Noordwes se planne ná Clover sy aanleg sluit

Lichtenburg. Argieffoto: ANA

TJ Mokgoro, die premier van Noordwes, het gesê hy het met die voorsitter van Melk Suid-Afrika vergader ná Clover aangedui het hy is van voornemens om sy Lichtenburg-aanleg te sluit.

Clover het gesê sy bedrywighede word ontwrig deur onbetroubare kragvoorsiening en waterverskaffing en swak padinfrastruktuur wat hul bedryfskoste verhoog het. Die aanleg – bekend as die grootste kaasfabriek in Suid-Afrika – gaan nou na Queensburgh in Durban verskuif. Minstens 330 mense gaan glo egter weens dié skuif hul werk kwyt wees.

Mokgoro het gesê as deel van die plaaslike regering se pogings om in te gryp in die Ditsobotla- plaaslike munisipaliteit (Lichtenburg), het hy Melk SA genader. Die LUR vir samewerkende regering, tradisionele sake en menslike nedersettings Mmoloki Cwaile en senior beamptes van die kantoor van die premier, en departemente landbou, openbare werke en die Noordwes Ontwikkelingskorporasie het Mokgoro vergesel.

“Die provinsiale regering het verskeie opsies voorgehou wat tans ondersoek word as deel van die ingrypingspoging,” het Brian Setswambung, woordvoerder vir die premier se kantoor, gesê. “Dit sluit in dat Clover in die munisipaliteit moet aanbly en sy verplasing na Durban vertraag word, en om ʼn vennootskap aan te gaan wat sal beteken dat kaas steeds in Lichtenburg vervaardig kan word.”

Bonile Jack, voorsitter van Melk SA, het die provinsiale regering se pogings ondersteun. “Hy het voorgestel dat die regering ʼn bedryfstaakspan moet aanstel wat sakemanne en die provinsiale regering insluit. Hy het ook die regering se poging ondersteun om met Clover in verbinding te tree om hul belegging in Ditsobotla te behou.”

Mokgoro het LUR Cwaile opdrag gegee om ʼn vergadering te belê met die sakegemeenskap in die munisipaliteit om hul uitdagings te bespreek en pogings om by die munisipaliteit in te gryp.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Pieter ·

Clover, pak op en trek, niks gaan verander na die kastige “ingryping” nie! Maak seker julle vertel die 330 werkloses wie se skuld dit is dat hul nou werkloos is!

Kokerboom ·

Virseker Pieter. En die wat nou werkloos is ..Hoekom hou jul aan stem vir kaders wat jul in steek laat?? So doen iets of dra gevolge. Besighede moet NIE meer nonsens verdra van kaders

Nie Verbaas ·

Korrek, pak op en trek. Nou will hulle samesprekings hou? Lamsakkige ANC

Snowball ·

Eers ‘n krisis, dan wil hulle slaap uit die oë vee en die lam arms oplig. Altyd ingryping nodig, want hulle weet niks van dienslewering of die ekonomie nie. Dwase en onbevoegdes in munisipaliteite is verantwoordelik vir die verval. In hoeveel ander plekke in SA gaan dit net so beroerd?

Aikie ·

Mens moet eers aan hulle sakke vat, lyk dit my, voor hulle wakker skrik.

Hoekom ·

Hulle gaan nou geld bedel om die werk te kan doen wat hulle moet doen met ons buitensporige belasting…

Sarel ·

Hoekom nou eers ingryp as dasr
Lsnksl oor dienslewering gekla word

lodewyk ·

Dit gaan so in al die provinsies,hoeveel belegers het ons al nie verloor en hoeveel besighede het nie al toegemaak asgv swak dienste nie?,nou wil hul skielik aandag gee omdat Clover wil skyf??-Die egte waarheid van ons korrupte regering begin stelselmatig wys,ongelukkig gaan nog baie meer mense hulle werk regoor SA verloor asgv die huidige ANC regering…….

Pieter J ·

ń Klomp van hulle verloor hulle werk maar as dit weer verkiesing is stem hulle almal vir die ANC so niks gaan verander nie en ons gewone mense verstaan dit glad nie.

Elinette ·

Netso. Sedert 1994 stem hulle jaar-in-en-jaar-uit vir dieselfde party en dieselfde mense. Praat nou van ‘n donkie wat sy kop nou al vir 27 jaar teen dieselfde klip stamp. En ons kan maar raas, blaas, sis en spoeg van kwaadgeit tot ons omval, maar verander sal dit nooit verander nie. Want daar word vir die mense gesê dat as hulle níé ANC stem nie, dan gaan hul hul “SASSA-pay” verloor en kom Apartheid weer terug.

NEO ·

Na maande se beplanning en gepraat sal daar dadels van kom. Alles leë beloftes.

Pieter ·

Moenie dat die anc kommuniste vir julle heuning om die mond smeer nie.

Johan ·

Dit sal dalk nou beter gaan vir ‘n maand of drie en dan maar net weer verval tot waar dit nou is.

Dup ·

Hulle wag tot alles uitmekaar val en hardloop dan soos afkop hoenders rond! Geen wonder hulle kan absoluut niks tot stand bring en onderhou nie.

Elinette ·

As dit Switserse kaas is, is daar méér as een koeël deur die kaas – daar is baie gate in daai stuk kaas.

Chris dupreez ·

Sien die positiewe raak in die storie. Nou is daar meer as 300 mense in Durban wie gaan werk kry.

Cobus ·

Kom weg Clover, moet nie met ‘n slap ANC riem gevang word nie. Daardie munisipaliteit is ‘n parrasiet kolonie soos meeste ander munisipaliteite. Laat hulle ondersteuners nou maar die gevolge agter kom wanneer die gans wat die gouer eiers lê wegvlieg. Lyk vir my melk SA is reeds deur die plaaslike regerings bende gekaap.

Cherry ·

Ek bly ook in Lichtenburg mens kan nie eers in ons dorp ry nie die paaie is klaar daar is nooit water nie. Selfs dienste soos poskantoor en binnelandsesake is taboe. Swak diens orals!!!! Dis wat ons SA geword het een vullishoop. :-(

DIABLO ·

Mnr. Mokgoro; Jou van moes “Skorokoro” gewees het. Ek laat my vir geen oomblik vertel dat hierdie n skielike besluit uit die bloute was vir Clover nie. As jy jou ogies en jou oortjies oopgemaak het in die eerste plek, dan was hierdie nie nou n realiteit nie! WORD WAKKER, ANC. Ruik die koffie, ANC!!!!

Elinette ·

Koffie is ‘n kolonialistiese begrip. As jy gesê het hulle moet wakker raak en die umqombothi ruik, sou dit dalk nog gewerk het.

Nico ·

Waarom eers ‘n vergadering belê, die burgermeester kan mos sien wat die probleem is, die munisipaliteit is self verantwoordelik vir die probleem. Indien Clover se fabriek gesluit word is die munisipaliteit verandwoordelik vir die werks verlies, hou op om te kyk na julle sakke en doen iets aan die saak.

Aai ·

Hulle sal nie hulle werk verloor as hulle trek na KZN maar hulle nie bereid om te trek omdat daar gevegte sal wees tussen clover se mense en die mense wat in KZN woon rasisme onder hulle self.Hulle was alles geoffer om te krek.Maar het teen dit besluit.

Zet ·

Kyk nou hoe vinnig word daar gereageer wanneer groot maatskappye hul stem dikmaak. Ander groot maatskappye in dieselfde tipe omstandighede moet dieselfde doen en hulle voet neersit teen swak of geen diens. Dan kan hierdie swak munisipaliteite aangevat word en miskien sal daar iets gebeur. Miskien!

Danie ·

So maak mens.
Maar ek verstaan nie, Clover verkoop ook sy massiewe aanleg in Parow aan die einde van die maand.
En daar het hy nie sulke probleme ondervind nie.
Iewers ruik n rot.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.