Noordwes steeds beroerd meer as jaar ná ingryping

Nkosazana Dlamini-Zuma. Foto: ANA/David Ritchie

Sewentien maande sedert die nasionale regering die administrasie van al elf provinsiale regeringsdepartemente in Noordwes oorgeneem het, is die meeste departemente steeds grotendeels wanfunksioneel. Die provinsiale tesourie is boonop die ergste af.

Dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, het in die parlement ’n vorderingsverslag gelewer oor die nasionale regering se ingryping in die administrasie van Noordwes se provinsiale regering. Sy het die verslag gelewer in antwoord op ’n skriftelike parlementêre vraag deur die DA-LP Cilliers Brink.

Die nasionale regering het ingegryp na aanleiding van die chaos wat die administrasie van oudpremier Supra Mahumapelo, ’n geswore meeloper van oudpres. Jacob Zuma, veroorsaak het.

Volgens Dlamini-Zuma is die meeste van die departemente minder as 50% funksioneel.

Die kantoor van die premier is tans 64% funksioneel, die departement van gesondheid 45%, die departement van onderwys 53%, die departement van gemeenskapsveiligheid en vervoerbestuur 47% en die departement van openbare werke en paaie 56% funksioneel.

Die departement van landbou en landelike ontwikkeling staan op 52% funksionaliteit, die departement van samewerkende regering en tradisionele sake op 49%, die departement van menslike nedersettings op 67%, die departement van maatskaplike ontwikkeling op 50% en die departement van ekonomiese ontwikkeling, omgewing, bewaring en toerisme op 47%. Die provinsiale tesourie is ʼn skamele 28% funksioneel.

Dlamini-Zuma het onderneem om later vandeesmaand ’n meer gedetailleerde vorderingsverslag in die Nasionale Raad van Provinsies ter tafel te lê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Adam ·

Geen verrassing. Hoe op aarde kan jy verwag om beter resultate te kry indien die personeel dieselfde bly. Deur die rapporteringsinstansie te verander gaan niks vermag word nie.

Peet ·

Moet ‘n bordjie opsit by staatshospitale, hierdie fasiliteit is net 45% funksioneel – jou laaste kans om jou testament te verander!

Anoniem ·

Neem ook in ag dat volgens radio berigte chirurge slegs 40% slaagsyfer hoef te hê en ons kanse op oorlewing is veel minder.

SjN ·

PUIK advertensie vir die buitelandse beleggers danksy die Anc, geen skaamte.

KrokodilBotha ·

Daar is nog sommige wat groot drome het en dink hulle is jakkals se stert. Zille moet haar volgeling soontoe vat, laat ons sien of hulle kan toor.

Lewis ·

Dit is duidelik dat die span wat ingegryp het nie weet wat hulle moet doen nie. In hierdie land moet ons die mense wat individue aanstel EN DIT BEKRAGTIG ook aan die pen laat ry. 17 Maande van die belastingbetalers se geld vermors. ‘N NUWE GESINDHEID: “BETAAL – DIE – GELD – TERUG – AS – JY – SKULDIG – IS – BY – DIE – AANSTELLING – VAN – ONBEKWAMES. Hoe gaan jy mense op ‘n ander manier mense ‘n les leer. Hierdie beginsel moet in alle sektore toegepas word. Hou die aanstellers verantwoordelikheid!!!

wes ·

miskien moet die presidente en eks -presidente se uitmuntende seuns aangestel word vir hulle kundigheid wat sake behoort reg te ruk, hulle verdien elke sent op daardie heuglike ouderdom

Chris Ws ·

Maar die ANC het oorgevat toe ALLES 100% gewerk het!Kyk hoe het hulle agteruit geboer in 25 jaar!En hulle het geen skaamte nie.Maar nou ja hulle KAN nie bloos nie.

jack ·

Dit is beter om niks te se nie want dikvelligheid is is somtyds deel van die DNA. Die ou spreekwoord wat se dat as een oog blindes lei, val hulle almal in die sloot.

Michael P ·

Hoe kan die regering dan in gryp as hulle dan die probleem is van alle bankrot instansies in S A so wat wil hulle oplos dit is n groot grap.

AI TOG ·

Ja, want kyk deur wie word dit bestuur! Glad ni nuwe nuus ni!

Oud Mafekinger ·

Ek het oor die naweek ‘n draai deur Mafeking gery en ek moet sê dit lyk baie beter as laasjaar. Daaris baie minder vuilgoed wat op straathoeke ophoop. Dit lyk asof iemand begin skoonmaak het. Mag dalk slegs die inwoners wees wat moeg geword het vir die prys van die vuilste dorp 3 jaar agtermekaar.

Grassie ·

Het die regering nou regtig gedink as hulle een groep ANC-kaders met ‘n ander groep ANC-kaders vervang daar gaan verbetering intree? Die onvermoë bly dieselfde en die vingers bly lank.

Henry ·

Want hulle kan nou maar net nie, so eenvoudig soos dit……

Gemaskerde Sopbeen ·

En hier is jy die enigste persoon met ‘n sinvolle bydrae. Hulle kan nou maar net nie….so eenvoudig soos dit. As jy ‘n slaaf met ‘n slawe mentaliteit aan homself oorlaat, dan is dit wat jy kry. Hulle kort ‘n slawedrywer met ‘n verantwoordelikheids-sin……..en voila!! alles sal weer werk!

Albert ·

Hulle kon nie eens die wiel uitvind nie.
Kon nie eens hul eie taal op skrif stel nie.
Geen seevaart kennis gehad nie.
Amper geen wiskundige vermoëns gehad nie.

Gert J ·

Die provinsiale regeering is dan ook bankrot, hoe sal hulle dan kan help, en daai zuma vroe help haar self ook defnitief

Hendrik van George ·

Goeie regering en omgee vir inwoners is maar net ‘n Westerse begrip. Kan nie en sal nooit in Afrika werk nie.

Tinus Coetzee ·

Die tipe goed laat my bloed kook. En wie kan ons hiervoor bedank? Defnitief nie Boland Bank nie. BEE aanstellings, I want a job. Nie I want to work nie. Die mense is totaal en al onbevoeg on te beplan en om binne begrotings te bly.

bly wonder... ·

mev Zuma moet haar “bullet train” daarlangs laat loop op nad na die “nuwe stad [t?] toe. Hie hie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.