical, jezebel liars and kleptomania goes hand in hand – they don’t care if they are benefiting anyone; they are cold, calculated, manipulative, selfish people, and they don’t think about others at all unless they can benefit themselves; most of the time they show no emotion at all; narcissistic, compulsive liars believes they are great, that everything about them is magnificent and that they are entitled to everything and blame everyone but themselves”

“it’s in a criminal’s mindset to betray that is why they lie to everyone and don’t care about anybody else, but themselves” (criminal)

“the unlawful use of violence and intimidation, especially against civilians, in the pursuit of political aims” (terrorism)

it seems that this is the norm in a certain society and it’s okay as long as you get away with it!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.