Sewe mense, waaronder vyf minderjariges, is in hegtenis geneem vir die moord op ʼn skoolseun van Leeudoringstad in Noordwes.
Kol. Sabata Mokgwabone, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die 17-jarige skoolseun is Maandag glo met klippe doodgegooi.
“Daar word vermoed dat twee groepe seuns van ʼn skool in die Kgakala informele nedersetting op pad was huis toe, toe hulle begin baklei het,” het Mokgwabone gesê. “Dit wil voorkom of die slagoffer met klippe geslaan en gegooi is. Hy is op die toneel dood. Sy vriende kon daarin slaag om weg te hardloop.”
Die sewe verdagtes, tussen 16 en 20 jaar oud, is later die dag in hegtenis geneem .
“Die rede vir die voorval is nog nie bekend nie. Al die minderjariges ondergaan evaluasie deur maatskaplike werkers.”
Die ander twee verdagtes, onderskeidelik 18 en 20 jaar oud, sal na verwagting Woensdag in die Wolmaransstad-landdroshof verskyn.
Goeiste maar dis wreed, as hulle nou al so wreed en ongevoelig is, hoe gaan hulle vorentoe optree? Hoop regtig hulle gaan nie net met n ligte straf wegkom nie.
Siek wereld waarin ons nou is,en lyk of dit net meer afdraand beweeg.