Noordwes-tiener verkrag

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 24-jarige man verskyn Maandag in die Mahikeng-landdroshof nadat hy glo oor die naweek ʼn 16-jarige meisie met ʼn mes aangehou en verkrag het.

Sers. Kelebogile Moleko, ʼn polisiewoordvoerder van Noordwes, het gesê die verdagte het by die slagoffer se huis in Tshidilamolomo opgedaag, en haar gedwing om saam met hom na sy huis te gaan waar hy haar verkrag het.

Die slagoffer kon na die verkragting daarin slaag om te ontsnap en het die voorval by die polisie aangemeld. Die man is kort daarna in hegtenis geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.