Noordwes verklaar rampgebiede ná aardbewing

Skade in Orkney tydens die aardbewing in 2014 Foto: ER24

Skade in Orkney tydens die aardbewing in 2014 Foto: ER24

Verskeie munisipaliteite in Noordwes is as rampgebiede verklaar ná verlede week se aardbewing.

“Die betrokke gebiede sluit Khuma, Jouberton, Vaal Reefs, Kanana en Tigane informele nedersettings binne Dr Kenneth Kaunda-distriksmunisipaliteit in,” het Bonolo Mohlakoana, waarnemende woordvoerder vir die premier, Maandag gesê.

ʼn Tolvrynommer, 0800 22 22 70 is in werking gestel vir gemeenskappe om skade aan te meld. Die publiek en belanghebbende organisasies kan ook dié nommer skakel vir skenkings.

“Die Gift of the Givers sal Dinsdag die betrokke gebiede besoek om slagoffers by te staan,” het Mohlakoana bygevoeg.

ʼn 31-jarige man is Dinsdag naby Orkney dood toe ʼn aardbewing wat 5.5 op die Richterskaal gemeet het, die land getref het. Minstens 34 myners is tydens die aardbewing beseer en meer as 600 huise is beskadig.

Lees ook:
Nog aardskuddings in SA verwag
Aardbewing: Orkney-skole beskadig
Aardbewing: Drie klinieke in NW beskadig
Aardbewing: Minstens 400 huise in Orkney beskadig
Aardbewing: Hoë geboue in Vrystaat ontruim
Aardbewing: Mynwerkers beseer by Noordwes-myn
Aardbewing: Mynwerkers nie vasgekeer
Mynwerkers vasgekeer na aardbewing
Aardbewing ruk groot dele van SA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.